Standbeeld-gedig: Dit is more weer

  • 0

Dit is more weer
(en die erdwurm skryf 'n vers)
Wat voltooid lyk, dra brakswaar
aan die emmer wat vol is,
vol is van gister se ou woorde
en kluite omgedolwe draai-draai
in die graf
om wil en wetens
lê jy nie jou hoof neer onder die vlag
wat die Anglo's hier gehang het nie.
Is jou voete groen in die more
waar kafsnuiters gisternag
die onkunde helder verf –
en snaaks, dit pla jou min,
want in jou laaste stof
skryf die erdwurm 'n vers;
'n vers van houtsoldate
wat nét so min
as dié wat op die troon sit,
weet.

 
 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top