LitNet-leeskeuses: Donderdag 11 April 2013

  • 0

André P Brink twyfel oor skryf? Beeld het berig dat die bekroonde skrywer tydens 'n boekgesprek by die KKNK sy hart oor die omstrede Jan Rabie en Marjorie Wallace-beurs, wraak en skryfdroogtes oopgemaak het.

Dit is seker die eerste keer dat ek ’n resensie op Rapport se boekeblad sien wat slegs op e-boeke fokus. JB Roux resenseer Sandsteenkasteel (Felicia ­Goosen), Spertyd vir moord (Chris Moolman), Dryfveer (Tinus Viviers), Harley heksie en Carlien speel cougar (Yolande Pienaar), Rigtingbedonnerd (Fred De Vries), Die enigma van Hendrik Verwoerd (Hermann Giliomee) en Saal die regte perd op (Marita van Aswegen).

Francois Verster kyk krities na die manier waarop Marthinus van Bart sy Kaap van slawe ('n geskiedkundige skrywe oor die Britse slawebedryf van 1562 tot 1910) benader het. (Rapport)

Margaret Thatcher se dood het heelwat reaksies en omstrede debatte ontlok. Maar hierdie artikel oor die Ystervrou en Pablo Neruda is die lees werd. (The New Yorker)

'n Voormalige Amazon-direkteur beplan om vir elke kind op die planeet gratis toegang tot e-boeke te gee. (Venture Beat)

 

Gister se Boekenuus gemis? Klik hier.

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top