Kaaps in fokus-simposium

  • 0

 

Kaaps in fokus Simposium aangebied deur die Departemente Linguistiek en Afrikaans en Nederlands in samewerking met die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) en die Vlaamse Interuniversitaire Raad (VLIR)

 

Plek: Biblioteek-ouditorium, Universiteit van Wes-Kaapland
Tyd: 19–20 Julie 2012

Kom deel gerus in ’n historiese geleentheid!

Van 19 tot 20 Julie val die soeklig op die UWK-kampus op die taalvariëteit Kaaps – met ’n simposium, kultuuraand en uitstallings.

Die simposium sal jou ’n geleentheid bied om met akademici en ander kundiges saam te praat oor Kaaps, terwyl bekendes in die teater-, musiek- en mediawêreld jou meer oor die ekonomiese waarde van hierdie variëteit sal vertel.

Die kultuuraand, aangebied op die perseel van die Belhar Sekondêre Skool, sal musikante en woordkunstenaars die geleentheid bied om hulle ding behoorlik te doen, en wel in Kaaps! 

Jy kan ook uitsien na ’n verskeidenheid interessante uitstallings.

Daar is slegs ’n beperkte aantal sitplekke. As jy dus vernuwend wil dink oor Kaaps, en meer wil weet oor die moontlikhede wat dit vir jou inhou, bespreek nou jou plek vir KAAPS IN FOKUS. Die toegangsgeld, wat die kultuuraand insluit, is R150. Vir meer inligting kan Ria Olivier gekontak word by ria.olivier@mweb.co.za of 084 221 9153.  

Stiek yt!

 

 

Program

DAG 1:  DONDERDAG 19 JULIE 2012 TEORETIESE BESINNING OOR KAAPS

08:00-09:00:           Aankoms, registrasie, koffie/tee

09:00–10:40: SESSIE 1

AMPTELIKE OPENING, AGTERGROND EN INLEIDING

Voorsitter:  Prof. Charlyn Dyers (UWK)

09:00–09:10: Opening en verwelkoming:  Prof. Brian O’Connell (Rektor)                                  

09:10–09:20  Agtergrond:  Prof. Charlyn Dyers  

09:20–10:10: Wat is Kaaps?: Proff. Frank Hendricks (UWK) en Ernst Kotzé
(Emeritusprofessor)

10:10–10:30: Bespreking

10:30–10:40  Boodskap:  Dr. Ivan Meyer (Minister van Kultuursake en Sport, Wes-Kaap)

10:40–11:00 TEE/KOFFIE

11:00–13:00: SESSIE 2

KONSTRUKTE RONDOM AFRIKAANS EN KAAPS

Voorsitter:  Prof. Steward van Wyk

11:00–11:30: Prof. Hein Willemse (UP)

11:30–12:00: Prof. Christo van Rensburg (Emeritusprofessor)

12:00–12:30: Die konsepomwenteling in die taalwetenskap: implikasies vir die studie van Kaaps:  Prof. Charlyn Dyers

12:30–13:00: Bespreking

13:00–14:00:  Middagete

14:00–15:00: SESSIE 3

Voorsitter:  Prof. Frank Hendricks

14:00–15:00: Paneelbespreking o.l.v. prof. Charlyn Dyers

Die skep van ’n vernuwende raamwerk vir konstrukte rakende Kaaps:  Proff. Steward van Wyk, Charlyn Dyers, Hein Willemse, Ernst Kotzé, Christo van Rensburg

15:00–17:00: SESSIE 4

 

INLEIDING TOT DAG 2

 

15:00–15:45: Ekonomiese bemagtiging deur Kaaps:  Christo van der Rheede (AHI)

15:45–16:30: Bespreking

16:30–17:00: Kaaps in die kosbedryf:  Cass Abrahams

17:00–18:30:  Aandete en kuiertyd

19:00–22:00: Kultuuraand (Skoolsaal: Belhar Sekondêre Skool)

Belhar Sekondêre Skool

Seremoniemeester:  Dmitri Jegels (UWK)

19:00–19:05:     Opening en verwelkoming:  Mnr. Carl Davids (Prinsipaal)

19:05–19:35:     Koorsang:  Hanover Superstars Sing-koor o.l.v. Anwar Losper

19:35–20:00:     Drama-opvoering:  Belhar Sekondêre Skool

Pouse

(20:00–20:15)

20:15–22:00:     Musiekprogram:  Tuis bes o.l.v. Villa Brown

22:00:               Bedankings:  Mnr. Danie van Wyk (SBA) 

DAG 2:  VRYDAG 20 JULIE 2012

EKONOMIESE BEMAGTIGING DEUR KAAPS

8:30–9:00:  Aankoms, koffie/tee

09:00–11:00:  SESSIE 5

Voorsitter: Quentin Williams

Kaaps in die onderwys

09:00–9:30:  Verrekening van variëteite in die onderwys: Dr. Michael le Cordeur (US, ATR)

09:30–10:00:  Sosiale en opvoedkundige geletterdheid in Kaaps: kwessies en moontlikhede:  Dmitri Jegels (UWK)

10:00–10:30:  Ekonomiese bemagtiging in Kaaps ’n geletterdheidsperspektief:

Danie van Wyk (SBA)

10:30–11:00: Bespreking

11:00–12:30:  SESSIE 6

Voorsitter:  Hein Willemse

11:00–11:30: Kaaps in koerante:  Anastasia de Vries (Rapport)

 

 

11:30–12:30  Paneelbespreking:  Kaaps in die letterkunde o.l.v. Ronelda Kamfer

 

Floris Brown, Diana Ferrus, Willem Fransman, Marius Titus

12:30–13:30:  Middagete

13:30–15:30:  SESSIE 7

Voorsitter:  Dmitri Jegels

13:30–14:00: Kaaps in rymkletsmusiek:  Quentin Williams (UWK)

14:00–14:30: Kaaps in hip hop-aktivisme:  Simon Witbooi alias Hemelbesem

14:30–15:00: Kaaps in die filmbedryf: Dylan Valley (Regisseur: Afrikaaps)

15:00–15:30: Kaaps in die vermaaklikheidsbedryf: Heinrich Reisenhofer (Regisseur: Joe Barber)

 

15:30–16:30:  SESSIE 8

Voorsitter:  Danie van Wyk

15:30–16:30: Paneelbespreking en samevatting o.l.v. prof. Steward van Wyk: Dmitri Jegels, Anastasia de Vries, proff. Charlyn Dyers, Frank Hendricks, Ernst Kotzé

16:30: Bedankings en afsluiting:  Ria Olivier (ATR)

Lees Michael le Cordeur se abstrak.
Lees Ernst Kotzé se abstrak. 
Lees Anastasia de Vries se abstrak.
Lees Christo van Rensburg se abstrak.
Lees Hein Willemse se abstrak.
Lees Dmitri Jegels se abstrak.

Lees die onderhoud met Ria Olivier.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top