Resensies
Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Vroue van Atlantis saamgestel deur Anastasia de Vries en Eldridge Jason: ’n lesersindruk
2018-03-20"Alhoewel elke vrou haar eie soort voorbeeld vir die gemeenskap is, het al twaalf van hulle die brandende begeerte om hoop terug in die gemeenskap van Atlantis te ploeg. ’n Gemeenskap waaraan hulle geheg is."
Hans steek die Rubicon oor deur Rudie van Rensburg
2018-03-19"Dis nie ’n boek vol lewenslesse en -waarhede nie. Dis inderdáád loslit humor op sy beste – lees dit in daardie gees. Genade, ons het nodig om oor lawwighede te kan lag."
FMR-resensie: Hans steek die Rubicon oor deur Rudie van Rensburg
2018-03-19"Hans steek die Rubicon oor deur Rudie van Rensburg is die komiese én lewensgetroue roman oor die bejaarde Hans van Kraaienburg."
Rian: 16 dinge wat ek nié moes sê nie deur Rian van Heerden: ’n lesersindruk
2018-03-19"Soos ek deur Rian: 16 dinge wat ek nié moes sê nie gelees het, het ek besef dat hy, weliswaar orator van formaat, ook maar net ’n gewone mens is wat soms worstel met homself, met ander en met die ou lewe."
Vital remains deur Amos van der Merwe: ’n resensiebespreking
2018-03-13"Sonder geringskatting van die probleme van die kind Randall as asmalyer en dat hy noodwendig ook in armoede moes grootword, is dit onteenseglik waar dat hy, anders as sy broer, eers laat in sy gelukkige lewe as bekende en gewilde sanger met ’n identiteitskrisis gekonfronteer is. By Winston het dit begin by die klein seuntjie agter die klerekas."
Brand deur Peet Venter: ’n resensie
2018-03-05"In die jongste aflewering van die Thys Krige-sage skets Peet Venter ’n ontstellende prentjie van regeringskorrupsie en -komplotte wat gans té bekend lyk ..."
Van kant gemaak deur Kris van Steenberge: ’n resensie
2018-03-05"Van kant gemaak is ’n boeiende roman wat ek hartlik in ons taal verwelkom."
Eisteddfod-pret: ’n resensie
2018-02-27"Die bundel bestaan uit oorspronklike, ongepubliseerde werke van die Fynbosskrywers en bevat 108 gedigte, 24 monoloë en 20 samesprake wat geskik is vir laerskoolleerders."
Geloof alleen deur André Pretorius: ’n lesersindruk
2018-02-27"Hierdie is ’n kragtoer. Nie alleen was dit ’n skitterende idee om in die Hervormingjaar 500 op die spoor van Luther en andere soos Calvyn sy reise te boek te stel nie, maar die beplanning en besinning oor waarheen die skrywer wil reis, is briljant."
Die reis gaan inwaarts: die kuns van sterwe in kreatiewe werke van Karel Schoeman deur Cas Wepener: ’n resensie
2018-02-23"In ’n sekere sin kan Derrida se woorde gelees word as ’n bondige, dog voldoende komplekse, samevatting van Cas Wepener se uitgebreide akademiese studie oor die werk van Karel Schoeman."
Ware mense deur Bart de Graaff: ’n resensie
2018-02-20"My eerste reaksie was: wou die skrywer maar net staaf wat almal alreeds weet of het hy werklik gehoop om ’n nuwe perspektief te bring op die manier waarop die mens-mense (Khoi-Khoin) gemarginaliseer is?"
Begin ’n lewe van sukses deur Hennie J de Villiers: ’n resensie
2018-02-16"Die inligting in die boek is nie heeltemal nuut of aardskuddend nie, tog het dit waarde, want mens vergeet so maklik die waarhede wat daarin vervat is."
By die herlees van Offerland: FA Venter
2018-02-14"Alhoewel Offerland steeds ’n tradisionele en kultuurgebonde historiese roman uit die sestigerjare sal bly, is ek aan die einde van die lees daarvan wéér ontroer."
Nuwe stemme 6, saamgestel deur Charl-Pierre Naudé en Bibi Slippers: ’n resensie
2018-02-12"Nuwe stemme 6 slaag daarin om ’n paar sterk stemme klokhelder te laat opklink – sommiges sterker as ander – en soos met vorige uitgawes van Nuwe stemme speel die publikasie daarvan nie net ’n rol in die bewaring en ontwikkeling van hierdie stemme nie, maar spreek dit ook van diversiteit, durf en bowenal belofte onder ontluikende Afrikaanse digters."
Oor berge en dale deur Jackie Grobler: ’n lesersindruk
2018-02-09"Die boek dokumenteer die reise van die skrywer deur Suid-Afrika, op soek na enige monumente, insluitend grafte. Dan word die spesifieke monument kortliks in historiese konteks geplaas: Wat het daar gebeur? Wie was betrokke?"
Bonita Avenue deur Peter Buwalda: ’n resensie
2018-02-08"Dus, ’n familiesage wat vir die Afrikaanse leser aangebied word deurdat Zandra Bezuidenhout, ervare en bekende vertaler, die Nederlandse teks – reeds in 2010 gepubliseer – vernuftig in Afrikaans omgeskakel het."
Kewerkoningin deur MG Leonard: ’n resensie
2018-02-07"Beslis ’n lekker vakansieleesprojek vir beide seuns en dogters wat van buitengewone avonture hou."
Doodloopstraat deur Leon van Nierop: ’n resensie
2018-02-07Org Potgieter resenseer Leon van Nierop se Doodloopstraat.
Drie vroue en ’n meisie deur Hans du Plessis
2018-02-07"Du Plessis se roman is met ander woorde ’n hartseer en swaar uitbeelding van ’n harde en genadelose wêreld, maar terselfdertyd ’n pragtige uitbeelding van hoe arm mense mekaar in moeilike tye ondersteun."
A gap in the hedge by Johan Vlok Louw: book review
2018-02-07"The characters and the surroundings are drawn with the accuracy of a master painter, as the author’s descriptions evoke the hopelessness echoed in the area and in the lives of its inhabitants."
