Pasgelaai

My pad met Breyten – op die taalspoor

Francis Galloway Seminare en essays 2025-07-23

"Vir my was 1964, die jaar van Breyten se debuut, die Jaar van die Sneeu." Francis Galloway is vroeër vanjaar deur die Vrystaatse Werkgemeenskap van SAAWK genooi om ’n praatjie oor Breyten Breytenbach te lewer. LitNet is bevoorreg om haar woorde by die geleentheid te mag publiseer.

’n Noodvlug vir Rusty deur Jaco Versfeld: ’n resensie

Louise Viljoen (JBay) Resensies 2025-07-23

"Ek was aangenaam verras toe ek die naam van ’n manlike skrywer op ’n Romanza-voorblad sien. Natuurlik lees mans ook Romanzas, al sal van hulle dit dalk ontken."

Repliek op Jason Lloyd

Kelvin Knowles Menings 2025-07-23

"Jy verwys na Allan Boesak as 'vasgevang in ou en verouderde UDF-strydretoriek sonder om met enige werkbare en praktiese oplossings vorendag te kom'. Hoewel dit nie heeltemal onwaar is nie, begin alle veranderinge in die politiek dikwels met ’n gesprek, baie soos die Burgerregtebeweging in die VSA in die 1960’s of die geboorte van die Anti-Apartheidbeweging."

Short.Sharp.Stories anthology Power: interview with Cynthia Kistasamy, author of "Kameel and the firecracker dog"

Joanne Hichens, Cynthia Kistasamy Books and writers 2025-07-23

"Humour, in my story, was used as a tool to lighten what could otherwise be considered a volatile social issue, while still taking the bull by the horns."

Wiskunde: Graad 5-vraestel 1 en memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-07-23

Is jy in graad 5 en sê jou ouers jy moet reeds vir jou Wiskundetoetse begin voorberei, maar eintlik wil jy net aan skatte en ander avonture dink? Die goeie nuus is dat jy hierdie oefentoets en memorandum deur Wilhelm du Toit gratis kan aflaai. By sommige van die somme gaan jy moet skat. By ander somme gaan jy moet meet. Werk die vraestel gou uit en kyk hoe skitter jou rapport hierdie kwartaal!

Pasverskyn: Kinders se spinnekoppe van Suider-Afrika deur Rudi Steenkamp

LitNet Boeke en skrywers 2025-07-23
Verken die wonderlike wêreld van Suider-Afrika se spinnekoppe – hulle kom in hordes verskillende vorms en groottes, en is veel slimmer as wat jy dink! Ontmoet ’n spinnekop wat spoeg om sy prooi te vang, een wat in seeskulpe wegkruip, nog een wat as ’n mier vermom is ... en meer as vyftig ander. Treffende makrofotografie verken die wêreld van spinnekoppe soos nooit tevore nie. 

An interview with Emma Sadleir about the landmark court order against Meta – and some important social media advice

Naomi Meyer, Emma Sadleir Interviews 2025-07-23

"[I]f you wouldn’t put it on a billboard, you should not let it exist in digital format. Digital content is vulnerable content; it is dangerous content, it can be recorded, it can be shared."

Gewildste plasings op LitNet: 16 tot 22 Julie 2025

LitNet Als oor LitNet 2025-07-23

Hier is die tien gewildste plasings op LitNet vir die week van 16 tot 22 Julie 2025.

Verwarring oor die Nasionale Dialoog

Freek Robinson, Theuns Eloff Onderhoude 2025-07-22

Is die Nasionale Dialoog teen R700 miljoen ’n goeie ding? Dit vra Freek Robinson aan Theuns Eloff. Eloff antwoord dat die idee goed is, maar die toepassing nie. Hy verduidelik die aanloop tot die Nasionale Dialoog, wie deelneem en wie nie, en hy bekyk die alternatiewe vir dit wat deur die President aangekondig is.

Vrede in aksie teen GBV

Marlene le Roux Menings 2025-07-22

"Dit is van kardinale belang dat groter pogings deur alle belanghebbendes aangewend moet word om geslagsnorme te verander en omskep om dit sodoende in ooreenstemming met wetgewing te bring, om nie-regeringsorganisasies te ondersteun wat met gemeenskappe, tradisionele leiers, jeugsentrums en skole saamwerk om ’n veilige ruimte te skep waar oortreders bygestaan word om hulself te rehabiliteer."

