
“Vanjaar se Foxwoodfees staan vierkant in ’n weelde van verskillende wêrelde in Afrikaans. Dit beloof om liefhebbers van die kunste ’n ryk geskakeerde ervaring te bied wat konsolideer en die verlede vier én vooruitkyk na nuwe sienings en aanbiedings.” So sê Pieter de Vos, mede-feesstigter en -eienaar van die boetiekvenue, Foxwood House in Houghton, Johannesburg. Vanjaar se fees duur van Vrydag, 20 Oktober tot Sondag, 29 Oktober.
“Daar is die viering van die trots en plesier in Afrikaans wat ervare kunstenaars vir Afrikaanssprekendes bied: Soos Jannie du Toit, komponis, liriekskrywer en sanger in Oppiekitaar, ’n reis deur sy verlede, en Annie Basson, regisseur wat Afrikaanse letterkunde omskep het in onvergeetlike Afrikaanse TV-rolprente. Daarbenewens is Toneelmark Joburg ook deel van vanjaar se fees om te wys wat Afrikaanse verhoogwerk in die nabye toekoms vir gehore sal bied,” sê De Vos en verduidelik voorts: “Op sterkte van haar vakkundigheid as een van Suid-Afrika se bekwaamste regisseurs en haar meesterlike vertolking van Afrikaanse letterkunde wat sorg dat die film die volle verhaal met ál die skrywer se nuanserings vertel, was Annie Basson die aangewese persoon om die regie waar te neem. Sy het in visuele beeld gestalte gegee aan die letterkundige werk: romans en werk van gevierde skrywers soos Pauline Smith, Hennie Aucamp en Wilma Stockenström.
“In teenstelling met regisseurs wat letterkundige werk as basis vir werk gebruik wat hulle eie siening en skepping verteenwoordig, het sy reg laat geskied aan die kompleksiteit van die geskrewe woord en dit filmies ‘vertaal’. Die resultaat is regie ryk aan inhoud soos in drie van die rolprente wat vertoon sal word: Pauline Smith se The Sinner as Die Sondaar, Hennie Aucamp se Hartseerwals en Wilma Stockenström se Uitdraai.
“Die romantiek van ’n wêreld na aan die aarde, gestroop van industrialisasie, verstedeliking en die harde pas in ’n moderne samelewing kry gestalte in Annie Basson se dokumentêre program destyds aangebied as Van Gister en Eergister – van ’n leefwyse wat nog steeds in verafgeleë dele van die land soos in die voorafgaande eeue voortgesit word.
“In pas met nuwe temas vir die opening van die Foxwoodfees, skop vanjaar se verrigtinge af met Jan Groenewald (mede-feesstigter en -eienaar van Foxwood House) in ’n nuwe werk vir die verhoog: Doris van Geduld wie se kerrieresep die wêreld aan die brand steek. Wat is die verskil tussen ‘drag’ en ‘trans’ – soveel antwoorde wat ons in ons tyd moet vind terwyl Doris besin oor kookkuns, liefde en seks, haar huwelik, die dominee, armoede en swaarkry. Doris het haar ma haar genoem: soos in ‘Doris Day’. Que sera, sera, whatever will be, will be, the future is not ours to see .. en nou ja, so was dit ook in Doris se lewe. Só vertel Doris terwyl sy haar wêreldberoemde kerrie vir die huisgaste voorberei,” aldus De Vos.
Vanjaar bied ook ’n fees van visuele kuns: elke kunstenaar met sy/haar eie lewensvisie en tegniese vaardigheid wat van hom/haar ’n nasionale en internasionaal erkende kunstenaar maak. Die uitstalling is saamgestel deur die kunstenaar en aktrise Isabella Mostert.
“So vier ons eintlik nog altyd in Afrikaans fees: ’n taal met toegang tot sy eie én die wye wêreld: met klassieke Afrikaanse songs van S. le Roux Marais in die Foxwoodteater (met die sopraan Anina Wasserman) met Kom Dans Klaradyn…op die aandwind wat wieg oor die vlei.” (Só het die liriekskrywer Cornelius Visser op die stoep van ’n Vrystaatse plaas gesit en dig) - tot die meevoerende passie van bekende klassieke musiek vir opera en operettes in die balsaal van een van Johannesburg se ikoniese simbole van welvaart – Northwards – en die fantasie van animasie aangebied deur DuPreez Strauss in Droomland.
