Thys Human2012-06-01Thys Human stem saam met Rapport-resensent Marius Visser dat Deborah Steinmair se Poppekas genotvol en boeiend is. Maar op een punt verskil hy heeltemal van Visser. Lees die resensie-essay om uit te vind waaroor die twee resensente nie kan saamstem nie.
Marius F Ackermann2012-05-31"Damaso se kunswerk (wat, soos die Murray-skildery, ook as in swak smaak beskou is) dwing die kyker om die volgende vraag te vra: Wat gaan verhoudinge in die land wees sonder die ikoon Mandela se samebindende, versoenende rol?"
JM Otto, Corlia van Heerden2012-05-29Corlia van Heerden gesels met Jannie Otto oor sy LitNet Akademies-artikel "Die afkoelreg in die Nasionale Kredietwet en die Wet op Verbruikersbeskerming".
Kerneels Breytenbach2012-05-28Mense lag, huil en baklei daaroor. Die sosiale media gons. Kerneels Breytenbach gee sy mening oor die Brett Murray-skildery.
Izak de Vries2012-05-24"Dit is veral Cronjé se aandrang dat die ABO ’n ‘white man’s war’ was wat direk ondergrawe word. Op hierdie manier maak sy ook die ABO toeganklik vir die jonger, meer liberale Suid-Afrikaners, maar sy doen dit só dat ek, en my geslag, beter kan verstaan waarom mense soos Piet Cronjé en Ben Viljoen my pa (en sy geslag) se helde was."
Mareli Stolp2012-05-16Na aanleiding van Heinrich van der Mescht en Cara Kleynhans se LitNet Akademies-artikel "Die pianis as vertoonkunstenaar: Die Chinese virtuoos-pianis Lang Lang se populêre sukses" bespreek Mareli Stolp Lang Lang se openbare beeld as omstrede vertoonkunstenaar.
Etienne Viviers2012-05-16Na aanleiding van Heinrich van der Mescht en Cara Kleynhans se LitNet Akademies-artikel "Die pianis as vertoonkunstenaar: Die Chinese virtuoos-pianis Lang Lang se populêre sukses" gee Etienne Viviers sy mening oor Lang Lang se kreatiewe interpretasies van klassieke werke.
Martina Viljoen2012-05-16Martina Viljoen lewer kommentaar op Heinrich van der Mescht en Cara Kleynhans se LitNet Akademies-artikel "Die pianis as vertoonkunstenaar: Die Chinese virtuoos-pianis Lang Lang se populêre sukses".
2012-05-16Na aanleiding van Heinrich van der Mescht en Cara Kleynhans se LitNet Akademies-artikel "Die pianis as vertoonkunstenaar: Die Chinese virtuoos-pianis Lang Lang se populêre sukses" reageer drie kenners op die vraag of Lang Lang se omstrede interpretasies die samehangende struktuur van die werke wat hy uitvoer ondermyn.
Christina Landman2012-05-02Ek vra maar net hoe bloed tegelykertyd simbool van teenoorgestelde dinge kan wees. Simbool van verlossing. En simbool van verdoeming.
Elzette Steenkamp2012-05-02Dit is tog jammer dat die meeste van die nuwe generasie bloedsuierhelde van die Gossip Girl-met-slagtande-soort is en sodoende baie van hulle satiriese “byt” verloor.
Réney Warrington2012-05-02Bloed is dus ’n ideale medium om filmgangers se bloeddruk mee op te jaag. Dit is nie bloot die rooi, dikkerige vloeistof nie, maar ook die moord, ongeluk of drama wat tot die vergieting daarvan gelei het, wat die impak maak.
2012-05-02Bloed is 'n gespesialiseerde vloeistof met baie funksies. Maar bloed is ook 'n kragtige simbool in ander genres as die mediese wetenskap: in die letterkunde, film of teologie. 'n Paar kundiges praat oor of dié simbool nog net so sterk soos altyd deur die are pomp, en of dit sy krag verloor het.
Theodorus du Plessis2012-05-01Die hersiene weergawe van die South African Languages Bill wat sedert Julie 2011 in omloop is en gedurende Oktober 2011 vir openbare kommentaar in die Staatskoerant gepubliseer is, het heelwat negatiewe reaksies ontlok en kritici bevind onder meer dat dit ’n afgewaterde weergawe van sy voorganger (die 2003-weergawe) is. Maar is die 2003-weergawe werklik ’n beter wetsontwerp en sy 2011-opvolger by implikasie dan ’n slegter ontwerp?
2012-04-26Michael le Cordeur gesels oor sy akademiese agtergrond en loopbaan. Hy praat ook oor die belangrikheid van moedertaalgebaseerde tweetalige onderwys (MTGTO). Le Cordeur dui ook op die verband tussen MTGTO, nasiebou en positiewe identiteitsvorming. Hy fokus veral op ’n moontlike MTGTO-beleid vir Afrika-tale.
Gerrit Rautenbach2012-04-23In die huidige toestand van onse aarde is die voetspoor uiteraard iets wat elke liewe bedryf en individu ernstig moet opneem, maar is dit nie nóg meer die geval vir die reismedia nie? Want alles waaroor hulle skryf, al die inhoud wat eksemplare verkoop, gaan oor die omgewing, die ongerepte natuur en die fyn ekologiese balans van die skepping.
Alexander Strachan2012-04-23Meer as twee dekades na die Grensoorlog verskyn daar meteens ’n hele string boeke oor hierdie onderwerp. Alexander Strachan lees Kopwond deur Anthony Feinstein en soek antwoorde op 'n reeks vrae wat die boek by hom ontlok.