LitNet-leeskeuses: Maandag 8 April 2013

  • 0

Op Boeke24 is daar heelwat nuwe resensies:

Ronel Nel resenseer The Boy in the Snow deur MJ McGrath. Dit is die tweede boek in die Edie Kiglatuk-misdaadreeks.
Elise Tempelhoff resenseer Al Gore se The Future. Die boek bring ook nie beter tyding as An Inconvenient Truth nie ...

En in ander nuus en boekgebeure:

Riana Scheepers en Leti Kleyn het 'n bundel met jeugherinneringe saamgestel, nes die bundel Herinnering se wei – Afrikaanse skrywers oor hulle jeug wat in 1966 en weer in 1977 verskyn het.  Deborah Steinmair (vir Die Burger) het met hulle daaroor gesels. Die bundel verskyn later vanjaar deur Lapa. Scheepers en Kleyn het ook op LitNet 'n oproep om gepubliseerde skrywers se jeugherinneringe gedoen. Voorleggings sluit 15 April.

Die bekende filmresensent en 1975 Pulitzer-wenner Roger Ebert is verlede week op die ouderdom van 70 aan kanker oorlede. Hy was dekades lank resensent by die Chicago Times en was beskou as een van die grootste fliekresensente van sy tyd. (Mail and Guardian)

Nog slegte nuus ... Die Skotse skrywer Ian Banks het ook verlede week onthul dat hy kanker het. Banks het in 'n verklaring gesê dat sy jongste roman, The Quarry, waarskynlik sy laaste sal wees. (Mail and Guardian)

 
 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top