Teater

Teater-rubrieke, -resensies en -onderhoude
Theatre columns, reviews and interviews

Toyota US Woordfees 2022: ’n Akkerboom plant die saadjie van suggestie

Naomi Meyer Toyota Stellenbosch Woordfees 2022-10-17

"’n Akkerboom was ’n meestersklas in toneelspel by die Woordfees."

Toyota US Woordfees 2022 Instagram-resensie: ’n Gek vir jou

Nadine Petrick Teater 2022-10-17

"Net hulle aksies (in die vorm van mimiek en clowning) en die vernuftige gebruik van musiek en enkele rekwisiete skep ’n deernisvolle verhaal oor die immer sensitiewe aard van vriendskap."

Toyota US Woordfees 2022 Instagram-resensie: Mutton hour

Nadine Petrick Teater 2022-10-17

"Die minidramas, wat amper soos ’n klein geanimeerde fliek voor jou afspeel, kan nét slaag wanneer jou spelers se tydsberekening en bedrewenheid as akteurs van hoogstaande gehalte is."

Toyota US Woordfees 2022 Instagram-resensie: Die halwe huis

Nadine Petrick Teater 2022-10-17

"In hierdie drama dra die hoofkarakter, Bumper Jansen, heeltemal te swaar aan die las van sy verlede, sy swart hond (wat hy vroeg in sy lewe al ontmoet en heel speels Shadow doop) en die hartseer afloop van die pad wat hy moet stap [...]."

Maanskyn en dorings bring sonskyn

Veronique Jephtas Teater 2022-10-13

"Dis ’n storie wat by jou sit en baie ruimte laat vi introspeksie. Dis ’n nodige teks wat die begin is van vele anner wat dapper, seer en deemekaa genoeg is ommie journey an te pak. Disse teks wat vele alternatives tot healing en expression oorie gevolge en nagevolge van ’n mental health illness aanpak, en brilliantly so."

Toyota US Woordfees 2022 Instagram-resensie: Concerning the life of Babyboy Kleintjies

Nadine Petrick Teater 2022-10-11

"Na afloop van die laaste kleedrepetisie voor die fees begin, sit Fugard tjoepstil in sy regisseurstoel. Hy is duidelik aangedaan. ’n Bittersoet oomblik."

Waar word Afrikaanse teatertalent raakgesien? ’n Onderhoud oor die ATKV-Tienertoneel-wenners 2022

Naomi Meyer, JJ van Niekerk ATKV-Portaal 2022-10-10

"Die lys is te lank om te noem, maar gesels met enige Afrikaanse aktrise of akteur wat nou sy of haar voete op die planke het of voor die kamera speel. Hulle sal vir jou almal noem dat ATKV-Tienertoneel die teelaarde vir hul talent en beroep was."

Toyota US Woordfees 2022: ’n onderhoud met Beyers de Vos oor Die Suid-Afrikaners

Naomi Meyer, Beyers de Vos Toyota Stellenbosch Woordfees 2022-10-10

"Daar is vir my ironiese spanning tussen 'Ek wil Afrikaans wees' en 'Ek wil nie in Suid-Afrika wees nie', en ek wou daai spanning verken."

ATKV-Tienertoneel-persverklaring: Dreunend-dapper talent bekroon

LitNet ATKV-Portaal 2022-10-10

Danksy dreunend-dapper tieners wat met hul passie die verhoog aan die brand gespeel het, moes ’n swaargewigpaneel van beoordelaars behoorlik kopkrap om die wenners van die gewilde ATKV-Tienertoneelkompetisie 2022 aan te wys.

’n Bedrywige Woordfees vir Paula Fourie met Taliep, Babyboy Kleintjies en Athol

Paula Fourie, Melt Myburgh Skrywersonderhoude 2022-10-06

Paula Fourie is betrokke by twee van die prominentste aanbiedings op vanjaar se Toyota US Woordfees: haar boek Mr Entertainment – the story of Taliep Petersen word bekend gestel, en haar en Athol Fugard se drama Concerning the life of Babyboy Kleintjies debuteer by die fees. Melt Myburgh het met haar gesels.

