Chrizane se top vyf leeskeuses vir die dag: Vrydag 7 Desember 2012
"’n Groter plekkie vir poësie, ’seblief" (Die Burger)
Martie Retief-Meiring onthou prof Jakes Gerwel as ’n besige man, maar altyd met ’n NP van Wyk Louw-digbundel in sy briewetas. En alhoewel dit beter gaan met Afrikaanse poësie, vra Meiring: “Digters is, benewens woordgoëlaars en idees-verleiers, ook weerhane … Waarom nie ’n plekkie in ’n dagblad nie, Meneer die Redakteur?”
"Omgewingsvegters se volume aanvegbaar laer gemaak" (Boeke24)
Elise Tempelhoff resenseer Extreme Environment deur Ivo Vegter.
"Boek viering van katkenades" (Beeld)
Of jy nou van katte hou of nie, Lewis Blackwell se katkiekies sal jou boei.
"Is crime fiction ready for black villians?" (Guardian Books)
Fiona Snyckers kyk na Suid-Afrikaanse misdaadskrywers en hoe stereotipes ná baie dekades uiteindelik uitgedaag word.
"SACC launches book on Marikana tragedy" (SABC)
Die eerste boek oor die Marikana-tragedie is deur die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) bekendgestel en kyk na die gebeure vanuit die slagoffers se oogpunt.
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