“Die spyskaarte reflekteer die diversiteit wat Suid-Afrikaners met drie verskillende wêrelde in smaak verteenwoordig: drie spyskaarte, een vir die formele tradisionele Sondagmiddagetes, die wêreld van Geduld met tydsaam gekookte kerrie, gebakte patats bedien met plaasbotter, geelrys en rosyntjies en natuurlik die skemerkelkresepte vir die peuselbordjies voor vertonings: kanapees, quiche, salami en gerookte kaas. Daar is natuurlik baie meer, maar vir dié fees is dit so gekies om by verskillende aanbiedings te pas,” verduidelik De Vos.
- Die program vir die Toneelmark Joburg op 4 en 5 November 2023 word later bekend gestel. ’n Volledige aanlyn gids vir meer inligting sal binnekort bekend gemaak word.

Volledige feesprogram
Vrydag 20 Oktober
Doris – ’n nuwe solowerk vir die verhoog geskep en aangebied deur Jan Groenewald.
’n Werk vir mense wat soek na die betekenis van ‘woke’ en ‘trans’. Vir volkome verwarring, woon dié vertoning by. Doris vertel haar lewensverhaal terwyl sy haar beroemde kerriegereg berei.
Dag & Datum: Vrydagaand 20 Oktober
Tyd: 19:00
Toegangsgeld: R120.00
Besprekings: info@foxwood.co.za
Doris se aandete: 20 Oktober
Haar heerlike hoenderkerrie met geelrys en rosyntjies tesame met soetpatats met ’n titseltjie lemoengeur, bedien met plaasbotter en bruin suiker na smaak. Nagereg: Broodpoeding met romerige vla.
Tyd: Ná afloop van die vertoning, van 19:30 vir 20:00
Koste: R90/persoon. Besprekings noodsaaklik..
Besprekings: info@foxwood.co.za
Bespreek vir die ete (R90) of die vertoning (R120), of albei tesame vir R200.00
Saterdag 21 Oktober
Hello Summer – ’n kunsuitstalling ter viering van Suid-Afrikaanse skilders. In alfabetiese volgorde:
Annebel Joubert
Bevan de Wet
Francois Coetzee
Isabella Mostert
Karin Preller
Marinus Haakman
Marius Meyer
Monica van den Berg
Phillip Heenop
Tamara Osso
Wessel van Huyssteen
Opening van uitstalling: Saterdagoggend, 21 Oktober
Tyd: 11:00
RSVP info@foxwood.co.za
Uitstalling duur van 21 Oktober tot 2 Desember 2023
Middagete 21 Oktober
Doris se spyskaart, met haar kerriegereg met geelrys en rosyntjies tesame met soetpatats met ’n titseltjie lemoengeur, bedien met plaasbotter en bruin suiker na smaak. Nagereg: Broodpoeding met romerige vla.
Tyd: 12:30 vir 13:00
Koste: R90/persoon. Besprekings noodsaaklik.
Besprekings: info@foxwood.co.za
Annie Basson – meesterregisseur
Die viering van Suid-Afrikaanse letterkunde in klassieke Afrikaanse TV-films.
Film 1 in ’n feesreeks van 4: Hartseerwals
’n Enkeldrama, ’n storie van Hennie Aucamp.
Die akteurs was arm bywoners.
Die hoofrol, Hetta, is gespeel deur Estelle Venter. Sy is die enigste kind van die bywoner. Hulle nuwe buurman (ook ’n bywoner) se vrou is oorlede. Hetta was vet en dom, maar kóók, dié kon sy.
Dag & Datum: Saterdag 21 Oktober
Tyd: 14:30
Toegangsgeld: R80.00
Besprekings: info@foxwood.co.za
Oppiekitaar – Jannie du Toit
’n Reis met kitaar en sang deur Jannie du Toit se lewe as kunstenaar. Sy liedkuns word deur die jare gekenmerk deur keurige tekste, vindingryke akkoordgebruik en, nou meer as ooit tevore, deur sy bedrewenheid op die kitaar.
