Kommentaar

ATKV-persverklaring: Afrikaans by die universiteite van Stellenbosch en Pretoria

Leon de Vries 2016-06-23 Dit is baie jammer dat Afrikaans as onderrigmedium by die Universiteit van Stellenbosch, my Alma Mater, soos dit vir my lyk, geleidelik uitgefaseer word. Daar is mos genoeg Engelsmediumuniversiteite in die Wes-Kaap. Wat 'n kwade proses. Dit is jammer dat

Die besluite teen Afrikaans by die UP en US is geskiedkundig - en 'n onreg

Johan Claassen 2016-06-23 Baie goed gestel in terme van die realiteit. 'Hulle' reken hulle gaan van krag tot krag, maar jy kan net so lank wegkom met jou agenda as jy teen die grein en harmonie van die skepping opereer.

Die besluite teen Afrikaans by die UP en US is geskiedkundig - en 'n onreg

Chris 2016-06-23 Stem volmondig saam en kan niks byvoeg nie.

ATKV-persverklaring: Afrikaans by die universiteite van Stellenbosch en Pretoria

Johannes Comestor 2016-06-23 Gouws laat hom te maklik paai en mislei. Gaan die geskiedenis van hierdie taalsage na. Daar behoort geen sprake van die herstel van vertroue en gedienstige samewerking met die US te wees nie. 'n Polities gedrewe universiteit is 'n euwel wat bestry en getr

Persverklaring van die Universiteit Stellenbosch: Nuwe US Taalbeleid aanvaar

Johannes Comestor 2016-06-23 Dit is die ou storie: Engels word opgradeer, Afrikaans word afgeskaal, maar dit bevorder die wonder van inklusiwiteit sodat niemand uitgesluit word nie. Afrikaanssprekende studente is daarvolgens per definisie nie mense wat deur Engels uitgesluit kan word

Die besluite teen Afrikaans by die UP en US is geskiedkundig - en 'n onreg

Johannes Comestor 2016-06-23 Jakes Gerwel was eerder 'n ANC-aktivis as 'n akademikus. Ek sal hom nie vir bewondering uitsonder nie. Hy het die Universiteit van Wes-Kaapland en Afrikaans aldaar onherstelbare skade aangedoen

Jan Rap, wat dink hulle in die hemel daarvan?

Raed-na-Gael 2016-06-23 Die opregte gebede word gesif. Dit word in "bakkies" geplaas. Dit is soos wierook vir die Almagtige. Hiervan kan jy verseker wees, gemors sal nie daar land nie! Raed-na-Gael

Jan Rap, wat dink hulle in die hemel daarvan?

Trienie 2016-06-23 Mooi so Varkspek! Jy het ons almal laat glimlag, selfs die hemel. Jy is werklik 'n goeie voorbeeld van iemand wat aards of hemels, redeneer. Jan Rap is voorwaar sout as dit by taalsuiwering kom. Ek respekteer hom daarvoor.

Regsalmanak: Tyd om die roede ook in Suid-Afrika te spaar?

Hanno Visagie 2016-06-23 Die staat mag nie toegelaat word om inbreuk te maak op liefdevolle Christenouers se Goddelike verantwoordelikheid om hul kinders volgens Bybelse riglyne op te voed nie.

Uit die argief, US-taaldebat: 'n Ope brief aan Wim de Villiers aangaande sy bestuur se voorgestelde taalbeleid

Adrie Dippenaar 2016-06-23 Baie dekades gelede het ons as minderheidsgroep Afrikaans as moderne taal hier te lande gevestig, met latere bewondering van die hele wêreld. Hoekom word ons dan nie eers die erkenning gegun om ons ten minste net by die tradisionele Afrikaanse universtei

Ons jeug / Our youth

F C Boot 2016-06-23 Ja, soos 'n pa vir sy slim kind gesê het: "Tyd om 'n werk te kry voordat jy alles vergeet.'

