Pasgelaai
Oppenheimer: ’n filmresensie
2023-08-08"Eintlik gaan Oppenheimer veral oor die geniale fisikus se hoed. Opmerklik dat hy een van die min karakters is wat ’n hoed dra in ’n era toe alle mans met hoede gespog het. Dit isoleer hom nie net visueel van die menigte koue wetenskaplikes wat hom omring of leegtap nie; dit skerm soms gedeeltes van sy gesig of oë af. Maar wanneer Nolan hierdie veelbesproke figuur in fokus kry, pen sy ysblou oë jou teen die muur vas."
Graad 8: Wiskundevraestel en memo, derde kwartaal
2023-08-08Dis ’n week met ’n vakansiedag; wie’s lus om hulle oor Wiskunde te bekommer? As jy in graad 8 is en jy wil nie dat breuke jou hoofbrekens besorg nie, laai hierdie gratis Wiskundevraestel deur Lee-Ann West af. Maak sommer ’n pizza en kyk wie het al ’n derde van hul pizza geëet ... As jy aanhou oefen, verorber jy uiteindelik jou eie kommer stukkie vir stukkie en kry goeie punte in hierdie toetsreeks.
Elders gesien: Die Napier-Ekspedisie, aangebied in die skrywer Wilma Stockenström se geboortedorp
2023-08-07"Op pad, in die mis, het ek ’n noue ontkoming met ’n tarentaal of twee gehad, maar ’n literêre fees wat met skons en room en ’n trekkeroptog begin, verdien my aandag."
Klein, maar wonderlik: ’n lesersindruk van Claire Keegan se Small things like these
2023-08-07"Wanneer Furlong egter een snerpende oggend ’n meisie in die steenkoolhok ontdek, klop hy aan by die klooster en word dadelik vertel dat sy wegkruipertjie gespeel het. Hy kry warm tee en koekies, plus ’n Kerskaartjie met ’n allemintige 50 pond daarin."
Terugvoer oor die tweede Cape Flats Stories: ’n oorsig deur Christa Kleynhans
2023-08-07"Chenal Kock-Collins, Christine Collins, Kelly Pockbas en Barend van der Merwe het die slypskool oor die evolusie van Afrikaaps na Afrikaans, van skinderstorie na storievertel bygewoon."
Persverklaring: Fotografiekursus | Press release: Photography course
2023-08-07Taalmonument en Haarhoff bied gewilde werkswinkels vir beginners en bekwames. | Taalmonument and Haarhoff offer popular workshops for beginners and the experienced.
Persverklaring: Eerste Innibos Boekenaweek in September op Kaapsehoop gehou
2023-08-07Liefhebbers van lees, boeke en woorde moet nie die eerste Innibos Boekenaweek van Vrydag 1 September tot Sondag 3 September op Kaapsehoop misloop nie.
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: in gesprek met René Girard oor die apokalips van ons tyd
2023-08-07"Die eietydse aankondiging van toekomstige klimaatskatastrofes openbaar die einde van die vooruitgangsgeloof, oftewel die idee dat die onbepaalde vooruitgang na die beste sy afsnypunt en sy versadigingspunt bereik het. Ons beweeg nie meer na ’n onbepaalde verbetering toe nie. Ons beweeg deur die afwisseling van orde en chaos, en dít in ’n sirkulêre beweging."
LitNet se Kommadagga-slypskool in samewerking met die Jakes Gerwel Stigting en Huisgenoot: ’n onderhoud met Fourie Botha
2023-08-07"Skryf is ’n werkwoord. Wanneer ’n mens op ’n fiets klim, word jy ’n fietsryer; stap jy by ’n prokureursfirma in, is jy ’n kliënt. Meld jy by die Paulet Huis aan, kyk die mense daar vir jou soos ’n mens na ’n skrywer kyk en moet jy na jouself as ’n skrywer kyk. Jy het opgedaag om jou job te doen, en soos by enige werker is daar ’n doel voor oë."
