LitNet en die Langenhoven Gedenkfonds se wetenskapfiksiekompetisie

  • 24

CJ Langenhoven het in 1923 Loeloeraai geskryf. Die eerste wetenskapfiksieroman in Afrikaans het dus ’n eeu gelede verskyn. Op 12 Augustus 2023 is die 150ste herdenking van CJ Langenhoven se geboortedag gevier. Om hierdie dubbele herdenking te vier, het LitNet en die Langenhoven Gedenkfonds alle skrywers uitgedaag om ’n wetenskapfiksiekortverhaal voor te lê vir publikasie.

Lees die inskrywings hier:

Jakhals II: Sending Moeder Aarde

Salvator ex machina | Wetenskapfiksiekompetisie

Martelaar | Wetenskapfiksiekompetisie

Liefde in die lug | Wetenskapfiksiekompetisie

Haar naam is Uluthando | Wetenskapfiksiekompetisie

Mignon reduks | Wetenskapfiksiekompetisie

’n Ander land | Wetenskapfiksiekompetisie

Die laaste diamant | Wetenskapfiksiekompetisie

Omega | Wetenskapfiksiekompetisie

Die geheim van Caban | Wetenskapfiksiekompetisie

Omgee is hegter as glimgroen slym | Wetenskapfiksiekompetisie

Die Swartgat | Wetenskapfiksiekompetisie

Die Toorpen | Wetenskapfiksiekompetisie

Hawe vi’ dié wat opstaan uit die dood

So het dit gewerk:

Alle wetenskapfiksieverhale wat tussen 12 Augustus 2023 en 31 Desember 2023 aan LitNet voorgelê is, het in aanmerking kom vir ’n prys wat deur die Langenhoven Gedenkfonds geborg is.

  • Die eerste prys was R3 000.
  • Die tweede prys was R2 000.
  • Die derde prys was R1 000.

Wat om in ag te neem:

  • Publikasie is onderhewig aan keuring en LitNet behou die reg voor om sekere voorleggings nie te plaas nie.
  • Slegs oorspronklike skryfwerk wat nog nie voorheen in druk of op enige sosialemediaplatform verskyn het nie, sal oorweeg word. LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is. LitNet soek jou eie werk, nie iets wat deur kunsmatige intelligensie van enige aard geskryf is nie.
  • Skrywers behou volle kopiereg op hul verhale en mag dit ná publikasie op LitNet ook elders publiseer.
  • Die redaksie gee nie terugvoer oor hoe om jou skryfwerk te verbeter nie.
  • LitNet bied geen vergoeding vir verhale wat gepubliseer word nie, maar wetenskapfiksieverhale wat voor 31 Desember 2023 voorgelê word, kom in aanmerking vir een van die pryse wat deur die Langenhoven Gedenkfonds geborg word. Indien geen noemenswaardige verhale ontvang word nie, sal geen pryse toegeken word nie.
  • Die beoordelaars se keuse van pryswenners, al dan nie, is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • 24

Kommentaar

  • Alle jong Elon Musks het nou geleentheid om hul fantasie en drome met ons in Afrikaans te deel!
    Neelsie sal vir julle waarookal inwag ... met of sonder ruimteskepe.

  • Baie dankie LitNet vir hierdie geleentheid. Ek sal sommer onmiddelik skouer aan die wiel sit en die verbeeldingsratte van my brein goed olie. 😁🙏💕💥💯

  • Francisca du Randt

    LitNet is 'n Afrikaanse tydskrif en Langenhoven was Afrikaans se groot kampvegter - ek sou dus vanselfsprekend aanvaar dat dit Afrikaanse verhale moet wees.

  • Martie Bargiacchi

    Anvaar LitNet slegs kortverhale? Of sal julle kyk na ms van 23 000 woorde, gemik op jeug?

    • Izak de Vries

      Ingrid. Jy sal moet gou spring. Ons het jou teks nodig lank voor 31 Desember, asseblief.

  • Verstaan ek die definisie van 'n kortverhaal na aanleiding van die woordtelling korrek deurdat 'n kortverhaal se woord telling tussen 1000 en 20 000 woorde is maar dat flitsfiksie nie meer as 'n 1000 woorde lank is nie?

  • Yuwinn Kraukamp

    Hi, ek het dieselfde vraag oor die sluitingsdatum. Daar is 'n website wat sê dis die einde van die maand, so ek wou net bevestig of hierdie kompetisie amptelik toe is?

  • Izak de Vries

    Chantal, ek was verkeerd: Ons aanvaar nog voorleggings tot 31 Desember 2023. Stuur jou verhaal!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top