Repliek op Jean Oosthuizen en God Is daar ’n ander antwoord

  • 56

Lees ook:

Resensie van Ben du Toit se God Is daar ’n ander antwoord?

My dank aan Jean Oosthuizen dat hy my reggehelp het oor die identiteit van die skrywer van die boek God: Is daar ’n ander antwoord? Ek het inderdaad "die pot misgesit". Hierdie regstelling oor die skrywer verander egter niks aan die boek self nie. By wat ek voorheen gesê het wil ek byvoeg dat Ben, die skrywer, die indruk skep dat hy nog nie die einde van sy reis bereik het sover dit sy identifisering van homself betref nie. Êrens in sy boek sê hy dat hy nie graag met die ateïste, vanweë hulle neiging tot selfingenomenheid en aggressie, geïdentifiseer wil wees nie. Hy noem homself ’n post-teïs, wat beteken "anderkant/verby God". Later in die boek lyk dit nie of die onderskeiding veel verskil maak nie, want wanneer hy dan uiteindelik self die vraag in die titel van boek beantwoord, sê hy: "Daar’s ’n ander antwoord: Dit is die mens wat skepper is, nie God nie" (p 204), en daarnee het hy nie net by God verby gesteek het nie maar selfs ook verby die ateïste.

Waarom gebeur dit soms dat mense wat lank aan die kerk behoort het, op ’n stadium hulle geloof verloor en dan die kerk verlaat? Daar is verskillende antwoorde op die vraag:

1) Baie moderne vrysinnige skrywers sê dit is omdat die kerk nie tred hou met die tyd nie en nie die bevindinge van die wetenskap wil internaliseer nie, dat mense die kerk verlaat. Dit is grotendeels ook Ben du Toit se standpunt.

2) Die Nederlandse kerkhistorikus, H Algra, is egter ’n ander mening toegedaan. In sy boek, Die Wonder van die Negentiende Eeu, kyk hy na die Nederlandse Hervormde Kerk, wat in die 19de eeu in ’n groot mate die verligte denke van die 18de eeuse Verligting (Age of Reason) geïntegreer het in sy teologie , en sê dan: "Die optimisme en die selfvertroue van die Modernisme het nie lank gehou nie. Dit het geblyk dat vrysinnige prediking tot leë kerke lei." Van sy eie tyd sê hy: "Daar is ’n aanwysbare verband tussen die verspreiding van die Modernisme en die onkerklikheid op die kaart van Nederland."

3) Ons kan iets leer uit die ervaring van die apostel Paulus. Toe hy op sy tweede sendingreis in die stad Athene aankom, het die Griekse wysgere hom uitgenooi om hulle te kom toespreek oor die "nuwe leer" wat hy verkondig het. Om sover moontlik by hulle denke aan te sluit, het Paulus sy rede op ’n sterk filosofiese wyse afgeskop. Hulle het aandagtig na hom geluister, maar toe hy praat van Jesus wat uit die dood opgestaan het, het hulle met hom gespot een gesê hulle sal later (as hulle klaar gelag het) weer na hom luister. Hulle het hom ook ’n praatjiesmaker genoem (Hand 17:18-33). Paulus is druipstert uit Athene weg. Maar hy het sy les geleer. Toe hy kort daarna in die ander groot Griekse stad Korinte aankom, het hy vir die mense gesê: "Ek het my voorgeneem om met julle oor niks anders te praat nie as oor Jesus Christus, en Hom as die gekruisigde, en dit nie met geleerdheid of welsprekendheid nie, maar wel deur die kragtige werking van die Gees. Die boodskap van die kruis is wel onsin vir die geleerde mense, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God." Dit is veelseggend dat daar in Korinte ’n groot Christelike gemeente tot stand gekom het, terwyl ons nêrens in die Nuwe Testament lees van ’n gemeente in Athene nie.

4) Die meer algemene oorsaak vir waarom mense gedurende die laaste twee eeue die kerk verlaat het, lê in die wese van die kerk self. Tydens Jesus se lewe op aarde het groot skares van mense Hom gevolg oral waar Hy heen gegaan het. Op ’n dag het die mense weggebly en net Jesus en sy dissipels het oorgebly. Die dissipels vra toe vir Jesus: "Is díe wat gered sal word min?" Waarop Jesus toe die bekende antwoord gee: "Smal is die weg en nou is die poort wat na die lewe lei en daar is min wat dit vind." Dit was duidelik Jesus se gedagte dat alhoewel die evangelie (blye boodskap) vir die hele wêreld bedoel was, daar altyd maar net ’n klein minderheid van mense uit die samelewing sou wees wat aan die kerk behoort. So was dit ook vir die eerste drie eeue van ons Christelike jaartelling. Maar toe in die 4de eeu gebeur daar ’n ding wat alles sou verander. Die beroemde Romeinse keiser Konstantyn die Grote het ’n Christen geword, en nie lank daarna nie was die kerk feitlik staatskerk. Mense in hulle duisentalle het die kerk binnegestroom. Wat lidmaattalle betref het die kerk heeltemal oorgewig geword. So het dit dwarsdeur die Middeleeue voortgeduur.  Die hele sameleweing het “gechristianiseerd” geraak. Almal het aan die kerk behoort. Die Keiser en die Pous het saam tee gedrink, totdat hulle later aan die baklei geraak het oor wie van hulle die magtigste mens op aarde was. In sy tyd (16de eeu) het Calvyn die kerk beskryf as’n “corpus permixtum”, ’n liggaam waarin die heilige en skynheilige mense so deurmekaar geraak het dat hulle nie meer onderskei of geskei kon word nie. Dit moes maar so voortduur. En dit het so voortgegaan tot na die tyd van die Verliging (Age of Reason) aan die einde van die 18de begin 19de eeu. Toe het die mense in groot getalle begin om die kerk te verlaat. Groot katedrale in die ou wêreld het in onbruik verval. ’n Duitse toergids sê die leë kerke “sind Denkmalen der Vergangenheit”. Stadig maar seker het die Middeleeuse kerk sy oorgewig begin verloor, en dit gaan vandag nog voort. Jesus het die kerk van die toekoms gevisualiseer as ’n slanke bruid wat wag op die koms van haar Bruidegom.

