LitNet-leeskeuses: Dinsdag 16 April 2013

  • 0

Lees Nini Bennett se resensie van Hennie Nortjé se In die skadu van soveel bome vir Rapport.

Annemarie van der Walt skryf in haar rubriek in Beeld oor die mooi stories wat net in boekwinkels kan afspeel.

Resensies: Boeke24 se Op my lessenaar-rubriek

  • Not for Turning deur Robin Harris
  • ’n Man van min belang deur Chris Karsten 
  • Koljander deur Carié Maas 
  • After Mandela deur Douglas Foster.

Alhoewel dit my grief om Justin Bieber in Boekenuus te bespreek, laat sy onlangse optrede tydens 'n besoek aan die Anne Frank-museum in Amsterdam my met geen keuse nie. Bieber se inskrywing in die gasteboek het groot opslae veroorsaak. Volgens The Guardian het hy in die boek geskryf dat hy werklik hoop dat Anne Frank 'n “Belieber” sou wees as sy vandag geleef het. Eish ...

Die eerste boek wat ooit in Amerika gedruk is, 'n Psalmboekie uit 1640, word later vanjaar deur Sotheby’s opgeveil. ABC News het berig dat daar verwag word dat dié seldsame boekie tussen $50 m en $30 m werd is.

Gister se Boekenuus gemis? Klik hier.

 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top