LitNet-leeskeuses: Maandag 15 April 2013

  • 0

Die bekroonde Britse fotograaf Jim Naughten se nuwe boek oor die Herero-stam van Namibië bevat 'n ongelooflike versameling foto’s. Lees die onderhoud met Naughten in Rapport.

Marlene Malan van Rapport gesels met die vertaler van die boek Oskar en die Pienk Tannie. Die teaterstuk met Sandra Prinsloo is pas vir 'n Kanna benoem. Lees ook Naomi Meyer se onderhoud op LitNet en kry 'n kans om 'n eksemplaar van die boek te wen!

Jonathan Ball het pas ‘n heruitgawe van Super-Afrikaners: Inside the Afrikaner-Broederbond gepubliseer. John Boje van Tonight se boeke-afdeling is nie seker waarom nie.

Verbeel jou 100 000 mense proeflees saam aan 25 000 boeke. Dit het inderdaad gebeur toe vrywilligers van regoor die wêreld aan die webtuiste Project Gutenberg se Distributed Proofreaders-projek deelgeneem het.

'n Charlotte Brontë-gedig het sommer 100 000 pond ingesamel tydens 'n Bonhams-veiling. (Bonhams is een van die wêreld se grootste kuns- en antiekeware-afslaers.) Haar gedig “I’ve been wandering in the greenwoods” is op 14 Desember 1829 geskryf toe sy net 13 jaar oud was. Die gedig het voorheen aan die digter Roy Davids behoort en is nou een van omtrent net vier Brontë-gedigte in die besit van “privaat” individue, berig The Guardian.

 

Vrydag se Boekenuus gemis? Klik hier.

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top