(Voetnota: As Algra in die aanhaling bo praat van “Modernisme”, bedoel hy die 18de-eeuse vrysinnigheid. Vir ons het dit die omgekeerde betekenis dat vrysinnigheid rondom die Bybel nie regtig modern is nie. Dit is al ’n paar eeue oud. Wetenskap en tegnologie vorm skering en inslag van ons daaglikse lewe. Wie sal dit ontken? Maar as die prediking “horisontaal” is, en die vertikale dimensie ontbreek, is dit nutteloos en lei dit tot ongeloof. Dis alleenlik as die prediking die stempel dra van die “smaad van die kruis” dat dit mense oortuig en verander deur ’n geloof wat hulle nooit weer verloor nie.)

Talbot Sadler

  • 56

Kommentaar

  • "Die boodskap van die kruis is wel onsin vir die geleerde mense, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God."
    Laat my dink aan Betrand Russell wat gesê het "As far as I can remember, there is not one word in the Gospels in praise of intelligence".

  • Beste Raed-na-Gael, jou Betrand-Russell-aanhaling is in die kol. BR het die christelike geloof gesien as 'n groot vergif vir die mensdom.

  • Talbot Sadler

    Bertrand Russell is heeltemal korrek. In die Bybel gaan dit nie oor die mens se intelligensie nie, maar oor sy verhouding met God en sy medemens. Jy moet God liefhe en ook jou medemens. Intelligensie le op 'n ander vlak. Jy het dit nodig om die wetenskap te beoefen. Jy't dit ook nodig om te weet hoe om geld te maak of dit te verduister.

  • Tiens Pretorius

    My eenvoudige siening is dat die totaliteit van alles wat bestaan in die heelal so enorm is dat alles moontlik is, dus God is ook moontlik, en Jesus as Goddelike wese.

  • Nee, ek is so ongelowig gebore. Die bybelse stories wou ook maar net nie vat kry aan my as die waarheid nie. Ook nie goëlstories, spookstories en die tokkelossie nie. Dit het niks met geleerdheid te make nie. Geleerde mense soos die dominee wou my wysmaak dat ek moet glo, anders gaan ek hel toe.

  • Ag Angus,
    hoe lekker gaap ek nou. Jy sê niks unieks nie. Ons almal word met 'n haat vir God gebore. "Ons is dit nie van nature nie" (Joh 1). Ons moet gedoop en dan geleer word - "en leer hulle" (Mat 28:20). Maar hierdie dinge weet jy mos.

  • Beste Raed-na-Gael,
    Ek gaap nie, ek kraai van die lag oor jou unieke stelling dat ons almal met 'n haat vir God gebore word. Verbeel jou, 'n pas gebore baba, het al in die Bybel van God gelees, en nou haat hy hom! Ha-ha. Ek is ongelowig gebore. maw, het geen kennis van gode en bonatuurlike goeters gehad nie.

    Daar is 'n naam vir "doop en leer": indoktrinasie.

  • Hans Richardt

    Raed-na-gael, Angus het sielestryd.
    Ek dink dat vandat Adam en Eva agter hul vyeblare weggekruip het, mense maskers het as verdedigingsmeganismes. Bv "I am ok, you are ok"? "fake it until you make it"!
    Kom, ek wil dit stel, dat niemand regtig weet wat na die dood gebeur nie, nie eens in bybel is daar meer beskrywing dat eendag daar oordeel sal wees na dood. Waar die siel gaan tot oordeelsdag spekuleer selfs predikante ook. Is "wees lief vir God(gesag), wees lief vir jou naaste soos jouself" nie uitsonderlike vorm van humanisme nie?
    Die "fotum" is tog 'n invokasie ritueel? Die danksegging aan einde van diens, die beëindiging van invokasie? Die erediens is tog ritueel met liturgie.
    Tog geniet ek die rituele liturgie en voel ek goed daarna en nie om gesien te word nie. In ons afgeleë wyk, kyk ons ook dikwels kamera-kerk. Die dominee of gebou is tog nie die kerk nie, maar die gemeenskap van gelowiges, ek wil nie praat van "gemeenskap van die heiliges" nie, want daarvoor het ons tog te veel ander maskers soos- sosiale status, bankbalans en kwalifikasies of gebreke, wat ons seker diskwalifiseer.
    Norme en standaarde skep orde en bybelverhale het nie oor vooraanstaandes gehandel nie, maar hoe gewone mense dmv norme en standaarde, harde werk en swaarkry, vooraanstaandes geword het.
    Die bybel skep hoop op beter toekoms, ten spyte van al ons verdedigingsmeganismes maskertjies?

