Standbeeld-gedig: Beelde maar net beelde

  • 0

Beelde maar net beelde

Julle kyk oor ons uit in die nag en dag, waar die geboue, skeidsmure jul bewaar.
Verewig in brons roep jul stemme uit, in die hoop dat geslagte sal onthou.
Helde gegiet op perde, gereed, gewapend om die vyand te verslaan oor ver verlate vlaktes.
Oom Paul statig en denkend; as hy maar weet.
Spies en skuld teen die pyle, gevalle indoenas, pluime in die wind, hande in die lug om ons te keer teen haat.
Op berge en in dale, ja oweral is God en dan kom sy kaalvoet in wind en weer, herinner sy ons aan tye vergete, dat ons dit sal maak.
As julle maar weet, ons hou vas aan dit wat was, maar weet nie wat gaan kom nie.
Julle is beelde maar net beelde.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top