Jacques le Roux2021-10-27Die Handves van Regte is opgeskryf in hoofstuk 2 van die grondwet. Vryheid van godsdiens, oortuiging en mening is ook 'n basiese reg van Quinton de Kock. Vreemd hoe hierdie reg negeer word wanneer dit van die heersende meesternarratief verskil.
Diane De Beer2021-10-27Danie Marais is 'n skrywer wat die wereld van musiek en digkuns aan my bekendmaak en vir my oopmaak. Wat 'n voorreg om weer een van sy gevonde digters in die lofsang te ontdek.
Barend van der Merwe2021-10-27Ek stem in breë trekke saam. Dat die man nou in tjaarts van die DA nie die ideale persoon is om die DA te lei nie, is nie nuus nie. Dit het lank voor 2021 al duidelik geword. Maar dit is nou maar die DA se perd wat hulle opgesaal het en hulle sal hom nou
LitNet2021-10-26Hallo! Hier is 'n indeks van die vraestelle wat op LitNet beskikbaar is: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Dit is ingedeel volgens graad en vakgebied. Ons vraestelle wat spesifiek vir graad 4 bedoel is, is hier: https://www.litn
Ane2021-10-26Bespreek die wyse waarop die tema van identiteit in die titel, die hoofstuktitels en die eerste hoofstuk van Jeremy vannie Elsies, “Die grootloop begin”, belig word.
Heila Fuller2021-10-26Sal graag graad 4 Afrikaans-vraestelle wil hê met memorandum, asseblief. Indien moontlik Sal ek ook graag graad 1 Afrikaans-vraestelle ook wil hê. Baie dankie.
Natalia2021-10-26Waar kan ek die antwoorde vir die boek kry, het gister die boek by Bargain Books gekoop. Op die agter kant van die boek sê dit die antwoorde is op best books se webtuiste ek kry dit nie?
Baie dankie wag vir terugvoering
francois2021-10-26Wil net uitvind: as mens erg sweet na 'n naweek se kuier die aand as jy wil gaan slaap en so ook sukkel om te slaap. Wat sal dit wees, en hoekom?
Milton2021-10-26Ek wil julle net graag meedeel dat ek baie van die program "Kyk wie praat" geniet het en ek het regtig van die aanbieder se manier van aanbieding en sy sê-goed gehou, maar na die finale episode het ek gesien dat dit in my oë 'n groot klug was. Een van d
LitNet2021-10-26Hallo! Dankie vir jou navraag. Hier is die graad 6-gedeelte van ons skoleindeks, waar jy gratis vraestelle en memo's alles op een plek kry: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/#graad6. Blaai gerus daardeur en laai wat jy benodig. Di
Scholtz Maritz2021-10-25Goeiedag, mevrou Anna Venter
Tensy u seun die eienaar van 'n ander huis is, waar hy na u afsterwe kan gaan woon, het u reg gedoen. As u seun dus nie 'n ander huis op sy naam het nie, is dit reg dat u die huis aan hom bemaak, want dan het hy 'n blyplek na
Michael Pedro2021-10-25Hello daar, ek soek ook vir Derrick en misdaad Afrikaanse oorgeklankte reekse. Kan u laat weet van koste en beskikbaarheid asb. Sal dit regtig waardeer.
Johann Basson2021-10-25Die sondige mensdom is maar 'n regte poefspul. Eintlik 'n verleentheid vir die diereryk. Ek daag enige en alle mense uit om na vore te kom met 'n perfekte formule vir 'n perfekte staatsbestel. Elke nie-perfekte totempaal (staatsbestel) sal die magstryd ui
LitNet2021-10-25Hallo! Hier is 'n skakel na die indeks van al LitNet se vraestelle op een plek: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Hier is 'n skakel na die graad 7-vraestelle spesifiek: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/
Mea Lombard2021-10-25Wat ‘n puik onderhoud, Ena! Ek is opnuut begeester om die Elisabeth Eybers bundels wat ek besit, weer te lees, en geskok dat ek nog nie jou boek "Afstand en Verbintenis" gekoop het nie - maar hoe sien ek nie uit na die lees daarvan nie!
