Standbeeld-gedig: Spieëlbeeld

  • 0

Spieëlbeeld

Ek lees in die Son
van Rhodes se standbeeld wat geval het
maar mý ding is van dié
solank
Cinda en haar ma-hulle in ’n hokkie in iemand se jaart moet bly
en solank
Sieda se tweejarige klong deur die gangsters doodgeskiet is
en solank
Sergio op 15 die skool gelos het en nou heeldag sit en tik
en solank
Cilla drie AllPay-klôgoed by drie verskillende jongens het
maak dit nie ’n fok by my saak nie
want elke dag wat ’n mens in die spieël kyk
kyk ’n mens nog once in sy gesig vas

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top