Pasgelaai

Pil

Chase Rhys Stemme | Voices | Amazwi 2023-08-16

Vir Stemme, LitNet se dialoogprojek saam met die Suidoosterfees, NATi en die ATKV, is tien dramaturge genader om kort dialoë te skryf. Twintig akteurs is gevra om daarin te speel en tien regisseurs het elkeen ’n stuk afgerond. In Chase Rhys se dialoog Pil vertolk Enrico Hartzenberg en Morné Steyn die rolle. Basil Appollis was in die regisseurstoel.

Philip de Vos (1939–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2023-08-16

Philip de Vos: “Rym is vir my baie belangrik. Ek maak kombinasies met rymwoorde, en dan kry ’n mens allerhande belaglike ryme wat jou op ’n spoor bring."

LitNet | STAND-teaterresensieslypskool: aankondiging | announcement

LitNet Slypskole 2023-08-16

LitNet is bly om die deelnemers en mentors van die LitNet | STAND-teaterresensieslypskool aan te kondig. | LitNet is pleased to announce participants and mentors to the LitNet | STAND theatre review workshop.

Pasverskyn: Decima deur Eben Venter

LitNet Boeke en skrywers 2023-08-15

Eben Venter se boek kombineer outofiksie, fabel, ’n speurverhaal en die wetenskap, en is ’n dringende pleidooi vir die bewaring van een van die wêreld se megaherbivore. Decima is ’n elegiese werk vir baie stemme waarin die skrywer die aard van verlies in sy vele gestaltes besing en besweer.

Nuut by Umuzi: Sluitstuk deur Johann Rossouw

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2023-08-15

Drie jaar ná die dood van een van Afrikaans se grootste skrywers kom ’n Nederlandse vrou Suid-Afrika toe om navorsing vir ’n biografie oor sy lewe te doen. Sy besoek die skrywer se voormalige vakleerling om meer oor die enigmatiese figuur vas te stel – bykans dertig jaar nadat die twee mans se weë pynlik geskei het.

The Beauty Queen of Leenane: Vir twee uur is ook jy vasgevang in Ierland

Maryke Roberts Teater 2023-08-15

"Die klipmure laat voel jou onmiddellik soos ’n besoeker in ’n klein Ierse kliphuisie en met die openingstoneel waar water teen die mure afkartel en patroontjies maak, sak die mistroostigheid en koue amper oor alles neer."

Nuut by Umuzi: Lokval deur Bettina Wyngaard

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2023-08-15

Die plot knoop met elke kinkel stywer vas. Roosbome in die tuine van hooggeplaastes verberg die afgryslikste geheime. Voor hul oë neem mensehandel skrikwekkende afmetings aan.

Onthou die gevare van ongeërgdheid

Frederik Rudolph van Dyk Menings 2023-08-15

"Die diskoers rondom die jongste weergawe van die lied was weer eens uiteenlopend, maar hierdie keer tog anders. Daar is ’n besliste verandering in die weerklank. Meer meningsvormers wat gewoonlik die bovermelde soort oordele gevel het, was aansienlik meer krities teenoor Malema."

Ubuntu? Nie solank Zuma ons regstelsel as sy speelbal gebruik nie

Bettina Wyngaard Menings 2023-08-14

"Is ubuntu dan nie presies om absolute gelykheid voor die reg te verseker nie?"

Persverklaring: Wenner van Ingrid Jonker-prys aangekondig

LitNet Boeke en skrywers 2023-08-14

Dit is vir die pryskomitee ’n voorreg om vanjaar se wenner aan te kondig.

Persverklaring: Kortlyste vir kykNET-Rapport-boekpryse 2023 bekend

LitNet Boeke en skrywers 2023-08-13

Altesaam 86 inskrywings is ontvang vir die vier boekpryse, wat ten doel het om erkenning te gee aan Afrikaanse skrywers en hulle aan te spoor om gehalteskryfwerk in hul moedertaal te lewer.

LitNet: Staakseisoen

LitNet Nuusbrief 2023-08-11

LitNet: Staakseisoen

Theoretical foundation for the design of a pronunciation application model aimed at foreign language speakers of Afrikaans (part 2 of a three-part series)

Jaydey Sass, Elbie Adendorff Academic research 2023-08-11

"This article is the second of three which reports on research that was undertaken by the first author for a doctorate study. The first article sets out the research methodology for this study. In the third article we focus on the model on which the gamified pronunciation application can be developed. In this article we provide the theoretical foundation for the design of a gamified application model for pronunciation aimed at foreign language speakers of Afrikaans."

