Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Maart 2020 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Boeke24
Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Maart in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:
2 Maart
Boekevat: Identiteit voorop by ons grootste skrywers
Resensie: Waardevolle Afrikaanse spanning wat kalibreer
Francois Bekker resenseer Skag deur Jaco Wolmarans
9 Maart
Resensie: ’n Vernuftige eksperiment
Francois Bekker resenseer Die dame met die hondjie deur William Oosthuizen
Resensie: Sameswering wat oortuig
Clari Niemand resenseer Die Alfadokument deur René van Zyl
Resensie: Verstommende verse uit veelkantige oeuvre
Joan Hambidge resenseer Het jy geweet ek kan toor deur Jeanne Goosen
Resensie: Nie vir oop grense nie, maar vir oop harte
Loftus Marais resenseer This Land is Our Land: An Immigrant’s Manifesto deur Suketa Mehta
16 Maart
Boekevat: Om te stol tot gladde, glinsterende pêrels
’n Rubriek deur Daniel Hugo oor die eise wat die hoofstroom van die letterkunde noodwendig stel
Resensie: Met voete op aarde reik skrywer na maan
Schalk Schoombie resenseer Alleen onder die maan deur Willem Krog
19 Maart
Boekenuus: En die luisterboek vir April is...
Netwerk24-intekenare kan in April na ’n nuwe luisterboek uitsien.
Boeke: Debutant se kortverhale soos ‘fyn takelwerk’
23 Maart
Resensie: Woordvirtuoos se futuristiese leksikon slaan asem weg
Francois Bekker resenseer Die nag ruik na spoed deur Schalk Schoombie
Resensie: Onheil op ’n eiland propvol geheime
Sonja van der Westhuizen resenseer Impossible Causes deur Julie Mayhew
Resensie: Humor in die tyd van korona
Jonathan Amid resenseer Coconut Kelz’s Guide to Surviving this Shithole deur Lesego Tlhabi
Resensie: Om afskeid te neem in kleur van swane
Marius Crous resenseer Die waarheid oor duiwe deur Gisela Ullyatt
Boekenuus: Skrywer Helene Olivier (83) dood
Boekenuus: Afrikaanse kinderboek oor menstruasie nou hier
24 Maart
Boekenuus: SA skrywers bring boodskap van hoop in video
Kyk hier na ’n video waarin verskeie Afrikaanse skrywers aan die woord is.
Boekenuus: Medeskepper van Asterix (92) dood
Die legendariese strokiesprentkunstenaar Albert Uderzo is in die ouderdom van 92 jaar dood.
25 Maart
Boekenuus: Verse in die tyd van die virus
27 Maart
Boekenuus: Kortlyste vir UJ-pryse is bekend
30 Maart
Resensie: Broos-besielende prosa onthuts en oorrompel
Jonathan Amid resenseer As jy van moord droom deur Deborah Steinmair
Resensie: Die suggestiewe krag wat klank voortbring
Johan Myburg resenseer Nagblind deur Francis Grobler
LitNet
Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Maart op LitNet verskyn:
Indrukke en aantekeninge oor Die boek van gelukkige eindes deur Debbie Loots
Resensie: Blydskap: Mindfulness-wenke vir ’n vreugdevolle lewe deur Johannes de Villiers
As jy van moord droom deur Deborah Steinmair: domestic noir op sy beste
Toyota US Woordfeeskortverhaalbundel 2020: ’n onderhoud met Nelia van Zyl
Toyota US Woordfeeskortverhaalbundel 2020: ’n onderhoud met Michèle Meyer
LAPA-jeugromankompetisie 2019: ’n onderhoud met Jan Vermeulen
LAPA-jeugromankompetisie 2019: ’n onderhoud met Maretha Maartens
LAPA-jeugromankompetisie 2019: ’n onderhoud met Fanie Viljoen
Rapport
Die volgende resensies het gedurende Maart in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:
1 Maart
Resensie: Fanie Olivier resenseer Skag deur Jaco Wolmarans
Resensie: Charl-Pierre Naudé resenseer Oolog deur Nathan Trantraal
Nuut op die rak: Karel Schoeman se trilogie oor die Britse setlaars
- Bailie’s Party: The Old World, 1757-1819
- Bailie’s Party: The New Land, 1820-1834
- Bailie’s Party: The Frontiers, 1834-1852
Nuut op die rak: “’n Hutspot van nuwe niefiksie”
- M Coetzee: Photographs from Boyhood deur J.M. Coetzee en saamgestel met die hulp van Hermann Wittenberg
- Reza de Wet: Die dramaturg as dromer – ’n huldiging onder redaksie van Temple Hauptfleisch en Marisa Keuris
- Brent Meersman se memoires A Childhood Made Up: Living with my Mother’s Madness
- André le Roux se Kinders wat moor: Wie se skuld is dit?
