Resensies
Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Ons was daar: Sektor 20 & 70 deur Johan van Wyngaard: ’n resensie
2020-12-22"Hoewel die boek nie akademies-wetenskaplik nagevors is of aangebied word nie, sal die ernstige navorser wel inligting in die boek kan uitsnuffel wat nêrens anders te vinde is nie. Die persoonlike herinneringe van talle rolspelers wat in die boek opgeteken is, is op sigself ook waardevol."
My stryd met ADHD deur Hykie Berg: ’n boekresensie
2020-12-21"Nadat ek My stryd met ADHD gelees het, kan ek begryp dat dit inderdaad ’n onsigbare oorlog is. Dit is ook weer eens onderstreep dat pille nie altyd die enigste of beste uitweg is nie."
A book of friends: In honour of JM Coetzee on his 80th birthday, edited by Dorothy Driver: reader impression
2020-12-21"What will stay with me for a long time after reading this multilayered collection is the deep sense of curiosity which runs through A book of friends – it is an expression of care which the authors and artists share with the man they pay tribute to."
The Afrikaners: a concise history by Hermann Giliomee: a book review
2020-12-18"Now running to just over 200 pages, and wearing his immense learning much more lightly, the author’s new Concise history is more of a tapas-trek through the topic than his original pièce de résistance."
LitNet Akademies-resensie-essay: Baster deur Jan Vermeulen
2020-12-17"Deur lesers aan betrokke (“engagement”-)literatuur bloot te stel, kan ook hulle etiese standpunt in die ontginning van die probleme van menswees ontwikkel word, soos in Baster die geval is."
Voetstoots deur Annelie Botes: ’n resensie
2020-12-17"Botes laat haar nie stilmaak nie. Sy gesels al skrywend met haar leser oor letterlik alles en nog wat. Sy trek te velde, lewer sosiale kommentaar, dra vaandels en lê eiertjies by dosyne."
The lie of 1652 deur Patric Mellet: om die verlede te herverbeel
2020-12-10"Dit is ’n boek wat nie bloot óór onderdrukte groepe handel nie, maar vír hulle geskryf is. Dit is ’n strydskrif vir ’n simboliese oorlog, ’n roetekaart na ’n Suid-Afrika wat nie deur ’1652’ en alles wat dit simboliseer, gedefinieer sal word nie."
Bruidzilla deur Marion Erskine: ’n resensie
2020-12-10"Tillie en Milanka is die perfekte teenmiddel vir ’n goor ou jaar. Vat hierdie stukkie sonskyn saam see toe."
LitNet Akademies-resensie-essay: Die heelal op my tong deur Anoeschka von Meck
2020-12-10"Daar het selde so ’n driedimensionele, volronde karakter en vetsugtige protagonis in Afrikaanse fiksie verskyn as Wille Willemien, die spil waarom die narratief draai."
Weerlose meganika deur Anton Roodt: ’n resensie
2020-12-10"Met die uitdagings van 2020 se rekenaarskermvergaderings en met sosiale afstand holrug gery, lees Weerlose meganika besonder lekker in die tyd waarin ’n mens kan identifiseer met die robotiese interaksie en met goedkeuring aanvaar dat Piet eerder die perfekte meganiese liefde bo die ooglopende ware liefde met foute onder sy neus verkies."
Searching for Simphiwe by Sifiso Mzobe: a book review
2020-12-09"Mzobe is a consummate storyteller, and it is easy to lose oneself in the tales he shares so compellingly. My hope is that we won’t have to wait another decade for his next book to hit our bookshelves and hearts."
Die stoute Corona / The naughty Corona: ’n resensie
2020-12-08"Hierdie mooi, insiggewende teks is deur ’n mediese dokter vir sy kleinkinders geskryf. Die idee was aanvanklik om seker te maak dat hulle nie onnodig vir hulle eie veiligheid hoef te vrees nie."
Bethel se berg deur Maretha Maartens, ’n resensie
2020-12-08"Vir jong lesers wat in die 1980's nie eers ’n vonkel in hul ouers se oë was nie, verskaf dit ’n blik op ’n tyd in Suid-Afrika se geskiedenis toe dinge ’n heel ander sosiale dinamika gehad het, soos die engheid in ʼn plattelandse dorp; en dan is Bethel se ma boonop die predikant se dogter."
Branderjaer deur Joha van Dyk: ’n lesersindruk
2020-12-08"Ek beveel hierdie boek aan. Nie net vir die jeug nie, maar ook vir ’n breër groep lesers."
Resensie van Ben du Toit se God Is daar ’n ander antwoord?
2020-12-03"Hy het gehoop dat hy en sy tydgenote daarin sou slaag om die liefde van God sigbaarder te maak in die NG Kerk. Om die NG Kerk mensvriendeliker te maak. Dit moes ’n instelling word waar alle mense, van welke geslag, kleur, geur en/of seksuele oriëntasie ook al, tuis moes voel."
Skepsel deur Willem Anker: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
2020-12-03"Hierdie oplossing word nie aangebied as ’n finale of maklike oplossing nie, maar deur die uitbeelding daarvan speel Skepsel op meevoerende wyse saam met Haraway in die modder van kuborgs, honde, mikrobakterieë, fungusse en ander skepsels, op soek na nuwe verbintenisse."
Branderjaer deur Joha van Dyk: ’n resensie
2020-12-02"Ek voorspel ’n blink en briljante skryfloopbaan vir Van Dyk – mits sy nie ál die probleme van die jeug in een boek probeer aanspreek nie."
So byna blou deur Emile Joubert: ’n resensie
2020-12-02"Joubert slaag meesterlik daarin om die tien kortverhale se uiteenlopendheid van karakters, temas, ruimtes en tydperke, asook die verrassende slottonele neer te pen. Dit is duidelik die stem van ’n ervare skrywer."
Beskut teen vrese deur Cas Vos: ’n lesersindruk
2020-11-26"In geheel gesien is die bundel inderdaad ’n bundel wat tot nadenke stem in die krisistyd waarin die mensdom hom tans bevind. Talle verse getuig van groot vakmanskap."
Hazara, elegy for an African farm by John Conyngham: reader impression
2020-11-26"Hazara, taken from the name of Conyngham’s lost dynastic family sugar farm in KwaZulu-Natal (in turn taken from the name of his grandfather’s regiment in the British Indian Army), tackles the torment of confused identity in the ambivalent context of the old Anglo-South African relationship."
