Skryfkompetisies
Standbeeld-gedig: Spieëlbeeld
2015-04-29 Spieëlbeeld Ek lees in die Son van Rhodes se standbeeld wat geval het maar mý ding is van dié solank Cinda en haar ma-hulle in ’n hokkie in iemand se jaart moet bly en solank Sieda se tweejarige klong deur die gangsters doodgeskiet is en solank Sergio op 15 die skool gelos het en nou […]Standbeeld-gedig: günter grass
2015-04-29 günter grass die digter-skrywer ets sy kykers stip gefokus op klein-burgerlike kleinsieligheid eties drywend op drolle van magsbeheptheid die rewolusie kap die adel weg ook die roem van digters en denkers al wat tel is pantsers, edikte, blitzkrieg selfs seuns en oumanne as laastes vir die loopgraaf die rewolusie vreet alles, nie net sy kinders […]Standbeeld-gedig: entropie
2015-04-29 entropie In my agterplaas vorm ek beeldjies, elkeen uniek: oom paul en gandhi jock van die bosveld ou lastig van Simonstad oorlogsponies, en cecil wat op pad na egipte kapsie maak dat hy tolgeld moet betaal – natuurlik generaal de la rey de la rey en die ry olifante by sun city en castor en […]Standbeeld-gedig: Oom Paul se Nuwe Jaar
2015-04-29 Oom Paul se Nuwe Jaar Die duiwe kak nog altyd op Oom Paul se kop Die wino’s kies nog altyd meths oor goedkoop dop Proklamasieheuwel glim In die intens Noord se son Die ou Seer Duim ril Op Meintjies se Top En ek hoor ’n dun stem fluister: pasop. Dis ’n nuwe jaar Ek is […]Statue poem: Cecil
2015-04-29 Cecil, Cecil sat on the wall Cecil, Cecil had a great fall All the king's horses and all the king's men Couldn't put Cecil together again!Standbeeld-gedig: Dit is more weer
2015-04-29 Dit is more weer (en die erdwurm skryf 'n vers) Wat voltooid lyk, dra brakswaar aan die emmer wat vol is, vol is van gister se ou woorde en kluite omgedolwe draai-draai in die graf om wil en wetens lê jy nie jou hoof neer onder die vlag wat die Anglo's hier gehang het nie. […]Standbeeld-gedig: Beelde maar net beelde
2015-04-29 Beelde maar net beelde Julle kyk oor ons uit in die nag en dag, waar die geboue, skeidsmure jul bewaar. Verewig in brons roep jul stemme uit, in die hoop dat geslagte sal onthou. Helde gegiet op perde, gereed, gewapend om die vyand te verslaan oor ver verlate vlaktes. Oom Paul statig en denkend; as […]Standbeeld-gedig: Standbeelde
2015-04-29 Standbeelde Dit word uitgebeeld Vertoon vir die nasie van die land In museums vir die nageslagte Buite geboue waar die kinders die geskiedkundiges, helde, vegters van ons land kan sien. Skokkend het ons eie mense dit verkleineer Waarheen is ons nasie op pad? Wees trots op die kunstedeel van ons geskiedenis. Bewaar hierdie STANDBEELDE!Standbeeld-gedig: Herinnering van klip
2015-04-29Verskuilde verlede agter klip gelaat
Die herinnering van getuies wat was
Niemand sal verstaan die tree wat jy neem
Die spore lank vergete opgepas
Standbeeld-gedig: Oorlog is vir die voëls
2015-04-29 Oorlog is vir die voëls in standbeeld het perd en ruiter midde-galop versteen heroïes met wappermaan en pluim 'n trots berede aggressiemoment word nou lustig bekak deur nestende stadsduiwe sonder die nodige respek vir patriotiese moordStandbeeld-gedig: Die skending van Andrew Murray se standbeeld
2015-04-29 Die skending van Andrew Murray se standbeeld O man van God, u sit en tuur Na waar die oggendstond verrys U oë op u God gerig Op soeke na sy paradys Aan vryman en kneg Het u verklaar Gods wil en reg In hierdie verre land Maar soos u Heiland in dae van weleer Moes […]Standbeeld-gedig: GA Maqula 1869
2015-04-29 GA Maqula 1869 By die veepos is haar graf, tussen bos en Karooprag lê sy sag Tussen Perdebos en Mooipleisterbos het hulle jou gelos Onder Spitskop net agter Goliat se Ghoen staan die veepos Dag vir dag onder merinopoot in diep sloot lê jy sag en wag Jou broodkniehande op bors gevou vroeg in die […]Septentrion – die kind-danser
2015-04-17 Die storie van Septentrion spook in die nou strate van Antibes, die kusdorp tussen Nice en Cannes. Antibes se ou-dorp self laat my dink aan ’n langbaard-grysaard wat na die soutgolwe van die see ruik, en dit was Ptolemeus, die Griekse geograaf, wat aan dié inboorlinge die naam mense van die see (Saleya) toegeken het. […]Wen R2000 met jou gedig! Win R2000 with your poem!
2015-04-17Om LitNet se nuwe platform te vier, nooi LitNet digters uit om ’n gedig oor standbeelde te skryf. | To celebrate LitNet’s new platform LitNet invites poets to craft a poem about statues.
Pelgrimstogte
2015-04-16Daar in die soel herfsson stap ek op die oorblyfsels van ’n ou tuinpaadjie en besef dat die grys betongebou blykbaar opgerig is in die plek waar vroeër ’n herehuis gestaan het. Daar waar ’n tuin voorheen floreer het, leef nog net die reuse ou akkerbome; onaangeraak deur die historiese gebeure wat hulle omgewing so ingrypend verander het ...
Hiernamaals op toortapyt
2015-04-15 Jy is op Sondag, 30 November 2014 oorlede. Vandat ek ’n verstand het wou ek vir jou skryf. Oor jou skryf, Mamma. En ek’t nooit gedroom dit sal die eerste woorde wees nie. Jy was op pad om by ons te kom woon in die Kaap. Al die planne wat ons gehad het. En toe […]Jangseung – die kuns van die groteske
2015-04-15 Dit was in 'n klein landelike dorpie oos van Andong in Suid-Korea waar die wêreld van groteske kuns vir my aansienlik verbreed het, my binnegedring en daar nes geskop het. Is dit nodig, na meer as ’n eeu se 'moderne' kuns om nog onsself te herinner dat kuns nie altyd mooi en strelend hoef te […]Stasiesongs
2015-04-15“Ek staan op die perron ... heeltemal onseker van my status in hierdie wêreld, in hierdie stad, hierdie familie ...” Franz Kafka
Huweliksbootjie
2015-04-15’n Janfrederik wekker die groep voor sonop. Tienuur vertrek nege roeibootjies. En sommer met die inroei-slag kry ek en Manlief nie ons roeie nie ...