Oor ’n skrywer, ’n paar films, ’n televisiereeks en ’n resensent, ook ’n lesersindruk
2023-08-07"Nou, nadat ek die drie boeke vinnig na mekaar afgeransel en die films onthou het, moet ek vanselfsprekend weer The drop kyk. En Child 44. En miskien ook weer die eerste seisoen van The wire."
Is die taxistaking die begin van staakseisoen?
2023-08-07"Wie word die ergste getref deur die protesaksies? Die arm mense wat nie oor hul eie vervoer beskik nie. Die mense wat al klaar aan die onderpunt van die samelewing is, word nou vergruis in die borsstampery tussen die taxibase en die munisipaliteit. Kinders wat ’n opvoeding nodig het om ’n beter lewe te kan lei, kom nie by skole uit nie."
Wie versorg die versorger?
2023-08-07"’n Kollega van my wie se ma ’n jaar gelede oorlede is nadat sy lank siek was met Alzheimers, het vir my gesê dat humor dikwels haar redding was. Soms wil jy jou leeg huil oor wat met jou ma, eggenoot, familielid gebeur. Ander kere kan jy maar net lag."
Speech to the Chamber of Commerce and Industry – Coffee Club | Artscape Women’s Humanity Festival 2023
2023-08-04"The overall intention is to promote, celebrate, support and empower women in all spheres, all walks of life, all cultures and capabilities – ultimately, to ensure an equal, balanced society for all, now and in the future."
Persverklaring: ’n heerlike saamkuiergeleentheid met Joan Kruger
2023-08-04Die FAK in die Wes-Kaap nooi jou uit na ’n heerlike saamkuiergeleentheid waartydens Joan Kruger, joernalis, rubriekskrywer en voorheen redaktrise van Sarie, Rooi Rose en Vrouekeur, gesels oor haar navorsing van die aangrypende lewe van Maria du Plessis, née Marie Buisset (1679–1751), Hugenoot en vroedvrou.
Press release: The launch of The fall by Hans Pienaar
2023-08-04Travellers, explorers, meanderers ... come to the launch of The fall by Hans Pienaar.
Nuut by Human & Rousseau: Van vaders en vlugtelinge deur SJ Naudé
2023-08-04Daniël voer ’n trekvoëlbestaan tussen Londen en Kaapstad. Wanneer sy bejaarde pa sterf, bevat dié se testament ’n ongewone klousule: Daniël sal slegs sy deel van die boedel erf indien hy besoek aflê by sy neef Theon, op die ou familieplaas in die Vrystaat.
Graad 9: Wiskundetoets en memo, derde kwartaal
2023-08-04Toe jy in graad 1 was, het alfabetletters beteken jy is besig om te leer lees. Noudat jy in graad 9 is, besef jy dat die alfabetletters ook deel van algebra is. Laai hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann West af en kry jou ABC onder die knie (en kry sommer goeie punte op jou rapport hierdie kwartaal vir Wiskunde daarby).
Living conditions of slaves in the Boland (Western Cape), 1816 to 1834: a reassessment of currently held perspectives based on a new Boland slave database
2023-08-04"What follows is an attempt to examine closely the living conditions of slaves in the rural Boland district, taking as a point of departure the well-documented period of 1816 to 1834, and presenting a reassessment of traditionally held perspectives, based on a recently constructed Boland slave database by this author."
Lewensomstandighede van slawe in die Boland (Wes-Kaap), 1816 tot 1834: ’n herevaluering van bestaande beskouings aan die hand van die Boland-slawedatabasis
2023-08-04"Volgens die Afrikanerdenkbeelde was die slawe-eienaars aan die Kaap meer besorg oor die wel en wee van hulle slawe omdat dit tot die eienaar se voordeel sou wees as sy slawe nie weens mishandeling sou dros of sterf nie."