  • Jy sê jy kraai van die lag - laat ek dit sakens stel - jy lag uit onkunde.
    In Romeine 3 kan jy lees: Almal is sondaars.
    9 Wat dan? Help dit regtig om ’n Jood te wees? Nee, glad nie. Ek het mos vroeër al gesê dat ons almal in die greep van die sonde vasgevang is, of ons nou Jode is of nie. 10 Die Bybel stel dit baie duidelik:
    “Niemand op aarde leef reg nie, niemand nie,
    11 niemand probeer om volgens God se wil te leef nie.
    12 Almal het die spoor byster geraak. Hulle het in sonde verval. Niemand doen goed nie, nie ’n enkele een nie.
    13 Hulle kele is ’n oop deur na die doderyk toe. Hulle tonge is vol bedrog. Hulle lippe is vol van die dodelikste gif.
    14 Elke woord wat hulle sê, is gelaai met bitterheid. Hulle vloek links en regs.
    15 Hulle kan nie voorbly om mekaar dood te maak nie.
    16 Agter hulle lê ’n spoor van vernietiging en ellende.
    17 Hulle weet nie wat dit beteken om in vrede met ander mense te leef nie.
    18 Hulle het geen eerbied vir God nie.”

    In een van jou 23 Bybels behoort jy ook te kan lees: There is none righteous, no, not one;
    There is none who understands;
    There is none who seeks after God.
    They have all turned aside;
    They have together become unprofitable;
    There is none who does good, no, not one.”
    “Their throat is an open tomb;
    With their tongues they have practiced deceit”;
    “The poison of asps is under their lips”;
    “Whose mouth is full of cursing and bitterness.”
    “Their feet are swift to shed blood;
    Destruction and misery are in their ways;
    And the way of peace they have not known.”
    “There is no fear of God before their eyes.”

    Dit is dan die 'haat' waarmee ons gebore word, dit is ons natuur van almal. Of ek daarvan hou of nie, of wil erken of nie, is nie tersake nie.

  • Beste Tiens Pretorius,
    As alles moontlik is omdat die totaliteit van alles so enorm is, dan is daar die moontlikheid dat die 28 miljoen gode van al die gelowe ook bestaan. En wat van die Spaghettimonster wat die punt van sy spaghettitentakels aan elkeen van ons se koppe geheg het om ons te beheer?

  • Angus,
    Die ander gode bestaan wel. Die Skrif bevestig dit. Eks 20:3 "Jy mag naas My geen ander gode hê nie".

  • Hans,
    Ons lees dat die Ps-digter sê ek was bly toe ek hoor dat ons na die huis van die Here toe gaan - en aan die Hebreërs "moenie van van die byeenkomste van die gemeente wegbly soos dit sommiges se gewoonte is nie". Ons as gelowiges moet mekaar in samesyn ondersteun, versterk en bemoedig. En ons hunker daarna - gelei deur die Gees. Maar ons moet ook die 'keiser' gehoorsaam. Die keiser sê jy mag dobbel en lekker tekere gaan, maar jy mag nie in jou gemeente saam wees nie - o.k - darem nou net 50 van ons op 'n slag.
    Oor die "tussentydse verblyf" anderkant die graf - Jesus het aan die kruis vir die ou gesê vandag gaan jy saam met my in die paradys wees en in samehang hiermee, ware opregte gelowiges word nie ge--oordeel nie. Hans, die Bybel is duidelik hieroor.
    Ek skryf ook nie hier om ene Angus of ander wat sy standpuntte toejuig, te evangeliseer nie. Ek wil ander help wat moontlik deur hom en sy trawante tot vertwyfeling gebring mag word, hulle wat oor die afgrond weifel, terug te trek.
    Dis vir my eienaardig dat alle nasies van die begin van die mensdom af hunker na, opsoek is na een of ander bonatuurlike wese om te eer, tevrede te stel en om offerandes aan te doen. Kyk maarna hulle in die diepste 'jungles', Indië, ja orals. In Turkeye is daar opgrawings waar 'n beskawing reeds 15,000 vC aanbiddings en offerandes gedoen het en dit jaarliklik voordat die planttyd en oestyd aanbreek.
    Kyk na Angus se "pasgebore" baba hierbo. Daardie "baba" het geweet - Hy het immers Homself verneder deur uit die paradys te kom, onder ons, onder andere ook onder Angus, te kom woon om vir die mensdom te sê hou moed, ek het hoop vir julle - maar net vir julle wat my kies/aanvaar.
    Mooi loop Hans.

  • Hans Richardt

    Raed-na-Gael, meeste mense soos Angus voel dat die inhibisies geskep deur geloof, 'n probleem is.

    Ek huldig die nederige opinie dat geloof nie paranoia skep nie, met die inhibisies wat gevorm word nie, maar dat dit 'n maatstaf is waarteen elke gelowige sy eie gedrag bewustelik of onbewustelik meet gedurig.

    Ons weet dat die Christelike bybel nie enige bewyswaarde het in moderne normatiewe howe het nie, maar dat dit die inhibisies van 'n samelewing vorm en ook beïnvloed. Inhibisies is nie tasbaar nie, maar is die individuele inherente beheer wat 'n kollektiewe samelewing skep. Ek huldig die nederige opinie, dat die bybelverhale en die soms, sombere liturgiese bevestiging as kollektief, die samelewing kollektiewe gewete vorm en bevestig.