LitNet2021-10-25Hallo! Hier is 'n indeks van ons vraestelle en memo's: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Dit is ingedeel volgens graad en vakgebied. Ons voeg so gereeld moontlik nuwe inhoud by. Groete, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder
LitNet2021-10-25Hallo! As jy op soek is na vraestelle en memo's, kan jy hierdie indeks besoek: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Die inhoud is ingedeel volgens graad en vakgebied. Klik telkens op die skakels om die vraestelle/memo's gratis in P
Leone Tiemensma2021-10-24Hierdie reeks sny tot op die been en laat 'n mens opnuut besef dat elke mens 'n storie het. Ek kyk nie baie televisie nie, maar hierdie verhaal se egte karakters boei enduit. Dit is 'n skitterende reeks en uitsondelike akteurs. Bravo!
Francois Verster2021-10-24Stellings dat die regering en sy kommunisties-/nasionalisties-/rassisties-klinkende-idees en -neigings onaanvaarbaar is - behalwe vir diegene wat deur sy patronaatskappe begunstig word - word darem deesdae al in openbare diskussies algemeen erken, en dis
Hans Richardt2021-10-24Reusedwerg, sg gemeenskapradio is werkbaar as jy dit op die internet stroom. Ek het dit oorweeg om 'n rebellestasie met Raspberry PI te begin. Daarvoor het jy 'n program nodig om te skeduleer en te stroom, iets soos Podcast.
Johanna2021-10-24Dr Isak Burger is 'n man van integriteit. Hy skryf nie boeke vir geld nie, maar eerder om sy kennis te deel.
Demone:
Hoe op aarde verklaar mens dit dan as 'n persoon met jou terugpraat tydens 'n bevrydingsessie in 'n ander, vreemde stem?
Hoe verklaar jy d
Ernst van Biljon2021-10-23Ek dink dit is 'n goeie, geldige verhaal wat noodwendig die tonele moes vertoon wat dit wel doen. Ek dink die verhaal word kunstig en aanvaarbaar uitgebeeld.
Ek wel 'n graag: Weet wie het die vroulike hoofrol gespeel?
Lidia Theron2021-10-23Frank Opperman probeer nou al jare lank om sy 'ouboet'-persona af te skud. In hierdie reeks kom ek vir die eerste keer agter dat hy daarin geslaag het.
Die kinders is ook weer dié wat ly onder die wandade van grootmense. Ek kan nie daarin slaag om een ak
Johann Basson2021-10-23Tyd dat alle ingeligte, vrydenkende, goeie Suid-Afrikaners daarop fokus dat hul nageslagte relevante onderwys en opleiding by uitnemendheid kry om wêreldwyd te kan kompeteer. Die ANC se dae is getel.
Reusedwerg2021-10-22Hans, die radio-idee is reeds 'n geruime tyd op my doenlys. Ek moet net met tegniese manne praat wat my kan verduidelik hoe ek te werk moet gaan. Ek is altyd te vinde vir uitdagings, en om iemand of iets gas te gee.
Chris van den Heever2021-10-22SP Benjamin, ek het onlangs maar eers gehoor van hierdie boek van jou. Ek het dit deur my dogter in Stellenbosch laat aankoop en kan nie wag vir volgende naweek wanneer sy dit saambring nie. Opgewonde om dit te lees.
Dit klink my asof jy raakdinge uit
Hans Richardt2021-10-22Die koning is naak, die koningskleed van korrupsie laat die skare juig?
Reusedwerg, dalk moet ons rebelleradio begin, want opinies word gedomineer deur kommentators met vooropgestelde idees, wit en swart. Wit en swart is mos die enigste klassifikasie dee