Teoretiese begronding vir die ontwerp van ’n uitspraaktoepassingsmodel gemik op vreemdetaalsprekers van Afrikaans (deel 2 van ’n drieluik)

Jaydey Sass, Elbie Adendorff LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2023-08-11

"Hierdie artikel is die tweede van drie wat verslag lewer oor ’n navorsingstudie wat deur die eerste skrywer vir ’n doktorale studie onderneem is. Die eerste artikel verskaf die navorsingsontwerp vir die studie. Dié artikel behels die uiteensetting van die teoretiese begronding van ’n gespelifieerde uitspraaktoepassingsmodel vir Engelssprekende studente wat Afrikaans as ’n vreemde taal aanleer. In die laaste artikel plaas ons die fokus op die model waarop ’n gespelifieerde uitspraaktoepassing ontwerp kan word."

Behind the screen: Research methodology for the design of a pronunciation application model aimed at foreign language speakers of Afrikaans (part 1 of a three-part series)

Jaydey Sass, Elbie Adendorff Academic research 2023-08-11

"This article is the first of three which reports on research that was undertaken by the first author for a doctorate. It sets out the research methodology for this study. The second article provides a theoretical background of a gamified pronunciation application model for English-speaking students learning Afrikaans as a foreign language. In the third article we focus on the model on which development of the gamified pronunciation application can be based."

Agter die skerms: Navorsingsmetodologie vir die ontwerp van ’n uitspraaktoepassingsmodel gemik op vreemdetaalsprekers van Afrikaans (deel 1 van ’n drieluik)

Jaydey Sass, Elbie Adendorff LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2023-08-11

"Hierdie artikel is die eerste van ’n drieluik wat verslag lewer oor ’n navorsingstudie wat deur die eerste skrywer vir ’n doktorale studie onderneem is. Dit sit die navorsingsmetodologie vir die studie uiteen. Die tweede artikel verskaf die teoretiese begronding van ’n gespelifieerde uitspraaktoepassingsmodel vir Engelssprekende studente wat Afrikaans as ’n vreemde taal aanleer. In die derde artikel plaas ons die fokus op die model waarop ’n gespelifieerde uitspraaktoepassing ontwerp kan word."

"Wees geduldig, maar wees braaf": Anton Kannemeyer se raad aan jong kunstenaars

Jannike Bergh, Anton Kannemeyer Kuns 2023-08-11

"Afrikaners het van nature ’n innerlike begrip vir verset. Altans die tipe Afrikaners wat ek altyd interessant gevind het." Anton Kannemeyer gesels oor Bitterkomix 19, sy solo-uitstalling binnekort by die Toyota US Woordfees, uitdagings vir jong kunstenaars en die kuns van verset in ’n nuwe swygkultuur.

Kokkedoor: vuur en vlam – ’n onderhoud met Kobus Botha

Naomi Meyer, Kobus Botha kykNET Portaal 2023-08-10

"Die nie-lekker-nie was die medisinale koeksoda na party proesessies. En selfs as ons ’n professionele afstand probeer hou van die deelnemers, is daar hier en daar een wat jy weet jy gaan mis wanneer hulle huis toe gaan. Die keersy van hierdie proses is die plesier wat mens kry van die ekstase op die wenners se gesigte."

Momentum Beleggings Aardklop 2023: ’n onderhoud met kunskurator Dineke van der Walt

Naomi Meyer, Dineke van der Walt Aardklop 2023-08-10

"Visuele kunste praat met kykers in ’n unieke, nieverbale taal. Die gesprekke, gedagtes, herinneringe en idees wat visuele kuns ontlok, strek dus oor kultuur- en taalgrense heen."

LitNet en die Langenhoven Gedenkfonds se wetenskapfiksiekompetisie

LitNet Skryfwerk 2023-08-10

LitNet en die Langenhoven Gedenkfonds het alle skrywers uitgedaag om ’n wetenskapfiksiekortverhaal voor te lê vir publikasie.

Top