  • Beste Red-na-Gael, dan bestaan die vlieënde Spaghettimonster mos ook. Drake moet ook bestaan, want die Bybel beskryf vuurrooi, vlieënde drake. Tag, ek sal darem daarvan hou om 'n pratende slang te kry, en jy moet jou bed hoog op bakstene opbou sodat die tokkelossie snags regop kan deurloop.

  • Tiens Pretorius

    Ek glo daar is net een allesomvattende Goddelikheid in die heelal. Al die ander is mensgemaakte afgode.

  • Beste FC Boot,
    Ek dink jy het ‘n ernstige probleem met die Bybel. Jy weet dat dit die heilige boek van die Christendom is, en as Christen moet jy aan die waarheid daarvan vasklou, maar aan die anderkant weet jy dat dit geskryf is vir die mens van 3000 jaar gelede.
    Die Bybel is slegs die Christen se heilige boek en geen van die heilige boeke het enigsins betekenis vir die ateïs nie, behalwe miskien letterkundige waarde.
    Die mens sondig as hy nie die wette van sy god gehoorsaam nie. Daarom kan die ateïs nie sondig nie.
    Jou skrywe van 21-02-18 hierbo se 11-18 het net betrekking op die Christen.

  • Openbaringe is nou werklik vol gif. Jy MOET die gode liefde betoon. En so gaan dit aan. Grusaam. Dis mos afdreiging en geensins liefde nie. Genugtig. En in elk geval - die stories dui als op mitologie. Als opgemaak in mense se verbeeldende koppe. Maar nou ja. Ons weet nie, behalwe wat die wetenskap bewys: ons denke sit in ons breine en sonder dit kan ons nie dink nie. Hopelik is ek verkeerd en land ek iewers wonderliks. Maar ek sal maar moet wag en sien wat goeie mense verdien.

  • Beste Angus

    Jy sukkel nog steeds met die sonde begrip. Dus dieselfde antwword as elders geplaas.
    Beste Angus
    "Dan sal ek jou aanraai om die woordeboeke te gebruik wat die antieke mense gebruik het. Jou probleem is dat jy 'n nuwe betekenis wil heg aan iets wat so oud soos die mensdom is.
    Die begrip strek terug oor eeue en kulture. Dit is dus nie net 'n Christelike of net 'n teologiese begrip, want dit het onstaan lank voor dit.
    Lees gerus https://www.jewishvirtuallibrary.org/sin
    Waar die inleidende sin lees: "In biblical Hebrew there are about 20 different words which denote "sin." It may be inferred, therefore, that the ancient Israelites had more concepts expressing various nuances of sin than Western thought and theology. "
    Kyk jy na die voorloper van 10 gebooie wat jy vind in From the Egyptian Book of the Dead, the 42 Principles of Maat, commonly known as the “Negative Confessions.”

    I have not committed sin.
    I have not committed robbery with violence.
    I have not stolen.
    I have not slain men or women.
    I have not stolen food.
    I have not swindled offerings.
    I have not stolen from God/Goddess.
    I have not told lies.
    I have not carried away food.
    I have not cursed.
    I have not closed my ears to truth.
    I have not committed adultery.
    I have not made anyone cry.
    I have not felt sorrow without reason.
    I have not assaulted anyone.
    I am not deceitful.
    I have not stolen anyone’s land.
    I have not been an eavesdropper.
    I have not falsely accused anyone.
    I have not been angry without reason.
    I have not seduced anyone’s wife.
    I have not polluted myself.
    I have not terrorized anyone.
    I have not disobeyed the Law.
    I have not been exclusively angry.
    I have not cursed God/Goddess.
    I have not behaved with violence.
    I have not caused disruption of peace.
    I have not acted hastily or without thought.
    I have not overstepped my boundaries of concern.
    I have not exaggerated my words when speaking.
    I have not worked evil.
    I have not used evil thoughts, words or deeds.
    I have not polluted the water.
    I have not spoken angrily or arrogantly.
    I have not cursed anyone in thought, word or deeds.
    I have not placed myself on a pedestal.
    I have not stolen what belongs to God/Goddess.
    I have not stolen from or disrespected the deceased.
    I have not taken food from a child.
    I have not acted with insolence.
    I have not destroyed property belonging to God/Goddess

    Jy vind dus oortredings op drie terreine,jou medemens,jou regering en jou god.

    Omdat jy sê God bestaan nie, dis 'n menslike skepping, oortree jy nog teenoor jou medemens en regering. Jy is dus 'n oortreder, 'n sondaar, iemand wat afgedwaal het.
    En dit Angus is die mens vanaf die begin tot die einde.

