Joan Hambidge resenseer Kom in, dit vries daar buite deur Alfred Schaffer. (Boeke24)
Jo-Ann Floris resenseer Die Wellingtonse Klopse – 100 jaar se onvertelde stories deur Michael Le Cordeur en Marlene le Roux. (Boeke24)
Adam Johnson het Maandag die Pulitzerprys vir The Orphan Master’s Son gewen. En teen gistermiddag was die boek op Amazon.com se top-tien-verkoperslys. Genoeg bewys dat die Pulitzer wél boekverkope beïnvloed. Daar is verlede jaar geen Pulitzer toegeken nie en uitgewers en boekhandelaars het juis hieroor gekla. (680news.com)
Hierdie brokkie nuus is skrikwekkend. Het jy geweet dat Tom Lonergan in 2002 'n boek met die titel Heartbreak Hill — The Boston Marathon Thriller geskryf het? Kon die terreuraanval deur dié boek geïnspireer gewees het? Lonergan self dink so. (Huffington Post)
Colleen Hoover van Texas het bewys dat jy met 'n selfgepubliseerde boek die topverkoperlyste kan haal. 'n Ware suksesverhaal. (Huffington Post)
Gister se Boekenuus gemis? Klik hier.
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

