Standbeeld-gedig: Oorlog is vir die voëls

  • 0

Oorlog is vir die voëls

in standbeeld
het perd en ruiter
midde-galop versteen
heroïes met wappermaan en pluim
'n trots berede aggressiemoment
word nou lustig bekak
deur nestende stadsduiwe
sonder die nodige respek
vir patriotiese moord

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top