  • Beste FC Boot,
    Nee, ek sukkel glad nie met die begrip sonde nie. Dis jy wat so kleitrap, want jy klou vas aan antieke woordeboeke se verklarings.
    Ons lewe nou in die 21ste eeu, en sedertdien het taal heelwat verander soos weerspieël word in moderne woordeboeke. Vandag is sonde deur en deur ‘n teologiese begrip. (Behalwe natuurlik as Langenhoven nog sonde met die bure het.) Elke woordeboek sal vir jou sê Sonde is die oortreding van God se wette. Jy sê dit in alles wat jy skrywe (en dan ontken jy dit, seker net omdat ek gesê het dis ‘n teologiese begrip.) Jou internetverwysing bewys dit ook deur onder andere die 186 bybelverwysings daarin. As jy nog nie verstaan nie, dink aan wie straf iemand wat sondig, en wie straf iemand wat ‘n landswet oortree. Jy kan gerus die woord ‘sin’ google en kyk wat sê hulle.
    Die enigste oortredings van die wet wat ek nog ooit begaan het, was dat ek boetekaartjies gekry het vir te vining ry (twee van hulle) en vir onwettige parkering toe ek haastig was. Regter/god FC Boot se vonnis is: “Jy is dus 'n oortreder, 'n sondaar, iemand wat afgedwaal het.”
    Groetnis

  • Hans Richardt

    Dis sonde om goed te doen wat jou inhibisies verlaag. Dis ook sonde om ander te oordeel, bv om inboorling te oordeel in Amasone as sondaar, want sy norme en standaarde verskil radikaal, maar jy oordeel as ongeïnisïeerde in stam.
    Jesus het gesê, toe hul vrou met klippe wou doodgooi, laat die ou wie nog nooit gesondig het nie, klipgooi... Wit leuentjies en sosiale maskers is ook sonde, sosiale maskers/verdedigingsmeganismes bv status, kennis, geld ens is ook sonde.
    Dis ook sonde om ander deurentyd te oordeel as mens, op subjektiewe persoonlike waardes.

  • Beste Angus

    Jy sukkel omdat jy dink dat, omdat ons nou in die 21ste eeu lewe, die begrip 'sonde' verander het nie. Dit is egter waar jy die pot mis sit. want tyd kan dit nie verander nie.
    As jy nou mooi geluister het sou jy agtergekom het dat sonde nie net beperk is tot wat jy dit probeer reduseer nie. Dit is 'n begrip wat sy onstaan het lank voor godsdiens en teologie.
    Jou bewering dat dit tot die vlak van godsdiens en dus Christene beperk is, is dus 'n valse aanname. Sonde strek oor al die fasette van die menslike samelewing en dit gaan so bly tot die einde.

  • Hans Richardt

    Verby die katedrale? In ons tyd het kerke gefloreer in SA, want dit was deel van jou gemeenskapmaskers, nl diaken/ouderling in kerk, junior /rapportryer/ broeder... Jou vergoeding en bevordering by werk was dikwels gekoppel aan jou leiereienskappe in die gemeenskap en SAW en nie werklik wat jy kon doen in werk nie.
    Nou is kerke leeg en baie verkoop en gesloop of soos in Europa en Israel, besienswaardighede. Die Siriese Yashidi het ’n pre-bybelse geloof, het hul dooies se lyke in arena gelos vir aasvoëls...
    Ek dink dat te veel letterlike geloof bestaan rondom opstanding en kontraversionele wegraping. Een man se inhibisies, is nie noodwendig soos voorgeskryf deur die samelewing norme en standaarde nie, maar so was ook bv tollenaars. Die bybel was nie vir "vooraanstaande Fariseërs" van die samelewing nie, maar vir mense soos Job, Naomi en ook Judas. Dalk nie regverdiges volgens FC Boot nie, maar almal deel in groter plan.
    Wie kan sê jy is verkeerd oor wat jy glo, want dis tog nie kollektief se taak om voor te skryf aan individu nie?

  • F.C
    Ek wonder in watter jaartal ou Angus homself nou bevind (ons leef in die "Bybelse" se jaartelling.
    Wat van die dae van die week - dis mos na gode vernoem. Ou Angus aanvaar mos niks wat enigsins op gode gebaseer is nie.
    Wat van die vakansiedae. Hy moenie vir ons te vertelle het hy sit dan op kantoor nie.
    Hy's heel verlore die ou.

  • Tiens Pretorius

    Die sg spaghettimonster is ook 'n denkbeeldige afgod geskep deur mense wat dit dan vrees.

  • Beste Raed-na-Gael,
    Toe ons kalender, die Gregoriaanse kalender, gemaak is, was alle wetenskaplikes, sterrekundiges, wiskundiges, Rooms-Katolieke. Dis dus te verstane dat dit na Bybel ruik. Dit is egter bruikbaar en word die hele wêreld deur gebruik, tot vandag toe. Ons lewe egter nie meer in die tyd toe dit ontstaan het nie; ons lewe in ‘n moderne tyd, die 21ste eeu. Dat die kalender ‘n anachronisme is, kan ek nie verhelp nie. Ek moet maar met die stroom saamgaan.
    Volgens jou skrywe wil dit voorkom of jy vakansiedae lewe volgens die naam van daardie dag. Laat my asseblief tog weet wat doen jy op: Nuwejaarsdag, Menseregtedag, Familiedag, Vryheidsdag, Werkersdag, Jeugdag, Vrouedag, Erfenisdag, Rekonsiliasiedag, en Welwillendheidsdag? Ek laat die twee Christelike dae uit, want dan sit jy seker in die kerk: Goeie Vrydag eet jy seker Paaseiers, en op Kersdag hang jy seker jou kous op. Dit sal nogal interessant wees.
    En dan die dae van die week! Aanbid en gehoorsaam jy elke dag van die week ‘n ander god? Die god van die Bybel sal jou mos lelik straf.