Persverklaring van die Universiteit Stellenbosch: Nuwe US Taalbeleid aanvaar

Henk 2016-06-23 22 Junie 2016 was ʼn droewige dag vir Afrikaans as akademiese taal op hoër onderwysvlak toe dit by sowel US as UP tot tweedeklasstatus afgegradeer is, onder die dekmantel om toeganklikheid te vergroot en die wanvoorstelling dat dit geskied "sonder om stu

Jan Rap, wat dink hulle in die hemel daarvan?

Maya 2016-06-23 Ag nee man, Varkspek, hoe is jou respekte, dan? Koo se sousboontjies is die beste.

Wetenskap en geloof

Duitswester 2016-06-23 Jaco, ek neem aan jy het Johnson se boek gelees? En verder, ek lees baie wyd Jaco, en ek vergelyk en besluit baie, baie beter as wat jy hier rammel. Ek het al baie gesien dat jy betrokke raak en voortvarend rammel waar jy eintlik niks van weet nie. Jy ra

Geskiedenis-vraestelle: November 2011

Nicolene 2016-06-23 Ek is dringend opsoek na graad 4 geskiedenis/sosiale wetenskappe vraestelle?

Geskiedenis-vraestelle: November 2011

Nicolene 2016-06-23 Hello, ek is dringend opsoek na graad 4 geskeidenis vraestelle?

Persverklaring van die Universiteit Stellenbosch: Nuwe US Taalbeleid aanvaar

Anton Muller 2016-06-23 Ek wens die US geluk met hul aanvaarding van die nuwe taalbeleid. Dit bied die universiteit die geleentheid om toeganklikheid aan almal te bewekstellig met 'n toegewydheid aan veeltaligheid. Mense met die drie taalagtergronde van die Wes-Kaap is mooi ge

digter wordende | nearer becoming

Andrew Lötter 2016-06-22 Die gedig leer mens van beide die doel en die sin van 'n verhouding. Ek hou van hoe die enigste rede hoehom mens nie dink die spreker praat met God is omdat die woord "skedel" gebruik is. Baie goed!

Ons jeug / Our youth

Selwyn Milborrow 2016-06-22 Die gedig vat beslis raak!

Herontmoeting

Selwyn Milborrow 2016-06-22 Net een digter kan so skryf! My vriend, Vincent Oliphant.

#GelykeKanse: Versoekskrif aan die Raad van die Universiteit Stellenbosch

Gustaf Claassens 2016-06-22 Die belangrikste aspek wat die sukses van Afrikaans as akademiese en onderrigtaal sal bepaal al dan nie, is waar gesê word: "Die inrigting self moet die visie van tweetaligheid as ’n rigtinggewende waarde onderskryf en daar moet die politieke en instit

Die antidemokratiese denkstroom by universiteite

Johan 2016-06-22 Stem saam, jy gebruik woorde wat bykans GEEN Afrikaner verstaan, wat probeer jy sê? Die slimste ouens het altyd die grootste woorde maar los selde die probleme op. Jou sogenaamde verduidelikings strek niks verder as ’n klein groepie sogenaamde slimkopp

Beide Christen en gelowige in heksery

Maya 2016-06-22 Swazi broomstick flying witches to fly low - News24 2013-05-15 11:15

Beide Christen en gelowige in heksery

Maya 2016-06-22 Iewers het ek gelees dat dit okay is om 'n heks te wees in 'n sekere Afrikastaat. Hulle mag egter net op 'n sekere hoogte vlieg. Dit het iets met lugvaart te doen gehad. Stroesbob! Dit was in hulle wetboeke so aangeteken.

Wat is in ’n naam?

Evadné H. Abrahams 2016-06-22 Ek het lank laas regtig Afrikaans gelees (behalwe nou en dan 'n kortverhaal in 'n Afrikaanse tydskryf terwyl ek in een of ander spreekkamer sit en wag). Ek het my verlustig in hierdie een en in Van Elsies tot Muizenberg. Ek het by my lessenaar agteroor ge

My Afrikaans is niks nie

CM 2016-06-22 Mooi. Die taal van 'n mens sonder die knaende verwaandheid.