Persverklaring: Vrede in aksie, vroue neem voortou vir eenheid en genesing by Kunstekaap

LitNet Teater 2025-07-22

Vanjaar se Vrouefees bied ’n kragtige tapisserie van stemme, kunste, musiek, literatuur en geleefde ervarings, met aktiwiteite wat regstreeks fokus op die dringende behoefte aan genesing en hoop.

Hoe haal ek nou asem? deur Cliffordene Norton: ’n resensie

Dewald Koen Resensies 2025-07-22

"Hoe haal ek nou asem? is ’n geslaagde jeugroman wat op vertederende wyse die dood van ’n ouer ondersoek."

Wiskunde: Graad 4-vraestel 1 en memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-07-22

Is jy in graad 4, kan jy glo dis al die derde kwartaal en wonder jy hoekom is hier ’n prentjie van die aarde by hierdie Wiskundevraestel geplak? Gebruik hierdie gratis oefenvraestel van Wilhelm du Toit en kry jou Wiskunde onder die knie. Daar is ook baie somme oor sekondes, minute en tyd hierin. As jy die vraestel uitwerk, sal die Wiskunde nie jou kop laat draai nie en jy sal kan sien dat tyd en die Wiskunde wat daaroor handel, heelwat te doen het met hoe vinnig die aarde draai!

Dinkskrum: Is die PA ’n dinamiese en modieuse politieke party? Repliek op Kelvin Knowles se artikel

Jason Lloyd Rubrieke 2025-07-22

"Verteenwoordiging is veral belangrik in ’n diverse land soos Suid-Afrika, maar meriete moet ook in gedagte gehou word, omdat die land kundige mense nodig het om ’n sukses daarvan te maak. Mense kan eenvoudig nie net op grond van ras, geslag en ouderdom aangestel word nie. Meriete moet ’n ononderhandelbare vereiste wees."

Die moord op Deveney Nel deur Julian Jansen: ’n lesersindruk

Anne-Marie Burger Lesersindrukke 2025-07-22

"Lees hierdie boek. Nog beter, koop meer as een en gee dit vir jou bure, dominee, pastoor of geloofsleier, jou kind se onderwyser en almal wat jy teëkom wat by kinders betrokke is. As ons as gemeenskap probleme vroeg genoeg raaksien en daarop reageer, kan hierdie tipe misdrywe gekeer word voordat dit gebeur."

’n Resensie van Hoofseun deur Tollie Parton

Hermione le Roux-Ellis Teater 2025-07-21

"Wat beteken dit om queer en Afrikaans te wees? Verskil ons werklik so baie van mekaar? En hoe het die hoofseun hoofmeisie geword?"

Wat sê Bettina? Kos of krag: die Eskom-dilemma

Bettina Wyngaard Rubrieke 2025-07-21

"Hulle sal daadwerklik moet plan maak om elektrisiteit meer bekostigbaar te maak, of daar gaan een of ander tyd weer geweld uitbreek. Mense is moeg daarvan om gemelk te word vir elke laaste sent wat hulle nie het nie."

The voices of knowledgeable and experienced practitioners in reformulating clear standards for the assessment of assessor competence in teacher education

Hennart van Schalkwyk, Geesje van den Berg Academic research 2025-07-21

"The purpose of this study was to hear the voices of information-rich and experienced practitioners in ITE, and to reformulate standards of assessor competence with clarity. [...] The research focused on hearing voices regarding the context in which student teachers, as assessors, are educated and assessed at a distance education university in South Africa."

Die stemme van kundige en ervare beoefenaars van assessering by die herformulering van standaarde van assessorbevoegdheid in onderwyseropleiding

Hennart van Schalkwyk, Geesje van den Berg LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-07-21

"Terwyl literatuurstudies en dokumentontleding navorsing aangaande standaarde kan inlig en ’n oorsig kan gee van hoe standaarde tans in literatuur beskryf word, moet die stemme van ervare en kundige beoefenaars van die assessering van onderwysstudente ook ingesluit word om die herformulering van standaarde te lei."

Mal oor jou deur El Bester: ’n resensie

Louise Viljoen (JBay) Resensies 2025-07-21

"Die skrywer het [...] die gulde geleentheid tot ’n bevredigende klimaks en ontknoping deur haar vingers laat glip. Dit is steeds lekker leesstof, maar dit kon sóveel méér gewees het. Baie lesers sal dalk nie eens besef dat daar moontlikhede in die storie is wat nie ontgin is nie."

Top