LitNet-leeskeuses: Maandag 22 April 2013

  • 0

Media24 het pas hulle jaarlikse boekpryse-kortlys bekendgestel. Die volgende pryse word op 7 Junie aangekondig: die Jan Rabie Rapport-prys vir vernuwende werk, die WA Hofmeyr-prys vir beste Afrikaanse werk, die Herman Charles Bosman-prys vir ­Engelse werk, die Recht Malan-prys vir niefiksie, die MER-prys vir die beste jeugroman en die MER-prys vir die beste geïllustreerde kinderboek.

Erika de Beer resenseer Haar naam is Ragel deur Helena Hugo. (Boeke24)

Annemarie van der Walt resenseer A Fort of Nine Towers deur Qais Akbar Omar. “Dit is ’n boek wat ’n mens se oë oopmaak vir die dekades lange oorlog in Afganistan, ’n land waarvan die sosiale weefstof moeilik is om te begryp,” skryf Van der Walt. (Boeke24)

Granta-tydskrif het die 20 belowendste jong Britse skrywers aangewys. Flavorwire.com het die jong skrywers gevra om meer oor hulle gunsteling-skrywers te vertel.

Salman Rushdie se Midnight’s Children gaan in 'n fliek omskep word. Dié boek het in 1981 die Bookerprys gewen. (Huffington Post)

 

Maandag se Boekenuus gemis? Klik hier.

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top