Resensies
Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Voëlvrou deur Marlize Hobbs: ’n resensiebrief
2020-10-13"Jy gooi jou pyn uit soos ’n toordokter sy dolosse. Jy verklap jou seerkry soos ’n pasiënt op haar shrink se couch. Jy spook by dié wat jou en ander magteloses te na kom."
Maggie: My lewe in die kamp deur Maggie Jooste: ’n resensie
2020-10-12"En hoe dankbaar kan ons wees vir Maggie Jooste wat hierdie intieme kykie op haar swaarkry met ons deel. En nog dankbaarder dat dit bykans 60 jaar later in boekvorm uitgegee word."
Landbou Boerekos – die beste gebak deur Arina du Plessis: ’n resensie
2020-10-12"Kos is die een ding wat ons almal, oor grense heen, binne enkele sekondes in ’n oomblik kan plaas: ’n reuk, ’n smaak, ’n gevóél … nostalgie! En dit is presies wat Arina in haar boek so perfek regkry."
Merk deur Rudie van Rensburg: ’n resensie
2020-10-08"Merk is hoogs toeganklike leesstof. Dis trouens een van die boeiendste ervarings wat jy in ’n lang tyd sal hê."
Slagoffer deur François Smuts: ’n resensie
2020-10-08"’n Mens hoop dat die verhuisingsmanne volgende keer versigtiger sal dra en dat Smuts nóg sierpotte en erdewerke, keurborde en fyn glas het om aan te bied."
Die opstand van Poppie Nel deur Hans du Plessis: ’n resensie
2020-10-06"Die opstand van Poppie Nel is ’n belangrike werk, ’n seminale roman wat geskryf móés word."
Hans gee Herklaas horings deur Rudie van Rensburg
2020-10-05"Mag ek ook kan oudword soos Hans van Kraaienburg – sonder die safaripak en Crocs natuurlik – maar met dieselfde onblusbare lus vir die lewe; vir lekker uiteet, ’n whisky drink en nie gaan lê nie, selfs nie eers as almal om jou kla en kerm nie."
Somtotaal deur Anchien Troskie – die somtotaal van ’n lewe uitgebeeld
2020-10-05"Uiteindelik is Somtotaal die verhaal oor liefde: liefde tussen vriendinne, vakansieliefde, liefde tussen man en vrou, liefde tussen ’n ma en haar kinders, liefde vir jou instaan-ma wanneer jou ma sterf, liefde oor die kleurgrens."
Middeleeuse filosofie deur Johann Beukes: ’n resensie
2020-10-02"Hierdie land dryf ’n krisis binne waarin die toekoms van die Westers-gewortelde kulturele tradisie, en van Afrikaans as ’n draer daarvan, nie vanselfsprekend is nie. In hierdie situasie is Johann Beukes se Middeleeuse filosofie van die grootste relevansie, verlede-waarderend en -bevestigend, en so toekomsskeppend."
Prisoner 913: The release of Nelson Mandela by Riaan de Villiers and Jan-Ad Stemmet
2020-10-01"A detailed and intricately plotted reconstruction of the actions surrounding the eventual release of Nelson Mandela from prison, Riaan de Villiers and Jan-Ad Stemmet’s Prisoner 913 has some of the attributes of a good political or contemporary historical thriller – atmosphere, suspense, intrigue, surprise and double-dealing."
As die Cape Flats kon praat: Gewone mense in ’n uitstekende debuutbundel
2020-09-30"Dalk kry Fredericks dit reg om ánder stories rugbaar te maak, die kleiner narratief teenoor die meesternarratief."
Donker web deur Fanie Viljoen: ’n resensie
2020-09-24"Die kuberruim met al sy wonders en gevare was die laaste paar maande gereeld in die kollig met COVID-19 en die grendeltydperk. Almal moes leer hoe om deur die internet vergaderings te hou, met geliefdes te kommunikeer en kinders wat tuis moes probeer leer. Hier is dus iets vir lesers van enige ouderdom."
Plek van poue as Gotiese roman
2020-09-23Die Gotiese roman is nie net veronderstel om “genotvolle verskrikking” te bied aan lesers met ’n morbiede fassinasie met die dood en die makabere nie, maar die Gotiek spreek ook dikwels op indirekte wyse sosiale euwels aan.
Ons erfenis: Internasionale boekklub soek naam
2020-09-21Lesers wat belangstel in letterkunde wat die grense oorspoel, of wat graag deur die blaaie van boeke wil reis, word genooi om te deel ’n boekklub wat geskep word om jonger lesers in Suid-Afrika bekend te stel aan Nederlandstalige boeke. Ons soek ook ’n naam vir dié klub.
Regulating religion door Helena van Coller
2020-09-17"Kortom: als u belangstelling hebt voor religie, en denkt dat juridische boeken vervelend zijn, moet u dit boek ter hand nemen om van gedachten te veranderen. En als u houdt van recht, en meent dat religie als thema niet meer van deze tijd is, moet u hetzelfde doen."
LitNet Akademies-resensie-essay: Aanspreeklikheid deur Jaco Fouché
2020-09-10"Maar om tyd met hierdie boek deur te bring is beslis lonend, nie omdat die roman troos nie, nie omdat dit lekker is om in ’n speurverhaal te ontsnap nie, maar omdat die speurverhaal aangewend word om die permafrost om jou hart soos ’n warm ploeg om te keer."
LitNet Akademies-resensie-essay: Tweegevreet deur Zirk van den Berg
2020-09-09"In die digkuns word daar vry algemeen na ’n geslaagde gedig of bundel verwys as ’n 'deurgekomponeerde' werk ... Sodanige beskrywing is net so van toepassing op Zirk van den Berg se Tweegevreet, want géén aspek van hierdie teks staan verwyderd van die sentrale vraag na betekenis (verklaring) en die 'ware' aard van die mens wat tegelyk brutaal én weerloos kan wees nie."
’n Ballade vir Nkunzi: gedonner, gedrink en gedempte hoop
2020-09-03"Hierdie klein silwer randjie klou regdeur die roman hardnekkig vas aan die donker wolk van ellende wat voortdurend dreig om die Welmans se lewe te verspoel. ... Dis bakens van gedempte lig wat help dat hy nooit ophou droom nie."
Middeleeuse filosofie deur Johann Beukes: ’n lesersindruk
2020-09-01"Gelukkig is daar nog uitgewerye wat hulle geloof in Afrikaans as akademiese taal behou het."
Reader impression: Prisoner 913 by Riaan de Villiers and Jan-Ad Stemmet
2020-08-27"Loose talk, especially pillow talk, can be dangerous. In the arms of a lover, Nelson Mandela’s wife, Winnie, whispers that Nelson will be visiting Durban."