  • Beste Hans,
    Jy vat alles so mooi saam: gemeenskapmaskers!! Dis die woord wat ek gesoek het. “Ouderling” is die gemeenskapmasker wat ek gedra het, met veel meer moeite as die ou goedjies wat ons opsit vir die virus.
    Ek stem saam: niemand kan vir iemand sê dit wat hy glo is verkeerd nie. Niemand kan my ook dwing om die bonatuurlike te aanvaar as die werklikheid nie.

  • Hans Richardt

    Angus, dis wat mense nie wil verstaan wat jou nou wil bekeer met Romeinse keiserkalender nie. Daar is baie vrae rondom Hebreeuse, kalender bybelse gebeure wat nie heeltemal in pas by die Gregoriaanse kalender nie. Dit daar gelaat, geloof en kerk is op individue gebaseer, elk met karaktermaskertjie van eie oortuiging en die feit dat alles genade van universele Skepper is, word misken, selfs oorlog in die naam van iets waaroor mense net spekuleer en postuleer, gemaak.
    Ek glo in die Skepper en dis lekker om Sondae na die gemeenskap van gelowiges met my denim en velskoene te gaan. Dis my vrye keuse, nie sosiale plig nie.

  • Angus,
    Die Skrif gelas my ook om die keiser te gehoorsaam, soos om die keiser se vele vakansiedae teensinnig om te 'loaf' en sodoende die wisselkoers op te moer. Al wat nou nog kort is 'huishulpdag' en ek wil nie dat ma-angus 'n skottelgoedwasser moet gaan aanskaf nie.
    Die 'kalender' is ook nie meer 'n anachronisme nie, die keiser sê hy heet nou 2021 ce.
    Nuwejaarsdag ken ek. Eers het ek hom op elke denkbare plek en geleentheid op die hande gedra. Soos hy opgehoop het, het ek hom al stadigaan begin verpes want hy bring almeer ellendes inteenstelling met Kers, Paasvrydag- en Opstandingsdag wat hoop daar stel, iets om na uit te sien.
    Voorspoed vir jou.

  • En net toe ek gehoop het die sonde-begrip is deeglik deurgetrap, verander die rigting weer. En waar begin die verandering tussen mense se twee ore? Dit is waar sonde ook begin, want dink kom voor die daad.

    En die daad is 'n uitvloeisel van die denke, en dit maak die denke sigself sonde, daarom die waarskuwing in Markus 14: "Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak."

    En die vlees is ons natuur - ons word so gebore en was dit nie vir die ingryping van Bo nie, so laat staan.

  • Hans Richardt

    Angus, ek verstaan jou probleem met die ou testamentiese God wat in die kas gesit het. Tog êrens is ateïste ook mense met gesigmaskertjies van ongelowigheid.
    Ek is in Israel deur 'n priester uit 'n kerk gejaag waarin Jesus se graf na bewering is, omdat ek 'n kniebroek, sokkies en tekkies aangehad het. Nou ja, hy het 'n helse tantrum gegooi en met sy kierie woes gestamp op die vloer. Ek was nogals afgehaal, het amper melaats gevoel.

  • Hans Richardt

    Kom ons besluit om te verskil oor die onderwerp. Na alles is elke ou vir sy eie heil verantwoordelik.

  • Hans, ek verskil nie van jou oor die onderwerp nie. Ek stem saam: elke ou is vir sy eie heil verantwoordelik. Nou kan ek (die ateïs) mos in Orania kom nessieskop.

  • Hans Richardt

    Angus, as jy regtig wil. Hier is mense wat glo aan plat aarde en wegraping, so jy sal seker êrens kan vriende maak.

  • Hans, nee, mense wat aan plat aarde en wegraping glo, is Christene. Hulle wil hê ek moet ook soos hulle dink. Ek soek vriende met verstand.

  • Hans Richardt

    Angus, ek kan so half verstaan. My predikant in NHK het 'n preekreeks oor geloofmaskers, oa oor maskers wat skrywers van die verskillende boeke in die Bybel aan hul God-idee gegee het, wat ook vrae laat ontstaan het by gemeentelede. Oor die Almagtige Skepper wat deur die woestyn in 'n houtkis saamgedra was, wat ongelowiges met die banvloek en plae getref het, tot die God van evangelies wat sy enigste Seun op 'n wrede manier aan die houtkruis laat vaskap het, tot Paulus se God van broederliefde. In samehang met sg. gelowiges se persoonlike geloofmaskers, laat mens dikwels net kopskud. Die grootste probleem met die Bybel is dat die teologiese onderbou van rituele van kaballah nie as lewenswyse toegepas word in mono-kultuur nie.
    Tog dink ek dat atteïsme ook net 'n geloofmaskertjie is.

  • Hans: God in 'n houtkissie? Nee, die ark was eerder 'n ontmoetingsplek, waar sy teenwoordigheid in besonder aanwesig was. Die psalmis verklaar:
    The Lord is high above all nations,
    and his glory is above the heavens!
    Who is like the Lord our God,
    who is seated on high,
    who looks far down
    on the heavens and the earth? (Ps. 113:4–6)

  • Hans, ateïsme steek niks weg nie, bevraagteken alles, toets alles aan die waarheid, glo niks, en ontmasker die onkunde, die geloof, die bygeloof en bonatuurlike.

  • Julle moet by Angus uitvind waar hy staan.
    Interessant dat Angus se "geloof" n oorsprong in 'n geloof het.