Ons jeug / Our youth

haydene 2016-06-22 Baie trots op jou skapie.

Vir Angus oor sy kommentaar onderaan my brief van 7 Junie 2016

Angus 2016-06-22 Beste Jan, Jy verstaan evolusie ook nie ten volle nie. Jy dink dat dit vereis 'n al hoe ingewikkelder struktuur. Moderne tale soos Afrikaans, het op die oog af 'n eenvoudiger struktuur omdat taal ook weggooi wat onnodig is soos bv onnodige fleksie. Dis

Onderhoudend: Dawid de Villiers

Christa Johnson 2016-06-22 Ek werk vir my pa, my broer is ook hier werksaam. Ek ervaar openlike diskriminasie en nepotisme, daar is 'n paar keer kamma grappensgewys na my werk verwys, dat as hulle my afdank, dan het hulle my salaris vir ander goed. Ek mag niks sê nie, want dan w

Vir Angus oor sy kommentaar onderaan my brief van 7 Junie 2016

Angus 2016-06-22 Beste Jan, Jy haal my verkeerd aan in jou skrywe. Ek het geskryf: "Ek is 'n evolusionis, (het dierkunde en plantkunde aan die universiteit studeer), ek verstaan taalevolusie, (het taalkunde – Afrikaans – op honneursvlak aan die universiteit studee

Onderhoud: Lize Beekman se mandala-inkleurboek

Charmaine Nolte 2016-06-22 www.hartebessiebos.co.za verkoop die boeke en potlode.

So is dit nou deur Johan van Wyk is op pad

Hennie van Deventer 2016-06-22 Dankie, Naomi. Mooi aangebied.

Vir Angus oor sy kommentaar onderaan my brief van 7 Junie 2016

Jan Rap 2016-06-21 Webvoet, 'ouertale' (parent languages) en 'ouer tale' (older languages). Ek het gepraat van die tale waarvan 'n betrokke taal die afstammeling (dogtertaal) is. *** Ek besef nou, Jan Rap. Net soos die perskes dus ... Webvoet

Koebaai, Afrikaans? Afrikaans as onderrigtaal in skole

Wilhelm Fourie 2016-06-21 Beste Georgina, mense soos jy laat my weer goed voel oor ons land! Enkosi, sala kakuhle!

Regsalmanak: Nasionale Wet op Veld- en Bosbrande

Trixie 2016-06-21 Dis nie die Suid-Afrikaanse brandbestryders wat ons land se naam krater gemaak het nie - dit was hulle gierige base ...

Kwessie van keuse

Jan Rap 2016-06-21 Jy's reg Angus maar dis bedoel om uitgerek te wees, so asof daar 'n punt na elke woord is: en. so. voorts. Maar dit is wel een woord anders sou die afkorting nie 'ens' gewees het nie.

Die antidemokratiese denkstroom by universiteite

Ponti Venter 2016-06-21 Wel - dit lyk of die swaaie en oorboordgaan van polariserende opposisies ook vir Christi stof tot nadenke gebring het - miskien is dit goed dat wit-links soms ook bietjie wan-behandel word. Sy noem 'n hele reeks -isme-siektes en essensialiserings. Die k

In reaksie op Eusebius McKaiser: Spreektaal versus skryftaal

Chris du Plessis 2016-06-21 16 JUNIE 1976 en AFRIKAANS ......n ander perspektief: http://spens.co.za/2LT

In reaksie op Eusebius McKaiser: Spreektaal versus skryftaal

Koos Holtzhausen 2016-06-21 Dankie, Herman. Daar word deesdae so baie goed (snert) gesê wat in die lug bly hang. Ek hou daarvan om goed weer terug te bring aarde toe.

It’s time to decolonise Afrikaans

Jaco Fourie 2016-06-21 Die wit Afrikaner gaan nie van sy eiesoortige Afrikaans afstaan nie, en staan ook nie in die pad van die bruin Afrikaner om sy eiesoortige Afrikaans te bemagtig en te bevorder indien hulle nie die wit Afrikaner se Afrikaans vir hulself wil assimileer nie,
Top