Pasgelaai

PEN Afrikaans Nuusbrief: Oktober 2020

PEN Afrikaans PEN Afrikaans 2020-11-10

Lees PEN Afrikaans se nuusbrief van Oktober 2020 hier.

Piekniek en pret met Kersvader in die Boland

LitNet Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal 2020-11-10

Om die druk op hom te verlig, het Kersvader besluit om solank vooraf ’n paar geskenke uit te deel tydens ’n piekniek by die pragtige Afrikaanse Taalmonument op Saterdag, 19 Desember 2020 – ’n aand wat ook ten bate van ’n goeie doel geskied.

Suidoosterfees 2020 by die kykNET Atlantic-inryteater bied aan Klopse Jol!

Marli van Eeden, Vicky Davis Suidoosterfees 2020-11-10

"Wat baie opwindend is, is dat die musiek wat mense gaan hoor in Klopse Jol! uniek is tot die Kaap, en shows soos hierdie is belangrik om die ryk musiektradisies van ons gemeenskappe te laat voortleef en ook aan wyer, jonger gehore bekend te stel." Hierdie geleentheid vind Donderdag 12 November om 20:00 plaas.

Om ons beeld te soen

Charl-Pierre Naudé Poësie 2020-11-10

LitNet is 21 jaar oud. Met die ondersteuning van die Hiemstra Trust vier ons dié mylpaal met nuwe verse deur ons voorste digters. Lees Charl-Pierre Naudé se gedig hier.

Die 2021 Toyota US Woordfees skuif na September | Toyota SU Woordfees 2021 moves to spring

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2020-11-10

Die 2021 Toyota US Woordfees word aanstaande jaar vir die eerste keer ’n Stellenbosse lentefees. 

VSA-verkiesing 2020: Doodsake

Rita Barnard Seminare en essays 2020-11-10

"Met Biden se oorwinning ... kan meer mense weer asemhaal, gedagtes ’n bietjie laat swewe, minder bekommerd voel oor watter vulgêre spoggery, onnoselheid, krasheid, gemeenheid, of aanslag op demokratiese grondreëls ons daagliks gaan tref."

PEN Afrikaans: Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Oktober 2020

PEN Afrikaans PEN Afrikaans 2020-11-09

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Oktober 2020 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Boekbekendstelling: Kom hier dat ek jou soen deur Griet op de Beeck

LitNet Skrywersonderhoude 2020-11-09

Hier is nog inligting rondom die digitale boekbekendstelling op 18 November 2020.

VSA-verkiesing uit die oog van "gewone" mense

Bettina Wyngaard Seminare en essays 2020-11-09

"Daar lê harde werk voor. Amerika sal moet diep introspeksie hou oor wie hulle as ’n nasie is."

ATKV-Woordveertjiewenner Dina Botha: ’n Gesprek

Izak de Vries, Dina Botha Skrywersonderhoude 2020-11-09

"My uitgewer het al ’n manuskrip teruggestuur omdat sy nie op die held verlief kon raak nie. Daar het jy dit. Almal moet op die held verlief raak. Van skrywer tot leser."

Christoffel Coetzee (1945–1999)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2020-11-09

"Elke politieke e-pos skep sy eie geskiedenis en dit vind ek fassinerend."

Vonnisbespreking: BTW-toedeling van dienste gelewer aan nie-inwoners

Marlene Botes LitNet Akademies (Regte) 2020-11-09

"Die doel van die BTW-wet is nie dat ’n nie-inwoner, wat nie die finale verbruiker van goed in Suid-Afrika is, ’n BTW-koste moet oploop nie. Daarbenewens vereis die struktuur van die BTW-wet nie dat ’n BTW-koste moet ontstaan waar produkte weggegee word om goed, wat ingevolge ’n belasbare lewering verkoop gaan word, te bemark nie."

Feelings, well-being and religion: An application of António Damásio’s conception of the role of feelings in well-being to the origin of religion 

Sandra Troskie Academic research 2020-11-09

"In this article the ideas of António Damásio, one of the most influential neuroscientists of our age, about the role of feelings in well-being is developed as a theoretical framework for a speculative inquiry into the evolutionary pressures that would lead to the development of this ability."

Gevoelens, welstand en religie: ’n Toepassing van António Damásio se opvatting oor die rol van gevoelens in welstand op die ontstaan van religie

Sandra Troskie LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2020-11-09

"Gegee die wordingsgeskiedenis van die mens was die evolusionêre verrekening van subjektiewe bewussyn dus dat gevoelens voortaan nie net meer deur die welstand van die inwendige omgewing ontlok word nie, maar nou ook deur die welstand van die gemoed, die innerlike omgewing van ons gevoelens."

Persverklaring: Jan H Maraisprys – Voorstelle vir 2021 word ingewag

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2020-11-09

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns wag nominasies in vir die Jan H Maraisprys vir 2021. Die doel van die Prys is om erkenning te gee vir ’n uitstaande lewenslange bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal. Nominasies sluit op 31 Januarie 2021.

Geestelike narsisme en politieke militante

Hans Richardt SêNet-briewe 2020-11-09

"Moord word deesdae as mindere misdaad gehanteer as gesinsgeweld en verkragting."

Graad 6-wiskunde: Omtrek, oppervlakte en volume

Wilhelm du Toit Notas, toetse en vraestelle 2020-11-09

Is jy in graad 6 en moet jy nou haastig jou wiskunde voor die eksamen hersien? Laai ’n gratis oefenvraestel af om jou te help. Klik ook op die skakel na die memo om dit gratis in PDF-formaat af te laai.

In retrospect: Thoughts on the Old Testament (1979–2019)

Fanie Snyman Academic research 2020-11-09

"In the light of knowledge gained about how the Old Testament in particular originated, current theories on biblical inspiration can no longer be upheld. The concept of inspiration should rather be broadened to include the entire process of the forming of the canon of Scripture, the translation, and even the proclamation of the message of the Bible."

In retrospek: Nagedink oor die Ou Testament (1979–2019)

Fanie Snyman LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2020-11-09

"Indien die vertaalde Bybels nie geïnspireer was nie is die konsekwensie doodgewoon dat die kerk vir eeue sonder ’n geïnspireerde Bybel was. Soms is ’n teks ook so korrup dat enige poging tot ’n vertaling eintlik ’n verleentheidsvertaling is omdat die Hebreeuse teks baie moeilik sin maak."

VSA-verkiesing 2020: Wie ook al wen, gaan verloor

Jaco Kirsten Seminare en essays 2020-11-07

"Waar hy [Trump] hom egter onderskei het – en selfs sy mees geharde vyande moet dit erken – is die feit hy die meeste van sy groot verkiesingsbeloftes nagekom het. Beginnende by die ekonomie."

Top