Thys Human resenseer Eben Venter se Wolf, Wolf en prys die boek vir sy verrassende verhaalwendings, sowel as die skrywer se uitbeelding van die verhouding tussen 'n pa en sy gay seun. (Boek24)
In 'n Nuwe Wildernis vertel Ben Viljoen die verhaal van 'n fiktiewe groep dienspligtiges se geveg in die Grensoorlog. Maar dit is nie sommer só ’n vertelling nie. Met kleurvolle karakters, meen Viljoen, sal hierdie boek jou oor die Grensoorlog laat nadink. (Boeke24)
Kerneels Breytenbach erken dat hy nie sonder sy e-boekleser kan klaarkom nie. En al sal die papierboek nie verdwyn nie, meen hy daar is 'n formaat-revolusie in volle swang. (Boeke24)
Ken jy die Kate Daniels-misdaadreeks? Die bekende Britse misdaadskrywer Mari Hannah het gister aangekondig dat daar nog twee boeke in die reeks op pad is.
Khaled Hosseini gaan eksklusief op People.com verskyn om met sy aanhangers te gesels. Die skrywer neem deel aan die gesprek ter viering van die tiende bestaansjaar van The Kite Runner. Sy jongste roman, And the Mountains Echoed, verskyn volgende maand.
Gister se Boekenuus gemis? Klik hier
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