Dag & Datum: Saterdagaand 21 Oktober
Tyd: 18:00
Toegangsgeld: R180.00
Besprekings: info@foxwood.co.za
Aandete 21 Oktober
Doris se spyskaart, vanaand met lamskerrie met geelrys en rosyntjies tesame met soetpatats met ’n titseltjie lemoengeur, bedien met plaasbotter en bruin suiker na smaak. Nagereg: Broodpoeding met romerige vla.
Tyd: ná afloop van die vertoning, van 19:30 vir 20:00
Koste: R90/persoon. Besprekings noodsaaklik.
Besprekings: info@foxwood.co.za
Sondag 21 Oktober
Middagete Sondag 22 Oktober
Tyd: 12:30 vir 13:00
Die tradisionele beesfilet in die oond: Bief Wellington. R220
of:
Lam gemarineer in kruie, tamatie en olyfolie en stadig oornag gebak; bedien met Foxwood-hoenderpastei berei volgens ’n familieresep en aartappel ‘au gratin’ (gebak in room en kaas). Suid-Afrikaanse groente in seisoen. R200
Vegetariese opsies word aangebied.
Opsioneel:
Voorgereg: Chef se keuse met varsgebakte brood. R75
Nagereg: Sjokoladegebak met roomys. R75
Vooraf-bespreking: noodsaaklik by info@foxwood.co.za
Annie Basson – meesterregisseur
Die viering van Suid-Afrikaanse letterkunde in klassieke Afrikaanse TV-films
Film 2 in ’n feesreeks van 4: Die Sondaar
’n Enkeldrama, gebaseer op Pauline Smith se werk, The Sinner.
Dag & Datum: Sondag 22 Oktober
Tyd: 15:00.
Toegangsgeld: R80.00
Besprekings: info@foxwood.co.za
Dinsdag 24 Oktober
Spera – ’n Groep Suid-Afrikaners wat met die inwoners van plattelandse dorpe saamstaan teen verval.
Dag & Datum: Dinsdagoggend 24 Oktober
Tyd: 11:00
Toegang: Gratis
Besprekings en inligting: info@foxwood.co.za
Middagete 24 Oktober
Doris se spyskaart met tradisionele geregte met geelrys en rosyntjies tesame met soetpatats met ’n titseltjie lemoengeur, bedien met plaasbotter en bruin suiker na smaak. Nagereg: Soos Doris Dinsdagoggend goeddink om vir middagete aan te bied.
Tyd: 12:30 vir 13:00
Koste: R90/persoon. Besprekings noodsaaklik..
Besprekings: info@foxwood.co.za
Annie Basson – meesterregisseur
Die viering van Suid-Afrikaanse kulturele erfenis wat nog elke dag as deel van ’n leefwyse gelééf word.
Film 3 is ’n dokumentêre program in die feesreeks van 4: Van gister en eergister.
‘Bo in die Kamiesberge, daar maal jy nog meel vir jou daaglikse brood.’
Dag & Datum: Dinsdagmiddag 24 Oktober
Tyd: 14:30
Toegangsgeld: R80.00
Besprekings: info@foxwood.co.za
Woensdag 25 Oktober
Wyntafel/Wine table
Woensdag-laatmiddag 25 Oktober van 17:30 vir 18:00
Peuselbordjies vir skemertyd / Sunset snack platters
Prys: R80.00
Besprekings: info@foxwood.co.za
Foxwood se verruklike hoenderpastei.
Gebakte aartappelsnysels.
Quiche berei met sampioene, groente, olyfolie en eier.
Kanapees met gerookte kaas en salami.
Annie Basson – meesterregisseur
Die viering van Suid-Afrikaanse letterkunde in klassieke Afrikaanse TV-films.
Film 4 in ’n feesreeks van 4: Uitdraai.
’n Verhaal van Wilma Stockenström.
Die twee hoofspelers, Anna-Mart van der Merwe en Dawid Minnaar, het vir die eerste keer saamgespeel en dit was ook Anna-Mart se eerste filmwerk.
