Die rekenaarvirusse!

  • 4

SêNetters,

Kan julle hierdie armgat pensionaris miskien van raad en inligting voorsien oor watter vry (free)program beskikbaar is om die volgende uit my rekenaar te kry:

Ads by DNS Unlocker (Eerste keer by Superbru en LitNet ondervind. Ek het Adblocker gelaai maar Superbru keer dan toegang, ek moes dit toe weer afhaal. Verneem toe op CNN dat sommige koerante dit ook nie wil hê nie, vir die advertensies).

Key Logger.

I-snake.

Ek het op die Internet gesoek. Daar is baie, maar watter een is 100% en meer betroubaar? Help mos nou nie ek gebruik die boonste een en hy is ook gelaai met ’n ‘Trojan horse’ nie.

Ek het my vorige ‘desktop’ (Windows Professional, hy het  te oud begin raak) versaak vir hierdie gebruikte ‘desk top’ Windows 7 Ultimate, omdat ek oortuig geraak het deur die vorige eienaar (IT spesialis) dat dié een ’n bargain is soos wat ek min sal kry vir R1500. Van die begin af was daar haakplekke. Ek het hom twee maal deur ander rekenaarghoeroes laat “skoon” maak , maar dit blyk nie geslaagd te wees nie en dit kos elke slag ’n drukker se prys. Lyk my die ‘Computer shops’ is net daar vir die R’e en die vaal outjies daar boesem ook nie veel vertroue in nie.

Ek gebruik ’n Vodacom ‘Dongle’ vir toegang tot die Internet omdat  ADSL en Telkom vir my te duur geraak het. Is hier miskien ’n probleem?

Ek het lank gesukkel om ‘AVG 30 day trail period’  (Internet security and antivirus) op te kry en het dit hierdie week eindelik reggekry, maar al die funksies word nog nie deur die “rekenaar toegelaat” nie. Die ‘Internet security’, ‘antivirus’ en ‘firewall’ werk darem.  Ek het toe die vorige eienaar se ‘Superantispyware’ afgehaal. Die antispyware was soos wat dit nou blyk, glad nie geslaagd nie.

Ek het die ‘Key Logger’ en ‘I-snake’ ontdek toe ek “The Australian” koerant besoek (met AVG nadat ek ’n ‘whole computer scan’ gedoen het) om te sien wat hul oor die Stormers skryf. Hulle het my geblokkeer en gesuggereer dat ek besmet is met bovermelde, wat ek nou verstaan. Lyk my hierdie gif is diep gesetel want die ‘AVG computer scan’ het dit nie ontdek nie.

Ek sal enige een van julle innig dankbaar bly.

Raed-na-Gael in nood.

 

  • 4

Kommentaar

  • Gaan na die webwerf http://www.majorgeeks.com en soek onder "site info" 'n skakel vir "malware removal." Hulle het raad en prosedures wat gevolg kan word deur enige rekenaar ongeletterde persoon. Hulle het ook verskeie veilige programme wat afgelaai kan word om te help. Kyk ook heel onder aan die bladsy vir wenke vir jou spesifieke Windows weergawe. Ek hoop hierdie inligting kan help. Sterkte.

  • Beste Raed-na-Gael,
    Hier is die beste raad wat jy ooit sal kry: smyt jou rekenaar op die ashoop, en kry vir jou 'n nuwe. Laai dit met egte programmatuur, en laat my weet hoeveel gryshare ek jou gespaar het.

    Jou probleem het al met Adblocker begin. Dit laai soveel virusse dat jy maar jou rekenaar kan begrawe.

    Groete,
    Angus

  • Jy kan dalk die gratis sagteware van Microsoft (microsoft defender )probeer. As Mweb jou internet verskaffer is kan jy AVG teen +- R20-00 per maand kry.

  • Ns .Ek het vergeet om by te voeg dat jy ook Microsoft se gratis Microsoft Windows Malicious Software Removal Tool kan aflaai.Gaan na Microsoft se webblad en kry ook
    hulle 'updates' vir die sagteware.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top