Pasgelaai

Korrupsie in die polisie

Freek Robinson, Lizette Lancaster Onderhoude 2025-07-17

Freek Robinson het met Lizette Lancaster van die Institute for Security Studies (ISS) gesels om te hoor: Is daar moontlik korrupsie in die polisiediens? Is daar politieke druk op die polisiediens? Wat word gedoen aan die probleme in die diens? En hoe kan gewone mense betrokke raak by die bekamping van misdaad?

Persverklaring: Koormusiek met hart by Klein Karoo Klassique

LitNet Musiek 2025-07-16

"Musiek wat met die hart praat – toeganklik, roerend met diep menslikheid." Dít is wat liefhebbers van koormusiek volgens die gevierde koorleier André van der Merwe kan verwag wanneer 65 koorlede van die Voces Cordis-koor op Sondag 10 Augustus om 12:30 vir die eerste keer op die verhoog by Klein Karoo Klassique verskyn.

Dis waaroor teater gaan: Ma skryf matriek in die Baai

Izak de Vries Teater 2025-07-16

"Waar PG du Plessis ons na die Afrikaner-adel se voorkamer geneem het, neem Louis  de Villiers se stuk ons na die sit- en eetkamer van die Afrikaner-middelklas. En dis die punt. Ons kén die mense op die verhoog."

In gesprek met Johannes de Villiers oor Op pad na ’n klooster in die sneeu

Maryke Roberts, Johannes Bertus de Villiers Skrywersonderhoude 2025-07-16

"Ek het in kloosters gewoon, talle geestelike begeleiers gehad, aan die voete van wysgere in die VSA, Birma, Frankryk en Spanje geleer. Al daardie dinge en insigte dam oor die jare heen in jou kop op. Toe ek gaan sit en skryf, was dit soos om ’n sluis oop te trek en het baie daarvan op die bladsye uitgespoel."

Gewildste plasings op LitNet: 9 tot 15 Julie 2025

LitNet Als oor LitNet 2025-07-16

Hier is die tien gewildste plasings op LitNet vir die week van 9 tot 15 Julie 2025.

Press release: this bra’s a pyscho on at the Artscape Theatre

LitNet Lifestyle and entertainment 2025-07-16

In his search for love and healing through dating apps, things take a dark turn – ending him becoming a serial killer and partaking in a chilling killing spree.

Karooseun van Vosburg deur Franklin Sonn: ’n resensie

Clinton V du Plessis Resensies 2025-07-16

"Karooseun van Vosburg is ’n insiggewende veelkantige verhaal deur iemand wat ondanks die dikwels fatalistiese val van die dice sy regmatige en volwaardige plek in die son kon kry, in ’n land wat werklik behoort aan almal wat dit bewoon."

Twyfelbos deur François Loots: ’n resensie

Anschen Conradie Resensies 2025-07-16

"Die insluiting van verskeie ander werklike historiese figure, onder andere Jan Tesselaar, wat in 1828 as Caledon se veldkornet aangestel is en rondom wie daar inderdaad ’n legende aangaande sy huweliksdag gehul is, verseker geloofwaardigheid en outensiteit wat tyd en ruimte betref."

Heil die Leser! Mishandeling en trauma in Wanneer die krieke stil word deur Petro Kotzé-Odendaal en Ontbloot deur Marthé McLoud

Nini Bennett-Moll Boekrubrieke 2025-07-16

Nini Bennett-Moll skryf oor boeke wat vroulike trauma aanspreek: "Waar Kotzé-Odendaal se roman die verskillende vorme van geweld eksplisiet takel en beskryf, handel McLoud se gedigte oor die geweld van stilte: oor dit wat verswyg (moet) word; oor misverstande en donker geheime, en oor mense wat by mekaar verby leef."

Kokke kook weer Maklik met Marinda

Annette Havenga Boeke en skrywers 2025-07-16

"Vir Marinda was dit belangrik om ’n kookboek te produseer sodat kokke kan kook met dit wat in hulle kaste is."