    "Onderskeiding tussen Sterk en Swak Ateïsme​[wysig | wysig bron]
    Sterk Ateïsme: (Positiewe Ateïsme) Die standpunt dat daar rede is om te glo dat god/gode nie bestaan nie. Dit kan ook die standpunt inneem dat dit logies onmoontlik is dat god/gode bestaan.
    Swak Ateïsme: (Negatiewe Ateïsme) Die standpunt dat daar geen rede is om te glo dat god/gode wel bestaan nie. Hierdie siening hou verband met agnostisisme wat glo dat jy nie kan kennis dra van die bestaan van god/gode nie.

    Geskiedkundige oorsig​[wysig | wysig bron]

    Die vroegste vorme van ateïsme kom in ou Indiese geloofstelsels soos die Djainisme, Samkhya en die oorspronklike Boeddhisme voor. Alhoewel die laasgenoemde nog na gode verwys het, het hulle net soos die mens deel uitgemaak van die wêreldlike kringloop van bestaan en vergaan en het dus geen rol by die menslike verlossing gespeel nie.

    In die antieke Griekse filosofie het voor-Sokratiese filosowe soos Demokritos en Kritias in hulle werke reeds 'n wetenskaplike ateïsme ontwikkel wat gode as 'n menslike uitvinding ontmasker het. Volgens hulle was gode slegs 'n doeltreffende afskrikmiddel wat ingespan is om die morele orde te handhaaf. Die Griekse ateïsme was oor die algemeen 'n persoonlike oortuiging van 'n klein aantal intellektuele denkers, terwyl die lewensgevoel van die meeste mense in die antieke oudheid nog steeds deur natuurgodsdienstige ervarings oorheers is.

    Tydens die Europese Middeleeue kon daar nie sprake wees van 'n eksplisiete ateïsme nie, alhoewel daar vanaf die 13de eeu in toenemende mate kritiek op kerklike leerstellings gelewer is. Siger van Brabant het hom byvoorbeeld onder die invloed van Averroes se Arabiese Aristoteleskommentaar teen die kerklike skeppings- en sieleleer uitgespreek.

    In die Westerse filosofie is die ateïsme later tot 'n duidelik geformuleerde algemene oortuiging ontwikkel. In die algemeen word daar drie hoofoorsake vir die ontstaan van ateïstiese oortuigings in die Westerse wêreld aangevoer:
    Die Christelike skeppingsgeloof het tot 'n desakralisasie en ontgoddeliking van die natuur gelei.
    Die ontwikkeling van die moderne wetenskappe, veral die natuurkunde, het die wêreld verklaar sonder om 'n goddelike wese as sy oorsprong voor te stel. Uit die aanvanklike metodiese ateïsme het later doktrinêre ateïsme van sommige filosowe van die Franse Verligting soos Voltaire, die 19de eeuse materialisme van Duitse denkers soos L. Büchner en E. Haeckel en die dialektiese materialisme of Marxisme van Friedrich Engels ontwikkel.
    Die ontwikkeling van die moderne humanisme het daartoe gelei dat die geloof aan 'n goddelike wese as nie meer versoenbaar met die vrye selfverwesenliking van die mens beskou is nie. Die Duitse filosoof Ludwig Feuerbach het net soos die Marxistiese ateïsme, wat uit sy leerstellings voortgespruit het, en die eksistensialistiese filosofie van die Franse wysgeer Jean-Paul Sartre god as niks meer as 'n "mededinger" beskou nie."
    Ge -"paste" uit Wikipedia.

  • Hans Richardt

    Angus, kry ek vrae afgelope Sondag na nagmaal.
    Wat ek waardeer oor al ons gesprekke oor jare hier op LitnNet, is dat ek nou met bietjie meer kennis kyk na ons Sondagskoollesse oor kerkhervormers. Ook waardeer ek ons destydse verpligte Dopperkunde by PUK om te kon graad vang. Ek luister nou na bv. die tipe nagmaalformulier wat ons geleerde professor gebruik het en die manier waarop hy die nagmaal laat verloop het.
    Ons as Calviniste met John Knox se tradisies, het Sondag nie verstaan wat gebeur het toe die prof die nagmaaltafel as tipe altaar, met Lutheraanse liturgiese benadering gebruik het. Volgens dit het ons Jesus geēet Sondag, instede van sy nagedagtenis as gemeente te vier, met Pasga as tipe nagmaal.
    Daardie twee terme, transsubstansiasie van Katolieke en Lutherane vs konsubstansiasie van ons Calvinistiese tradisie, met John Knox se liturgiese gebruike uit die Presbiteriaanse gebruike.
    Alles tog menslik geskrewe voorskrifte rondom tradisionele gebruike.

  • Hans Richardt

    Raed-na-gael, nee soos die Katolieke en Lutherane, wie voorstaan en dan hul liturgie lees, terwyl ons in banke bly sit. Maw dit was nie 'maal' soos ons Calviniste ken nie. Tradisionele gebruike vs dit waaroor hervorming gegaan het, genade-gedenkdiens instede van viering van offerande.