‘Dit is ’n hartseerstorie, maar dit kan so maklik met enigeen gebeur.’
Dag & Datum: Woensdagaand 25 Oktober
Tyd: 19:00
Toegangsgeld: R80.00
Besprekings: info@foxwood.co.za
Vrydag 27 Oktober
ʼn Kuiertjie om S. le Roux Marais
Komponis Stephanus le Roux Marais, die komponis van Kom Dans Klaradyn, Heimwee en meer.
Verteller: Prof. Anna Hugo
Met: Coert Grobbelaar (tenoor), Anina Wasserman (sopraan) & ensemble
Begeleier: Rudolf Geldenhuis
Vleuelklavier: Dank aan WS Pianos bekend as The Piano
Dag & Datum: 27 Oktober 2023
Tyd: 19:00
Venue: Foxwood-teater GPS 13 5th Street, Houghton Estate, Johannesburg 2198
Kaartjies: R200.00
Bespreek info@foxwood.co.za
Wyntafel/Wine table
Vrydag-laatmiddag 27 Oktober van 17:30 vir 18:00
Peuselbordjies vir skemertyd / Sunset snack platters
Prys: R80.00
Besprekings: info@foxwood.co.za
Hoenderpastei.
Gebakte aartappelsnysels.
Quiche berei met sampioene, groente, olyfolie.
Kanapees met gerookte kaas en salami.
Sigeunerliefde/Gypsy Love Dream
Met: Michelle Veenemans (sopraan), Miroslav Chakaryan (viool) & Paul Ferreira (klavier).
Dag & Datum: Vrydagaand 27 Oktober 2023
Tyd: 19:00
Venue: Northwards, Rock Ridgeweg 21, Parktown
Kaartjies: R200.00
Bespreek info@foxwood.co.za
Wyntafel/Wine table
Vrydag-laatmiddag 27 Oktober van 17:30 vir 18:00
Peuselbordjies vir skemertyd / Sunset snack platters
Prys: R100.00
Op die stoep van Northwards met ’n uitsig tot by die Magaliesberg
Besprekings: info@foxwood.co.za
Hoenderpastei.
Gebakte aartappelsnysels.
Quiche berei met sampioene, groente, olyfolie.
Kanapees met gerookte kaas en salami.
Saterdag 28 Oktober
Middagete 28 Oktober
Ligte maaltye word aangebied: ’n Slaaitafel, tuisgemaakte brood, quiche en patee
Tyd: 12:30 vir 13:00
Koste: R90/persoon. Besprekings noodsaaklik. Kinders R60
Besprekings: info@foxwood.co.za
Droomland/Dreamland
Met: DuPreez Strauss
Dag & Datum: Saterdagmiddag 28 Oktober 2023
Tyd: 14:30
Venue: Foxwood-teater GPS 13 5th Street, Houghton Estate, Johannesburg 2198
Kaartjies : R180.00 kinders en pensioenarisse R150.00
Bespreek info@foxwood.co.za
Wyntafel/Wine table
Vrydag-laatmiddag 27 Oktober van 17:30 vir 18:00
Sondag 29 Oktober
The Visual Art of Architecture | Die Visuele Kuns in Argitektuur
Eerbetoon aan die argitek Gerhard Scheepers, ontwerper van die Foxwood-teater.
Dag & Datum: Sondag 29 Oktober
Tyd: 11:00
Toegang: gratis
Middagete Sondag 29 Oktober
Tyd: 12:30 vir 13:00
Die tradisionele beesfilet in die oond: Bief Wellington R220
of:
Lam gemarineer in kruie, tamatie en olyfolie en stadig oornag gebak, bedien met Foxwood-hoenderpastei berei volgens ’n familieresep en aartappel ‘au gratin’ (gebak in room en kaas). Suid-Afrikaanse groente in seisoen. R200
Vegetariese opsies word aangebied.
Opsioneel:
Voorgereg: Chef se keuse met varsgebakte brood. R75
Nagereg: Sjokoladegebak met roomys. R75
Vooraf-bespreking: noodsaaklik by info@foxwood.co.za

