Pasgelaai
Toorkombuis: Oor sprokies en pampoenbredie
2025-03-13"[I]n my toorkombuis word hierdie nederige groente nie ’n luukse ryding nie. Nee, dit word omtower in pampoenkoekies met ’n kaneelsuikerlaag wat onder jou tande kraak. Of, nog lekkerder – in ’n bredie waarvan die smaak genoeg is om jou sommer weer van voor af in sprokies te laat glo."
Die man in die gat
2025-03-13"Ek sien so baie van hulle elke dag. By robotte en kruisings. Die smeking in hulle oë. Vir kos, vir geld, vir iets."
Die kondensmelkinsident
2025-03-13"En ek wou nog altyd vir jou sê, my kind, dat jy jonk was en dat die ongeluk nooit jou skuld was nie. Uiteindelik het ek vrede gemaak met waar ek nou is en hoe ek lyk – maar dit was ’n ver en lang pad wat ek moes kom tot hier."
Die pienk vel
2025-03-13"Hy weet nie eintlik hoe om te voel nie. Want hy het regtig nie bedoel om haar seer te maak nie. Selfs nie eens van haar mooi handsak geweet nie."
Die klap
2025-03-13"Die priester het vasgesteek en in hulle rigting gekyk. Die volgende oomblik het hy op hulle afgestorm. Die ander kinders het begin hardloop, maar om die een of ander rede het hy doodstil bly staan."
Dinkskrum: Interne wit en bruin gesprekke oor Afrikaans is nodig om die term "Afrikaner" inklusief te herdefinieer
2025-03-13"Die miskenning van bruin mense as die meerderheid Afrikaanssprekendes wys op die dilemma van ’n verdeelde Afrikaanse identiteit. Dit laat die vraag ontstaan of wit en bruin Afrikaanssprekendes mekaar kan vind? En of ras as faktor in die bepaling van sodanige Afrikaanssprekende identiteit irrelevant gemaak kan word?"
Invitation: Book launch of The Mavericks by Stephen Cranston on 19 March 2025 in Cape Town
2025-03-12Anet Ahern will be in conversation with Stephen Cranston at the book launch of The Mavericks on 19 March at Exclusive Books, V&A Waterfront, Cape Town.
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Februarie 2025
2025-03-12Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Februarie 2025 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Die AfriSol-afvaardiging na Washington: Politieke spel of etniese verteenwoordiging?
2025-03-12Is "die Afrikaners" die slagoffers van onder meer kulturele bedreiging in Suid-Afrika? Word verdeeldheid tussen Suid-Afrikaanse burgers op grondvlak gesaai? Word AfriForum deur die ANC "gekanselleer"? Waar pas Kaapse Forum in die prentjie? Freek Robinson gesels met Kallie Kriel (AfriForum) en Barend la Grange (Dialoog vir Aksie).
Springmielies: Die magiese en simboliese eienskappe van juwele
2025-03-12"Van antieke Egiptiese amulette tot moderne diamantringe is dit duidelik dat juwele se magiese en simboliese eienskap véél meer as net die versiering van die liggaam – die dekoratiewe – behels."
Persverklaring: Kort verhoogstukke beloof hoë-oktaan ervarings by Suidoosterfees
2025-03-12Hierdie aanskoulike vertonings van 20 tot 30 minute is ideaal vir kunsliefhebbers wat topgehalte-afwisseling nodig het tussen langer produksies. NATi en die Johann Brink Trust maak dié program by die fees moontlik in genres soos musiek, dans, woordkuns en komedie.
Reënboogrant op TV: ’n onderhoud met Paul Strydom
2025-03-12"Dis ’n reeks, dis vermaak, maar dis ook kuns. Dit wys vir mense ’n spieël. Die meeste reekse help ons om te escape. Die ouers wat dit kyk, sal wel agterkom: die tieners in slegte situasies het nie altyd beheer oor hulle omstandighede nie. Hulle wil graag die regte ding doen."
Persverklaring: Semifinaliste vir Suidoosterfees se Talentsoektog aangewys
2025-03-12Die publiek kan die semifinaal op 15 Maart in Kaapstad gratis bywoon, en die kandidaat wat die meeste ondersteuning uit die gehoor ontvang, dring outomaties deur na die finaal.
Epistolografie en die letterkunde
2025-03-12"Epistolografie. Skrywers en briewe. Die verband voor die hand liggend. As Hennie Aucamp die byhou van ’n dagboek gelykstel aan ’n sketsboek wat die skilder gebruik om tegnieke met oefenlopies te bemeester, kan die skryf van ’n brief as ’n meestersklas beskou word."
Goodbye, my friend – you can go now – you’ve done it all
2025-03-11"Only Pinter, winner of the Nobel Prize, can match this all-round skill set – but Pinter operated in London, with possibly 50 theatres in walking distance from his home. Fugard operated from Port Elizabeth."
Quiet time with the President by Peter Friedland: a book review
2025-03-11"Quiet time with the president is a memoir that shows a country unfolding through the lens of a frontline medical worker and the decisions he felt forced to make during an important time in history."
Op dees aarde: Emily Hobhouse is nou by haar mense
2025-03-11"Die rol wat één dapper vrou tydens ’n oorlog kan speel, en die wyse waarop só ’n fluitjieblaser en humanis in een land onthou is, maar in haar eie land se bewussyn gou vergete geraak het, is duidelik nadat die The Story of Emily-museum nege maande gelede geopen het. Tog is daar vele positiewe verrassings oor hoe die Britse besoekers reageer en Emily Hobhouse stadig maar seker vir hulle uit die duisternis gelig word."
Pasverskyn: Breinlabirint deur François Bloemhof
2025-03-11Louw Erasmus word een oggend deurmekaar wakker. Alles in sy lewe voel vreemd, insluitend sy ouers. Hoewel alles normaal lyk in hul weelderige huis in Bangmanskloof, voel hy dat iets verkeerd is. Raaisels, geheime, en gevare. Wat is werklik aan die gang? Met Breinlabirint het die bekroonde François Bloemhof ’n nuwe soort boek geskep – een wat in die vorm van ’n vervolgverhaal aangebied word.
