Standbeeld-gedig: Herinnering van klip

  • 0

Herinnering van klip

Verskuilde verlede agter klip gelaat
Die herinnering van getuies wat was
Niemand sal verstaan die tree wat jy neem
Die spore lank vergete opgepas

Daar’s heimwee in die gedagtes
Die snik uit oorlede bors
Mosbegroeide bewakers
wat vergete na ontwaking dors

Ou herinneringe opsy geskuif
Die verlede maak nie meer saak
So maklik om te vergeet
Dat selfs ou dinge ons vandag nog raak.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top