Ingrid Winterbach gesels oor haar Hertzogprys-benoeming en Joan Hambidge vertel waarom sy die boek drie keer gelees het. (Beeld)
Watter boeke sal heel waarskynlik van skool en openbare biblioteke se rakke verwyder word? Die Amerikaanse Biblioteekvereniging het 'n lys met die tien boeke waaroor die meeste klagtes van ouers, onderwysers en ander lede van die publiek ontvang is, bekendgestel. (cbsnews.com)
PBS Digital Studios het met 'n uitstekende idee vorendag gekom. Hulle het 'n ou NPR-onderhoud van 1996 met die bekende Amerikaanse romanskrywer, David Foster Wallace, se klankbaan geneem en 'n animasie daarvan gemaak. (Huffington Post)
Laai die video nie? Klik hier.
Verskeie Afrikaanse digters lees hulle eie gedigte wat in Die Mooiste Afrikaanse Gedigte gepubliseer is, op RSG se Vers en Klank-program voor.
Nadat Tom Lonergan gister in 'n Huffington Post-artikel sy boek as moontlike inspirasie agter die Boston bomaanvalle voorgestel het, het die selfgepubliseerde skrywer baie negatiewe kommentaar ontvang. Verskeie lede van die publiek het hom daarvan beskuldig dat hy publisiteit soek en Huffington Post het hom gevra om hulle vrae op sy blog te beantwoord. (nydailynews.com)
Gister se Boekenuus gemis? Klik hier.
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

