Pasgelaai

Die knieval: Van versetsimbool tot opvoerigheid?

Frederik Rudolph van Dyk Menings 2021-11-04

"Daarom is die berugte foto van Protea-spelers in wisselende liggaamshoudings tydens die Teenrassisme-Gedenkoomblik tydens die T20-Wêreldbekerkriekettoernooi geensins skandalig nie. Die foto beeld in werklikheid die kosbare balans tussen gedeelde basiese gewaarwordinge enersyds en uiteenlopende bolangse politieke denkpatrone andersyds treffend uit."

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Dirk Kotzé

Freek Robinson, Dirk Kotzé Onderhoude 2021-11-03

Dirk Kotzé, ’n politieke kenner, beweer dat die Suid-Afrikaanse kieser identiteitspolitiek begin versaak om belangepolitiek aan te gryp.

Sending as medemenslike lewenswyse – ’n lesersindruk oor die outobiografieë van Koos Oosthuysen en Lucia Oosthuysen

Wilhelm van Deventer Lesersindrukke 2021-11-03

"Terwyl Lucia afsonderlike stories skryf, verpak Koos sy herinneringe in ’n aaneenlopende kronologiese formaat. As egpaar van sestig jaar is dit vanselfsprekend dat hulle boeke gedeelde ervaringe en selfs hier en daar oorvleuelings sal insluit."

Gratis outobiografieë: Koos Oosthuysen se My lewe in drie tale en Lucia Oosthuysen se Dit laat my nie koud nie

LitNet Boeke en skrywers 2021-11-03

Koos, die Bybelvertaler, het as kind beter Xhosa gepraat as Afrikaans, Lucia het tot kort voor sy dood vir Steve Biko tuisonderrig gegee. Hulle verhale is nou gratis beskikbaar.

Hunter Kennedy van Die Heuwels Fantasties gesels oor Volume

Hunter Kennedy, Izak de Vries Musiek 2021-11-03

"Daar is altyd ’n herbesinning aan die gang en ja, ons raak natuurlik ouer. Ons gaan nie ophou musiek maak binnekort nie."

Verkiesing 2021, die Groot Wegbly

Bettina Wyngaard Rubrieke 2021-11-03

"Sewe-en-twintig persent is nie aanvaarbaar nie. Dit kan nooit wees nie. Ons verdien beter."

Wamuwi Mbao reviews Wild imperfections, compiled by Natalia Molebatsi

Wamuwi Mbao Books and writers 2021-11-03

"This remarkable collection runs to 200 pages of poems by 40 black women, some of whom are familiar crowd-drawers – think Nikki Giovanni, Gabeba Baderoon, Warsan Shire – while others have smaller but no less committed audiences."

Op die man af – Freek Robinson lig die sluier oor ’n vol, opwindende lewe

Freek Robinson, Melt Myburgh Skrywersonderhoude 2021-11-03

"Tydens ’n nuuskonferensie in die Franse hoofstad het Madiba verrigtinge onderbreek toe hy vir Freek in die perskorps gewaar. Net daar, omring deur die wêreldpers, het Mandela vir Freek gegroet en hom vertel hoe hy hom in die tronk op TV dopgehou het."

Dwaalstories

Anna-Karien Otto Poësie 2021-11-03

"My oupagrootjie Jan
het ’n man doodgeslaan
Hy verskyn in die hof
Sy hand word as gevaarlike wapen verklaar."

#kouekoffie: ’n Onderhoud met Carla Lang

Naomi Meyer, Carla Lang Skrywersonderhoude 2021-11-02

"Selde dat ek ’n warm koppie koffie of tee gedrink kry. Ek is seker baie ma’s kan vereenselwig."

“Sielvoeding sal plaasvind” | Brumelda Bell oor Die liedjiemakers en die Suidoosterfees-inry

Brumelda Bell, Izak de Vries Suidoosterfees 2021-11-02

"Die gehoor gaan inspired wees. Wie weet, miskien is een van die liedjies wat ons doen die rede waar ’n persoon se lewe change in iets positive."

Die meisie met uitroeptekens in haar oë vir tieners: Jaco Jacobs oor sy storie, "Die meisie met uitroeptekens in haar oë"

Naomi Meyer, Jaco Jacobs Skole 2021-11-02

"Dit gaan oor Kieran wat op ’n dag ’n jong graffitikunstenaar met rooi sneakers ontmoet wat hom met nuwe oë na sy baie geordende, deeglik-beplande lewe laat kyk. Dit gaan daaroor om nie bang te wees om met uitroeptekens te lewe nie."

Press release: OOOTH releases Who cares what you think – Acoustic live DVD

LitNet Lifestyle and entertainment 2021-11-02

OOOTH launched their full Who cares what you think – Acoustic album online and at the same time Jason Oosthuizen decided to take on another pay-it-forward initiative, this time to raise awareness for gender-based violence and farm murders in South Africa. On the night they managed to raise just over a quarter million rand for these two causes.

Press release: The Island Prize for debut African novelists

LitNet Books and writers 2021-11-02

Karen Jennings, Holland House Books and Karavan Press are delighted to announce a new competition for debut novelists from Africa: The Island Prize. 

Anschen Conradie resenseer Op ’n mooi dag deur Irna van Zyl

Anschen Conradie Resensies 2021-11-02

"Aanvanklik is die leser net so in die duister soos Kristien: Wie het die moord gepleeg en waarom? Waar is Louw?"

Die meisie met uitroeptekens in haar oë vir tieners: Annelie Ferreira oor "Betyds"

Naomi Meyer, Annelie Ferreira Skole 2021-11-02

Die meisie met uitroeptekens in haar oë is ’n lekkerlees-boek vir tieners. Onderwysers kan die stories in die klas aanwend as hulle op soek is na voorbereide leesstukke of begripstoetse. Annelie Ferreira praat oor haar verhaal en die twee hoofkarakters wat duisende kilometer van mekaar bly.

Press release: Suidoosterfees drive-in | Eminent voices, new talent | Persverklaring: Die liedjiemakers bring bekendes en nuwelinge bymekaar

LitNet Suidoosterfees 2021-11-02

 “Mense kan gereed maak vir ’n wonderlike ervaring. Die musiek is beeldskoon, eerlik en onpretensieus." | "People should prepare themselves for an unforgettable experience. The music is splendid, authentic and captivating."

Squid game: ’n resensie

Leon van Nierop TV 2021-11-02

"Wees dus gewaarsku: Dis ’n reeks wat soos ’n parasiet stadig maar seker op jou groei, jou verlei en mislei, en uiteindelik oorbluf laat. Want hierna het selfs ek dit moeilik gevind om weer ’n reeks te vind wat so vindingryk en oorspronklik is. Maar op sosiale vlak is dit bitter gevaarlik ..."

Papryp papajas en pitte

Karen Hart Kos en wyn 2021-11-01

"Maar die heel, heel lekkerste bly die papajablatjang wat ek gekook het van papajas wat so ampertjies op die komposhoop beland het. Ek het net een klagte – die flessie hou nie lank nie."

Leeftye sonder jou

Danielle Leonhardt Poësie 2021-11-01

"En Poseidon en Eirene het saam met my op dolfyne geswem 
Jesus het al vir my op die bongo’s gespeel 
Met ’n boemelaar het ek al my diepste geheime gedeel"

Top