My naam is Renier Palland. Ek het nog altyd 'n effense mal knak gehad en ek dink poësie is die produk daarvan! Ek is 'n sielkundestudent (hoe ironies) en ek wil graag vir 'n lewe skryf, alhoewel dit nie altyd moontlik is nie. Sien, dit werk so, indien die sielkunde-ding nie uitwerk nie, moet ek mos terugval op iets? Wel, dan val ek terug op skryf. Indien die sielkunde-ding uitwerk, gaan ek in elk geval skryf. Either way, ek gaan
skryf! Ek wil graag 'n ambassadeur word vir die bipolêre gemeenskap omdat dit baie na aan die hart is. Verder?
Ek wil 'n 21st hê wat skrik vir niks!
Opgedateer/Updated: 2007-04-18
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za