LitNet-leeskeuses: Dinsdag 9 April 2013

  • 0

“Hennie Aucamp moet een van die laaste mense op aarde wees wat nog briewe met die hand skryf, dit in ’n koevert sit, ’n seël opplak en pos,” skryf Daniel Hugo in ‘n Rapport-resensie van Aucamp se nuutste bundel briewe, Mits dese wil ek vir jou sê.

Charles von Maltitz se nuwe boek, Balling, ­Boereoorlog-ervarings van veldkornet,bied 'n interessante blik op die lewens van die Boerekrygers tydens die Anglo-Boereoorlog. (Rapport)

Frits Gaum meen al het ons in Suid-Afrika nog nie 'n mediariller soos die Murdoch-skandaal beleef nie, hét daar al rooi ligte geflikker. (Boeke24)

Nadat heelwat slegte nuus verlede week die boekewêreld getref het, skryf Roger Tagholm vir Publisher’s Perspectives oor die effek wat skrywers soos Ian Banks, Pete McCarthy en Roger Ebert se kankerstryd op die bedryf het.

Publisher’s Weekly kies hierdie week tien nuwe opwindende boeke op die internasionale rakke.
 

 

Gister se Boekenuus gemis? Klik hier.

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top