  • "Daar is seker min onderwerpe waaroor daar soveel verwarring bestaan as die vraag: 'Wat beteken dit om gereformeerd te wees?' Vir baie gelowiges beteken dit iets negatief. Sommige koppel die woord “gereformeerd” aan die vorige politieke bestel wat in Suid-Afrika aan die orde was. Ander koppel gereformeerdwees aan konserwatisme of tradisionalisme. ʼn Gereformeerde, volgens sommige, volg die ou tradisies en gewoontes waarmee ons grootgeword het! Nog ander koppel gereformeerdwees aan ʼn bepaalde vorm van erediensinkleding. Dinge soos styfheid en doodsheid kom dan in die gedagtes op. Alles wat vernuwing teenstaan — dit is gereformeerd, so dink sommige mense".
    Maar Hans - om geformeerd te wees is om hierdie naweek jou aandag op Jesus Christus te vestig.

  • Beste Hans,
    Of dit nou transsubtansiasie of konsubstansiasie of enige ander stansiasie is, vir my bly dit nog maar sinoniem met kannibalisme. “A rose by any other name would smell as sweet,” het Shakespeare mos via Juliet gesê. Nee wat, Hans, die filosofie is dood en daarmee ook die teologie, hoe geleerd 'n mens dit ookal wil laat klink. Daardie bottel bloed is na die gefuif tog maar net lekker goedkoop wyn om die lus in die konsistorie verder te les.
    Dopperkunde aan die PUK is juis die tipe afpersing wat my al die jare goormaag gegee het.

  • Hans Richardt

    Angus, kom ons maak 'n kompromie. Jy kry 'n huis in Vanderkloof, daar hoef jy net by Suidlanders in te pas, jy het'n dam, dan kort jy net dop en ons kan die kunde los, tot ons slim raak...

    Ons praat net nie politiek, godsdiens of rugby saam met dop en dam nie ...

    Die weer is goed hier in die Noordkaap en as jy oor die slaggate kan kom op pad na Bloemfontein, dan is jy mos naby Kovsies ... Of jy kan na Sol Plaatje-universiteit in Kimberley.

    Eendag sal ons seker satellietkampus van Akademia hier kry, by ons Bo-Karoo tegniese opleidingskollege of by die landbou-kollege, waarvan die proefplasie in wording is. Die lekker is, die studente help bou aan hul eie kampusse ...

    Met hoëspoedinternet nou hier, is alles moontlik.

    Ons doen dit in Afrikaans, stil-stil.

  • Beste Hans,
    Vir my kan jy nêrens inpas nie. Die omgewing moet maar by my aanpas. As ons nie oor politiek of godsdiens of rugby kan gesels nie: stel jy dalk belang in die sekslewe van die reuse blouhaaie? Ek ook nie, maar ons kan daaroor gesels as jy wil. Kovsies was nog altyd vir my die vyand en Sol Plaatjie-universiteit klink nie of dit in my smaak sal val nie. Ek sou graag 'n pos wou hê by Akademia, maar dit klink vir my asof hulle ook in bonatuurlike goeters glo. Julle landboukollege sal seer sekerlik ook Darwinistiese evolusie verwerp. Dan is dit vir my neusie verby. Dop en dam is vir my verbode; ek moet maar by die Skotse watertjies hou. So, hoe kom ek nou by Orania uit?
    NS.: Is daar dalk 'n leë erf langs Dominee se Huis-Paleis?

  • Hans Richardt

    Angus, die predikante bly in eenvoudige huise hier.
    Ja, ek weet nie hoe ons jou gaan aanpas nie, dalk oor die sekslewe van Dorperram gesels?
    Ek het vir my Singer- handslinger-naaimasjien vir stikwerk aangeskaf, my vriendin het belowe sy sal my touwys maak met die masjien.
    Ek sien die son steek nou laat kop uit deesdae ...

  • Hans, eenvoud is my wagwoord. Ek verpes tierlantyntjies. 'n Handslinger-naaimasjien werk so eenvoudig; jy het nie eens 'n vriendin daarvoor nodig om jou touwys te maak nie.
    Die son? As dit nie was dat dié ster Maandag sy gesig gewys het nie, sou ek vergeet het wat dit is.

  • Hans Richardt

    Angus, vanaand die handslinger-naaimasjien getoets. Die affêre kan dik materiaal werk en netjies.
    Nou ja, ek voel geseënd, daar is ook genade vir ou sondaars ...

  • Hans, om terug te kom na jou vorige skrywe. Het julle dominees daar? Dis mos 'n luuksheid. Mevroudominee sal nie met 'n eenvoudige huisie tevrede wees nie. En Dominee moet met 'n nuwe MB ry; ten minste 'n E-klas 350 Avantgarde.

  • Hans Richardt

    Angus, ons predikant het sy eie huis gekoop in Vanderkloof. Afgetrede professor Breytenbach. Nie seker van sy kar nie, maar dis nie BMW nie, ons het nie kerkorrel nie...
    Ons sit dit maar akapella in ...
    Ek weet die ou vanaf Bloemfontein ry 'n Cherry SUV. Ons betaal per diens die koste, wat soms tweemaal per maand is.
    Ons het ook nie eie Hervormde kerk of Dopper kerk nie. Die NG kerk is ou sinkgebou en APK is half stene en half plank.
    Een van die privaat kerke het lyksbesorger as pastoor en hul kerk, lykshuis in agterplaas, is langs een van driestoker kroeë, wat oop is op Sondae vir kroegetes. Ons Hervormers gebruik die ouditorium van Orania Beweging as vergunning. Baie gaan nie kerk toe nie, vang vis en braai...
    Dink nogals ons kan vir jou plekkie maak hier...
    Kan jy kruiwa stoot of met graaf en pik werk?

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top