- Halala Suid-Afrika: 25 jaar se groeipyne van ’n jong demokrasie deur Michael le Cordeur
8 Maart
Resensie: Jonathan Amid resenseer Geen engel nie deur André Krüger
Nuut op die rak: Nuwe plaaslike Engelse romans
- A Poor Season for Whales deur Michiel Heyns
- The Inn at Helsvlakte deur Patricia Schonstein
- Blood Stone deur Irna van Zyl
- Mark Winkler se Due South of Copenhagen
- All That is Left deur Kirsten Miller
- Hard Rain, Elsa Silke se Engelse vertaling van Irma Venter se Skoenlapper
- Reggie & Me deur James Hendry
15 Maart
Resensie: Fanie Olivier resenseer Alleen onder die maan deur Willem Krog
22 Maart
Artikel: “Jeanne (oftewel ‘die agterstevoor-probleem’) skryf steeds”
Nuut op die rak: “Leesgoed vir die jonges van gees”
- Oupa Zombie deur Jaco Jacobs
- In jou gedagtes deur Herman van Veen
- Alba Bouwer se Rivierplaas, ’n heruitgawe van haar omnibus met Stories van Rivierplaas, Nuwe stories van Rivierplaas en Stories van Ruyswyck
- Die storie van die molletjie wat wou weet wie op sy kop gedinges het

29 Maart 2020
Resensie: Juliana Coetzer resenseer Kinders wat moor: Wie se skuld is dit? deur André le Roux
Resensie: Jonathan Amid bespreek Bloedsteen deur Irna van Zyl
Resensie: Joan Hambidge resenseer Tussenganger deur Marius Crous
Nuut op die rak: Nuwe niefiksie – van toeka tot dagga:
- Jakkie Cilliers se Africa First!: Igniting a Growth Revolution
- Terugblik: Sketse van ons geskiedenis deur Fransjohan Pretorius
- Kelly McQue se At Home with Cannabis: How to Make and Use Cannabis Products Safely and Effectively at Home
- 20 South African Schools: A Pictorial History
Maroela Media
Die volgende resensies het gedurende Maart op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:
2 Maart
Nagblind
Nagblind is ʼn bundel wat my weer opgewonde maak oor die Afrikaanse poësie, maar jy sal dit meer as een keer moet lees, skryf Hans du Plessis.
3 Maart
Die Claude-reeks
Ek het baie lekker aan hierdie boeke gelees en verstaan waarom dit so gewild is. Dis voorwaar vet pret!
10 Maart
Jou natuurgids
Skaf gerus hierdie boek met groot vrymoedigheid aan indien jy ’n natuurliefhebber is, hetsy amateur of ervare, en graag meer wil leer oor die diere en plante van Suider-Afrika
ʼn Ster in haar sak en ander kortverhale
Indien jy belangstel in die verhaalkuns en dalk self jou hand aan skryfwerk waag, sal jy ook baie waarde uit hierdie bundel put.
18 Maart
Alleen onder die maan
Die verhaal speel af iewers in die nabye toekoms en “die aanname dat individue daarop geregtig is om vir eie gewin te produseer en natuurlike hulpbronne vir hulself aan te wend” is iets van die verlede.
24 Maart
Geure
Die lekkerte van die boek, behalwe die mooi foto’s, besondere kunswerke en die verruklike resepte, lê vir my in Lientjie se persoonlike mymeringe wat sy deel.
31 Maart
Identiteit: Wie God sê jy is
Die boek, geïnspireer deur die fliek “Overcomer”, is daarop gemik om die leser te lei om sy of haar identiteit in God te ontdek.
Skrywers en boeke (RSG)
Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Maart op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=270
Woensdag 4 Maart
Ilse Salzwedel gesels met Elmari Rautenbach, koördineerder van die Toyota US Woordfees se Skrywersfees, oor vanjaar se program.
Olivia Coetzee, skrywer van Innie Shadows, vertel vir Ilse Salzwedel hoekom sy gekies het om haar debuutroman in Kaaps te skryf. Johan Myburg gesels in sy internasionale insetsel onder meer oor W.H. Auden, en jy kan ook 'n stemopname hoor waarin Auden een van sy eie verse voorlees.
Woensdag 11 Maart
Die eerste Afrikaanse vertaling van 'n Jodi Picoult-roman het onlangs in Afrikaans verskyn. Hoor hoe dié topverkoper internasionale skrywer daaroor voel. Ilse Salzwedel gesels met die geskiedskrywer Albert Blake oor sy werk. Vind uit wie onlangs aangewys is as wenners van die LAPA Jeugromankompetisie, en watter boek wat oorspronklik in Afrikaans uitgegee is, se Engelse weergawe onlangs benoem is vir die International Booker letterkundeprys se langlys.