Skermgreep: 28 years later – ’n filmresensie

Leon van Nierop Film 2025-07-16

"Dié reeks kon ad infinitum so aangekarring het terwyl mense heerlik aan bloed-en-springmielies 'gevreet' het, darem met meer sout op as wat die stomme slagoffers op die doek kon bied. Maar toe besluit Danny Boyle om 28 years later vanjaar uit te reik en uit ’n ander oogpunt te benader, met nuwe tegnologie."

Vredemaker deur Reggie Peace: ’n resensie

Maryke Roberts Resensies 2025-07-15

"Reggie se eerlikheid oor die gevoel wat kinders wat uit sulke gesinne kom, met hulle saamdra, ruk jou. Hy praat van goeie tye, 'maar ek kan meestal net die slegte goed onthou. Die goed wat jou trauma word.'"

Springmielies: Oor vreemde fobies en ander volksmites

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2025-07-15

"’n Kat, wat toevallig swart kan wees, beskik oor die kosmiese vermoë om jou lewe te ontwrig. Dit is magiese denke in sy suiwerste vorm – die (by)geloof dat ’n toevallige gebeurtenis ’n direkte invloed op jou lewenslot kan uitoefen –  vergeet vir eers van die wetenskaplike beskouing van oorsaak en gevolg."

Nuut by Lapa: Perdewêreld 2: Mieke en die skouperde deur Heléne Booyens

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-07-15

Is jy reg om te skou? Mieke is nie. Mieke en haar perd, Spook, pas baie goed bymekaar. Hulle is albei stresballe. En nou is dit skoutyd! Gaan Mieke die vlegsels, vlaggies, nuwe vriende en ou vyande oorleef? (Dalk.)

Nuut by Lapa: Perdewêreld 1: Dezi en die wegholperde deur Heléne Booyens

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-07-15

Welkom op Patatland! Hier is nie perde nie. Dezi is baie lief vir perde. Maar dan word sy uit haar ryskool geskors. Nou hang sy maar net rond tussen die patats op haar ouma se plaas. Is dit die einde van haar perdestorie? (Nee.)

Nuut by Lapa: Afrikanerkind – Boerestories deur Wendy Maartens

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-07-15

Afrikanerkind – Boerestories is ’n versameling ware kinderstories wat die lewens van Boerekinders oor bykans twee eeue van Suid-Afrikaanse geskiedenis vertel. Elke verhaal fokus op kinders wat buitengewone dinge gedoen het onder moeilike omstandighede.

Nuut by Lapa: Suurlemoen! deur Jaco Jacobs

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-07-15

Daar is ’n paar basiese reëls wanneer jy jou eerste band begin … 1. Besluit vooraf watter soort musiek julle wil maak. 2. Neem jou tyd om lede vir jou band te kies. 3. Moenie op iemand in jou eie band verlief raak nie. Ons het al die reëls oortree …

Nuut by Tafelberg: Op die spoorweg: Die storie van ons treine deur David Williams

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-07-15

Op die spoorweg neem lesers mee in Suid-Afrika se lewendige spoorwegerfenis. Ontdek die ingenieurswonderwerke wat die moeilike terreine oorwin het en die lewendige spoorwegdorpe wat gemeenskappe onderhou. Williams skroom nie om die bitter werklikheid van rasseskeiding te bespreek nie. Hy balanseer vaardig die glans van die spoorweë teen die skerp waarhede.

Pasverskyn: Rietspruit deur Johann Lodewyk Marais

LitNet Boeke en skrywers 2025-07-15

Rietspruit is Afrikaans se voorste ekodigter se 15de digbundel. Rietspruit is ’n digterlike herbesoek aan kinderdae met ’n herbeklemtoning van die belangrikheid van die natuur en word as sodanig ’n huldeblyk aan die verweefdheid van ons wêreld.

Wat sê Bettina? Is een tree vorentoe en twee treë terug ’n cha-cha, Uncle Cyril?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2025-07-15

"Maa Uncle kon nie net ignore kap ie, iets moes gedoen wôre. Of ’n commission of enquiry die beste roep was, is ek ie soe seke van nie. ... Ek het gehoep vi something more decisive, soes toe Uncle daai DA-outjie weggejaag het, maar mens vat wat djy kry."

Top