Elders gesien: Rus in vrede, liewe Margot

  • 1

Annelize van der Ryst skryf op Facebook:

My vriendin en kollega, vir baie jare, Margot Luyt (“Sus” soos ek haar genoem het), het ’n onvergeetlike plek in my lewe en loopbaan (en baie ander mense s’n) vervul.

Haar dood is vir my, in hierdie vreemde tyd, nog ’n groot verlies om mee te probeer cope.

Ek besef die laaste paar jaar was vir haar baie moeilik met Parkinson se siekte (en positief COVID-19 getoets oor die naweek), haar broer se skielike dood, asook haar geliefde Graham se tragiese dood.

Ek wil hier vir vriend en prokureur Johann Vos uit my hart bedank dat hy sedert die einde van 2019 seker gemaak het dat haar vriende en suster altyd net die beste vir haar wou hê. Namens ons almal,  dankie Johann.

Rus in vrede, liewe Margot.

  • 1

Kommentaar

  • Delphine du Toit

    Margot was 'n wonderlike vriendin oor die jare. En die EEN mens wat my op spoor kon hou om suiwer Afrikaans sonder Anglesismes te praat, met daai wonderlike stem van haar. Al het ek haar jare laas gesien, ek sal haar ontsettend mis, maar die herinneringe is altyd daar.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top