Chrizane het in 2011 haar honneursgraad in joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch voltooi.
In 2012 het sy die mediawêreld ingevaar, waar sy eers as nuus- en vermaakjoernalis by Huisgenoot gewerk het en daarna vir twee jaar by LitNet inhoudsbestuurder was. Van daar het sy as besigheidskrywer en bemarkingspesialis gewerk. Sy het die Kaapse winter vir ’n tropiese paradys verruil en woon sedert 2017 saam met haar man in Mosambiek, waar sy steeds inhoud- en bemarkingswerk doen.
In haar vrye tyd gesels sy graag op Instagram oor kos, liggaamspositiwiteit, goeie gewoontes en dieetkultuur. Sy is tans besig om verder te studeer aan die Edison Institute of Holistic Nutrition in Kanada.
Haar jongste projek, Kostelik met Chrizane, bied ’n realistiese, inklusiewe en positiewe boodskap oor kos en gesondheid. Volg haar by @kostelikblog of besoek haar webblad, www.kostelik.com.