Standbeeld-gedig: Die skending van Andrew Murray se standbeeld

  • 0

Die skending van Andrew Murray se standbeeld

O man van God, u sit en tuur
Na waar die oggendstond verrys
U oë op u God gerig
Op soeke na sy paradys

Aan vryman en kneg
Het u verklaar
Gods wil en reg
In hierdie verre land

Maar soos u Heiland
in dae van weleer
Moes u die satansaanslag wel verduur
Deur barbare aan u toegesmee

Berus u siel in welbehae,
U het gewandel in Gods wee!
En aan dié wat u leed aandoen,
Wees vervloek dit is jul loon!

Die toorn van Allehoogste God
Tot in ewigheid is hul lot!
En as hul hier ongestraf moet bly,
In ewig’ hel sal hul verly.

O God van Jakob, deur u hand
Word al ons vadere behoed
Ons vra U seën op ons neerdaal
Soos in die dal van Josafat.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top