LitNet-leeskeuses: Vrydag 12 April 2012

  • 0

Fred De Vries resenseer Back in from the Anger deur Roger Lucey. De Vries prys die stem waarmee die Suid-Afrikaans-gebore Lucey, wie se musiekloopbaan deur die veiligheidspolisie kortgeknip is, sy storie vertel. (Rapport)

Volgens 'n artikel in Beeld is die Suid-Afrikaanse lesersmark “lekker opgewarm vir nóg erotiese fiksie in Afrikaans”.

In Mail and Guardian: ’n insiggewende artikel oor die skrywer John Eppel en waarom hy hom met die Zimbabwiese jeug kan vereenselwig. Hy gesels ook in die artikel oor die rassekritiek wat hy van David Hughes ontvang het.

Die gesogte Impac Literêre Prys-kortlys is pas aangekondig. Haruki Murakami, Michel Houellebecq en Andrew Miller is vorige wenners van die 100 000 euro-prys. Vanjaar se tien finaliste is: City of Bohane deur Kevin Barry (Ierland), The Map and the Territory deur Michel Houellebecq (Frankryk), Pure deur Andrew Miller (Brittanje), 1Q84 deur Haruki Murakami (Japan), The Buddha in the Attic deur Julie Otsuka (Japan), The Tragedy of Arthur deur Arthur Phillips (Amerika), Swamplandia! deur Karen Russell (Amerika), From the Mouth of the Whale deur Sjon (Ysland), The Faster I Walk, The Smaller I Am deur Kjersti Skomsvold (Noorweë) en Caesarion deur Tommy Wieringa (Nederland). (BBC)

Besoek The International IMPACT Dublin Literary Awards se webtuiste vir nog inligting oor die boeke.

'n Brasiliaanse immigrant het 20 000 Amerikaanse dollar in 'n ou boek op 'n ashoop gevind. Nou versoek hy dat die eienaar sy geld binne ses maande opeis anders gaan hy die geld vir homself vat. 'n Uiters onselfsugtige besluit ... of hoe? (Huffington Post)

 

Gister se Boekenuus gemis? Klik hier.

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top