Woensdag 18 Maart
Ses dekades gelede is Afrikaanse letterkunde heeltemal verander deur ’n groep skrywers, digters en dramaturge na wie steeds verwys word as die Sestigers. Luister in hierdie program na ‘n informele gesprek (uit die argiewe) wat opgeneem is tydens Bartho Smit se sestigste verjaarsdag in 1984. Jy kan die stemme hoor van Smit, Chris Barnard, Jan Rabie, André P. Brink en Etienne Leroux. In sy insetsel kyk Johan Myburg na die finaliste vir die Women’s Prize for Fiction, en gesels ook oor skrywers wat supervirusse en pandemies in hul fiksie beskryf het.
Woensdag 25 Maart
Kinderboekskrywer Alba Bouwer sou vandeesmaand 100 jaar oud gewees het, en ‘n heruitgawe omnibus van haar gewilde Rivierplaas- en Ruyswyck-stories het pas verskyn. Jy kan luister na uittreksels uit twee argiefopnames waarin Bouwer gesels oor haar skryfwerk, en die aktrise Mila Guy lees ook ’n uittreksel uit ’n Rivierplaas-storie. Johan Myburg gesels in sy internasionale bydrae oor vertaalde fiksie.
Vers en klank (RSG)
Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Maart op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=102
Dinsdag 3 Maart
Rolanda Marais lees gedigte uit die Antjie Krog se pragbundel, Fynbosfeetjies, met illustrasies deur Fiona Moodie. Dit bestaan uit 16 gedigte gebaseer op allerlei fynbosspesies wat elk geassosieer word met 'n unieke fee.
Dinsdag 10 Maart
June van Merch lees gedigte en los gedagtes van Jeanne Goosen.
Dinsdag 17 Maart
Die digter Diana Ferrus lees gedigte voor uit haar roerende bundel, Die vrede kom later, wat opgedra is aan haar pa. Die gedigte handel oor die post-traumatiese stres wat soveel mans ná die Tweede Wêreldoorlog deurgemaak het, en hoe dit op intieme vlak hulle gesinne beïnvloed het met hulle terugkeer huis toe.
Dinsdag 24 Maart
Die digter en vertaler, Daniel Hugo, gesels oor, en lees gedigte voor uit Die singende wêreld, sy Afrikaanse vertaling van verse deur Marc Tritsmans, ‘n Vlaamse digter en wetenskaplike. Dit spreek veral ekologiese kwessies aan. Joan Hambidge skryf in die resensie: "Dis 'n bundel vir George Claassen én predikers. Vir gewone lesers én poësieliefhebbers. Nog 'n bundel wat die vertaalskat vir Afrikaanse lesers verruim met dank aan die vertaler en Naledi."
Dinsdag 31 Maart
Luister na wonderlike, klankryke gedigte uit Thomas Deacon se nuwe bundel, Duifiedorings. In Breyten Breytenbach se woorde: "Die man se menslikheid, oopheid vir ander en vir die omgewing, die rykheid en tekstuur van sy woorde en daarom sekerlik van sy kennis - is wonderlik om in te neem. Hy raak vir my op werklik inspirerende maniere aan wat dit beteken om digter te wees in hierdie land. En met die voelers en die sap en die sintuie van die digter maak hy die land 'n wérklikheid, syne en daarom ons s'n, wat soveel verder gaan as grense en klimate." Dean Balie, wat die landskappe wat Deacon in die bundel beskryf soos die palm van sy hand ken, lees die gedigte voor.
Woorde wat weeg
Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied:
http://joanhambidge.blogspot.co.za/
Versindaba
Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.
2 Maart
Nini Bennett resenseer Tussenganger deur Marius Crous
4 Maart
JP de Villiers resenseer Verskuilde verse deur Hennie Smith
22 Maart
Nini Bennett resenseer Nagblind deur Francis Grobler
Vrouekeur
Willie Burger het gedurende Maart die volgende resensies en rubrieke gelewer: 
7 Maart
Kies ’n boek: Tronkhond en My naam is Prins, ek slaap met die lig aan
14 Maart
Ken jou storie: Wêreldliteratuur en ‘eie’ literatuur
21 Maart
Kies ’n boek: Rooiborsduif: Gedigte oor die liefde deur Breyten Breytenbach
28 Maart




Kommentaar
Weet julle dalk wanneer verskyn daar weer 'n nuwe boek van Irma Joubert?
Dankie
Marinda