Ek vind ’n biblioteek op jou haar-orent vel:
boeke oor jou oë,
die voue in jou sy,
die lang lyn tussen jou bors en
lendene.
Dit is soos ’n reusebladsy
wat wil-wil blaai
maar sukkelend soek dit
na iemand om dit om te draai.
Want, jy weet, die sweeftuie
vlieg onderstebo
soos die wekende wind waai
as dit so oor jou blaaie blaai
soos nagwild lesers
en naguile met tandpyn.
Ek vou jou oor:
ek wil weer die eerste hoofstuk lees –
die een waar jou kuif teen klotsgolwe stamp
soos ’n botsende aandblom.


Kommentaar
Baie goeie gedig Renier. Het my dag gemaak!