Pasgelaai
Persvrystelling: Spesiale bederf vir boekwurms by Suidoosterfees | Press release: Special treat for booklovers at Suidoosterfees
2020-10-30Die Suidoosterfees, die Jakes Gerwel Stigting en NB-Uitgewers bederf boekwurms op 13 en 14 November met ’n uitstekende skrywersprogram. Die jaarlikse Jakes Gerwel-gesprekke word gratis by kykNET Atlantic Studios aangebied, en spog met gunstelinge soos Deon Meyer, Antjie Krog, Diana Ferrus, Dana Snyman en Ryan Pedro.
Persvrystelling: Suidoosterfees-inryteater
2020-10-30Die Suidoosterfees en Atlantic Studio’s laat die klassieke inryteater herleef. Van 4 tot 15 November 2020 word feesproduksies in ’n splinternuwe baadjie geklee, en kan groter gehore vanuit die gemak en veiligheid van hul motors na feesaanbiedings op die silwerskerm kyk.
Kommadagga-opinie: Hou ons begrafnis of show ons af?
2020-10-30"Lockdown het funerals mooi intimate kom maak. Only the nearest and dearest van die ontslapene kom staan mekaar by en so unify Jason almal, sonder die afshow."
drie-eenheid
2020-10-30"ubuntu is lief vir duur karre
patronaat moet hulle gaan haal
tender verduister die geld
wat die armes moes betaal"
Senekal
2020-10-29"Sharpeville. Soweto. Boipatong. Marikana. En nou, Senekal. Miskien, eendag, word Senekal die naam van een van daardie dae waarop ons, die mense van die middelgrond, daar in die middel begin saamstaan het, tot oplaas ook die swart-en-wit wêreld kleur gekry het. Hier in die middel, waar die skakerings altyd meer is as met die eerste oogopslag, en waar ons altyd meer is as net die dele van die geheel."
Twee ATKV-Woordveertjies vir Fanie Viljoen: 'n Onderhoud
2020-10-29"Ons leef in onsekere tye. Mense probeer op die een of ander manier ankers teen die storms kry."
#ROSACon2020 – Romance writers Organisation of South Africa se eerste aanlyn konferensie
2020-10-29"#ROSACon2020 is aanlyn gehou, met ’n daaglikse tema. Die aanlyn konferensie was ’n uitstekende geleentheid – bywoners kon by van die beste internasionale romanseskrywers leer hoe om hul skryfkuns te verbeter."
Jaco Jacobs, wenner van twee ATKV-Woordveertjies: 'n onderhoud
2020-10-29"Die beste stories is dié waarin doodgewone mense ongelooflike dinge doen. Ek het in die Karoo grootgeword, waar mense mekaar se stories ken, en dit het van kleins af ’n groot indruk op my gemaak."
Afrofuturisme in Afrikaanse letterkunde: ’n onderhoud
2020-10-29"Afrofuturisme wil Afrika se plek aan die tafel in die toekoms bevestig en ook aan die mense bewys dat daar potensiaal is vir soveel meer."
China, die Gordel-en-pad-inisiatief, COVID-19 en demokrasie in Afrika
2020-10-29"Ondermyn of bevorder die Gordel-en-pad-inisiatief die kontinentale vryheidsprojek in Afrika?"
Filmresensie: Wesens
2020-10-29"Ontsnap die grendelgreep van hoe Amerika jou geleer het films behoort te lyk, en gee jou oor aan een van die mees unieke en onverwagse, erbarmlike ervarings van die jaar."
Graad 7 Afrikaans Huistaal: Vraestel 1, 2 en 3
2020-10-29Is jy in graad 7 en moet jy jou Afrikaans nou blitsig onder die knie kry voor die eindeksamen? LitNet kan jou help met hierdie gratis oefenvraestelle en memorandums.
Jakarandastad
2020-10-29"noudat die eerste somerreën
die aardkors deurweek het
die dorre winterdoodsheid
kom balsem het"
Brendin Horner
2020-10-29"Die tamboekiegrasse wieg stadig heen en weer in die wind,
net soos mense wat staan en rou oor
die dood van ’n geliefde."
Villanelle-skildery
2020-10-29"ek wou die doek eers spierwit hou
as ek dink aan jou lewe eerbaar, rein;
my lief, ek skilder ’n gedig net vir jou"
Die groot gatslag
2020-10-28"Die keuse is vir ons gemaak en die tafel is gedek vir ’n nag teen die pad in die middel van Tanzanië. Ons spreek sommer vroeg af met die man wat hom op my hakke kom tuismaak het om ons walinzi, oftewel sekuriteitswag, vir die nag te wees."
Ouers, loop die eksamenspook?
2020-10-28"Eksamen skryf is helaas nie ’n toeskouersport nie. Hoe meer jy oefen, hoe makliker word dit. Daar is geen beter manier om te oefen vir ’n eksamen as om eksamen te skryf nie. Daarom plaas LitNet gereeld nuwe vraestelle, memorandums en oefeninge op ons skoleportaal."
Drie vroue en ’n meisie deur Hans du Plessis: ’n lesersindruk
2020-10-28"Elke keer wanneer ek die boek weer opgetel het, is ek weer direk in die storie in verplaas. Dit mag dalk vreemd klink, maar soms het dit gedurende die lees vir my gevoel asof my gesig met stof bedek is, al het ek op my rusbank gesit en gelees."