Toyota US Woordfees 2022: ’n onderhoud oor ’n Akkerboom

Naomi Meyer, Nico Scheepers Toyota Stellenbosch Woordfees 2022-09-30

"Die kunstenaar suggereer met woorde, en ’n glas water verander in ’n akkerboom in jou kop. Die stuk gebruik hierdie idee om ’n storie te vertel van verlies deur die wortel van rolspel en die krag van woorde te ondersoek."

Persverklaring: Tien tekste uit KKNK Teksmark word verder ontwikkel

LitNet KKNK 2022-09-27

Teksmark is van 24 tot 26 Augustus by die Baxterteater in Kaapstad aangebied en kon gratis deur belangstellendes bygewoon word. Altesaam 22 skrywers het hul teksidees voorgelê en 90 akteurs en regisseurs het deelgeneem om uittreksels uit elk van die tekste as leesteater aan te bied.

Who’s afraid of Virginia Woolf?-resensie: Ons is steeds bang vir daai wolf

Maryke Roberts Teater 2022-09-23

"En ek wil my verstout om te sê dat in die ses dekades waarin die toneelstuk reeds regoor die wêreld opgevoer word, daar kwalik ’n beter George en Martha kon wees as Alan Committie en Robyn Scott. Hulle wórd daardie verbitterde egpaar en breek jou hart."

Press release: Isingqala Samanzi | The Call of Water at The Baxter

LitNet Lifestyle and entertainment 2022-09-22

The limited season of four performances only, runs from 22 to 24 September 2022.

Persverklaring: Karatara by die Baxter

LitNet KKNK 2022-09-06

Karatara vertel die verhaal van die verwoestende Knysna-brande in 2018. Op die 29ste Oktober van daardie jaar word ’n klein dorpie verswelg in ’n vlammehel. Die inwoners het bykans al hulle besittings verloor, sommige hul lewens.

Madame Pylinska en die geheim van Chopin: gedagtes oor die boek, die teaterstuk en die vertaling

Emile Minnie Boeke en skrywers 2022-08-26

"Schmitt skryf met ’n kleurvolle pen: sy beskrywings van musiek en emosies is sag op die geestesoog. Wanneer die verhaal by die skadukant gaan draai, is dit nie oordadig nie, en die somber word goed gebalanseer met skalkse humor. Die vertaalwerk uit die oorspronklike Frans, gedoen deur Naòmi Morgan, het my groot vreugde verskaf. Haar woordkeuses is net so kleurvol soos Madame Pylinska se tulband."

Vlooi en die geheim by die Kunstekaap: ’n onderhoud met Margit Meyer-Rödenbeck en Marinda Engelbrecht

Naomi Meyer, Margit Meyer-Rödenbeck, Marinda Engelbrecht Teater 2022-08-25

"Vir 60 minute laat ons kinders vergeet van die moontlike swaarkry en seerkry van die lewe. Ons laat hulle die magic en mooi ervaar."

Persverklaring: Vlooi vier sy verjaardag en is terug op die planke |  Press release: Kipper and his friends are back!

LitNet Skole 2022-08-19

Aangesien Vlooi talle skole se voorgeskrewe leesreeks is, is dit werklik ’n wonderlike ervaring vir die grondslagfase om die karakters in lewende lywe in die Kunstekaap te aanskou. Hier is ook inligting oor kaartjieverkope.| Kipper is the prescribed reading series at many schools, and it is therefore a wonderful experience for the foundation phase to see these characters performing live on stage at the Artscape. Find out where to buy tickets.

Persverklaring: Teksidees weer vanjaar “te koop” by vanjaar se Teksmark

LitNet Teater 2022-08-18

Die proses werk só: skrywers bied tydens Teksmark ’n voorlegging oor hul idee aan, gevolg deur ’n uittreksel wat as leesteater aangebied word, waarna ’n gesprek met insette van die rolspelers en die gehoor volg. Hierdie gehoor sluit onder andere genooide teater- en feesverteenwoordigers, sowel as moontlike beleggers en vervaardigers in.

Wat beteken die woord hoop in ons huidige klimaat?

Susan Booyens Teater 2022-08-18

"Hoop is magteloos, kragteloos as dit nie op dade en aksie gebou is nie, nie ’n werkwoord is nie. ’n Vierletterkragwoord is nie. Dade is soos sade en hoop is die lote. Werp jou brood op die water en die hoop beskaam nie."

Top