Persverklaring: Kanna-nominasies vir KKNK 2023 bekend

  • 0
Sewe nominasies vir Hanekom se plekspesifieke drama!

Mirre en aalwyn

Mirre en aalwyn, Nicola Hanekom se nuwe plekspesifieke drama, is vir sewe Kanna-pryse na afloop van hierdie jaar se KKNK, wat van 1 tot 9 April op Oudtshoorn plaasgevind het, genomineer.

Droomkraan Kronieke

Mirakel uit die pen van Reza de Wet onder regie van Marthinus Basson, Droomkraan Kronieke die fisieke teaterstuk as deel van die KKNK se Karoo Kaarte-projek en Ver in die wêreld Kittie, David Kramer se nuwe musiekspel is elk vir vyf Kannas genomineer.

Die fel omstrede kroon van Edward II & Gaveston, ook onder regie van Basson met teks deur Tom Lanoye, het drie nominasies ontvang. Drie lede van die geselskap uit die klug Afval, ’n produk van die US Dramadepartement se Première Teaterfees, is vir opkomende kunstenaar genomineer.

Woordmusiek met teks, regie en musiek deur Coenie de Villiers het twee nominasies ontvang.

Mirakel

Rafiek Mammon, sameroeper van die Kannapaneel, sê vanjaar se besprekings was moeilik en uiteenlopend, met werke van hoogstaande en uitnemende gehalte wat gesien is. “Dit is tog hoe dit hoort. Ons moet daardie besprekings hê, om die moeilike besluite te neem en betekenisvolle vooruitgang te laat geskied. Die omvang van werke by vanjaar se KKNK het ’n wye spektrum onderwerpe ingesluit.”

“Op die diverse program was vars, nuutgeskrewe musiekteater, ’n musiekspel, plekspesifieke- en tradisionele teater met vele asemrowende ontwerp, regie en spel wat op die planke in die Klein Karoo te sien was,” vertel Mammon.

Vanjaar se Kannapaneel was Mammon, Diane de Beer, Ilse Klink, Felicia Lesch en Fahiem Stellenboom. Slegs die 27 debuutproduksies by die fees is vanjaar vir Kannas in aanmerking geneem, met die uitsondering van opkomende kunstenaar. Die Kannas word op 5 Mei tydens ’n spesiale funksie by Leopard’s Leap in Franschhoek oorhandig.

Ver in die wêreld Kittie

Die 28ste KKNK, geborg deur Absa, vind van 23 tot 31 Maart 2024 in die Klein Karoo plaas. Vir meer inligting, besoek kknk.co.za of kontak 044 203 8600, info@kknk.co.za of stuur ’n WhatsApp na 065 285 2337. 

Die volledige lys van Kanna-nominasies is:

Kanna vir beste aanbieding – toneel, geborg deur die Het Jan Marais Nationale Fonds
Droomkraan Kronieke
Mirakel
Mirre en aalwyn

Kanna vir beste aanbieding – musiek, geborg deur Castle Lager
Anders/Eenders
Passi | Passio | Pasión \ Passion
Ver in die wêreld Kittie
Woordmusiek

Kanna vir beste aanbieding – visuele kuns, geborg deur Absa
Dumisani Mabaso – Untitled: Dumisani Mabasa Retrospective Exhibition
Johan Stegman – ’n Goeie dag vir ’n slag
Lebohang Kganye – South African Pavilion at La Biennale Arte in Venice, 2022
Liza Grobler – Inkommers, laatkommers & laatlammers, asook die Droom-installasie

Kanna vir beste vertolking, geborg deur Wicus Pretorius
Amalia Uys – Mirre en aalwyn
André Roothman – Die fel omstrede kroon van Edward II & Gaveston
Dawid Minnaar – Mirakel
Dean Balie – Ver in die wêreld Kittie 

Kanna vir beste literêre bydrae, geborg deur NATi
Die fel omstrede kroon van Edward II & Gaveston – vertaling
Droomkraan Kronieke – oorspronklike teks
Mirre en aalwyn – oorspronklike teks
Ver in die wêreld Kittie – oorspronklike teks

Kanna vir beste regisseur, geborg deur ATKV
David Kramer - Ver in die wêreld Kittie
Marthinus Basson – Mirakel
Neil Coppen, Craig Leo en Tiffany Saterdaght – Droomkraan Kronieke
Nicola Hanekom – Mirre en aalwyn

Kanna vir beste ensemble
Droomkraan Kronieke
Mirakel
Mirre en aalwyn
Ver in die wêreld Kittie
Woordmusiek

Kanna vir beste ontwerp en tegniese bydrae, geborg deur Herotel
Die fel omstrede kroon van Edward II & Gaveston – stelontwerp en kostuums
Droomkraan Kronieke – ontwerp en konsep
Mirakel – stelontwerp, rekwisiete en kostuums
Mirre en aalwyn – ontwerp en konsep

Kanna vir beste aanbieding – kinderteater
Ko’ laat ôs speel
Liewe Heksie vang vis

Kanna vir beste opkomende kunstenaar, geborg deur Ton en Anet Vosloo
Alyssa van Reenen – Mirre en aalwyn
Gita Fourie – Afval (teks)
Mia van der Merwe – Afval
Nichola Viviers – Afval

Die Herrie-prys vir innovasie of grensverskuiwende werk, Slurpie-prys (geborg deur NATi) en ’n Kanna vir uitnemende tegniese bydrae (geborg deur Beans about Coffee Oudtshoorn) word ook tydens die geleentheid oorhandig.

  • Fotografie deur Hans van der Veen
Lees ook:

Mirre en aalwyn deur Nicola Hanekom: twee resensies en steeds ’n soeke

Ver in die wêreld Kittie vra vrae by die feeste, ’n resensie

Mirakel deur Reza de Wet weer opgevoer, ’n resensie

Elke sosiale kwessie in die KKNK se teaterligte uitgewys

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top