
Foto: Canva
Die laaste seer wat ek bring
My meisie, my dogter,
twee ligte in my nag,
hulle oë vol hoop, terwyl ek stadig verbrokkel,
dag vir dag.
Hulle verdien die wêreld,
maar kry net stukkende dele,
’n hart vol jammer en hande vol sere.
My broer, my matrikulant,
kyk nog op na my,
hy dink ek weet die pad, maar ek dwaal verby.
Ek sien hoe sy trots stadig vervaag,
want ek is nie die voorbeeld wat jy waag om te vra.
My suster wag nog
wag vir my om te wen,
om te wys dat haar geloof in my maak sin,
dat ek die oes van sukses sal begin.
Maar ek val en val weer,
in stilte en skaam.
Terwyl hulle wag op iemand
wat nooit regtig saamgaan.
En my pa ...
’n man met baie hoop in sy blik,
wou my naam met trots in die lug laat klik.
Hy wou sê: Dis my seun, kyk wat hy bereik,
maar in plaas daarvan smaak sy trots bitter en bleek.
Ek sien dit in sy oë, daardie stil verstaan,
dat sy drome vir my stadig vergaan.
En daar bo ...
my ma in die hemel so stil,
kyk neer met ’n hart wat nie rus nie,
al is dit haar wil.
Sy dra drie beloftes wat ek gaan verbreek
Twee aan haar, een aan myself
wat nooit heelbreek het.
Ek het belowe om haar trots te hou,
om na die matrikulant te kyk en haar naam te eer,
maar my pad het verdwyn tussen pyn en verkeer.
Ek voel haar trane in die reën,
haar stem in die wind,
’n ma se seer oor haar verlore kind.
Ek is stukkend,
te vol van gister se seer,
te moeg om die mens te wees wat julle begeer.
En tog, in my stilte,
fluister ek sag:
Miskien, eendag, sal my stukkend ook iets moois maak.


Kommentaar
Jou gedagtes en jou skryfwerk is baie diep. As leser voel ek hierdie gevoelens saam jou. Ek hoop om meer te lees van jou!
Die is deep! Dink aan jou, Fazel, beste skoonbroer.
Wow, dit voel sekere dele praat met my. Ek wag vir die volgende plasing.
Werklik stunning, superryke gedagtes!