Resensies

Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Die vloek van Levitikus deur Ben Viljoen, ’n lesersindruk

Anne-Marie Burger Lesersindrukke 2022-03-07

"Gaan ek my kind weggooi of wegjaag as hy of sy gay is? Gaan ek deel wees van die probleem, of die oplossing?"

Anderkind deur Betsie van Niekerk: ’n resensie

Henriëtte Loubser Resensies 2022-03-04

"Met die lees van Anderkind kan die jong lesers hulle vereenselwig met uitdagende, vreesaanjaende en moeilike situasies oor tye heen. Hulle mag egter ook bewus raak van oplossings en moontlikhede; van die uitkoms wat hoop bring."

It will shock, upset and educate, a review of Guns and needles by Clinton van der Berg

Andrew Breetzke Books and writers 2022-03-01

"While newspaper articles have often provided superficial reports on high-profile doping cases, Van der Berg provides detailed information that readers will find interesting and in some cases alarming."

’n Skeppie Kleur en karamel vir jou vrugteslaai

Anne-Marie Burger Lesersindrukke 2022-02-22

"Die waarheid is, ons voorgeslagte het vir ons gelieg! Om gay te wees, is so oud soos die mensdom self. Dit is maar net een aspek van menswees. As ek nie gay is nie, gee dit my geen paspoort om gay mense te veroordeel nie."

Vrugbeginsel deur De Waal Venter: ’n resensie

Daniel Hugo Resensies 2022-02-17

"De Waal Venter se digbundels was te dikwels verwaarloosde boeke in die verskroeiende son van die literatuurkritiek. Lees hom; hy het veel te bied."

Die teenoorgestelde is net so waar deur Azille Coetzee: ’n resensie

Ilse de Korte Resensies 2022-02-17

"[D]ie herkenbaarheid van ons hedendaagse bestaan in Coetzee se roman val op."

Ons het ver [...] versit deur Patrick J Petersen: ’n boekresensie

Courtneigh Ess Resensies 2022-02-17

"Dit is, om Ngũgĩ wa Thiong'o se woorde te gebruik, ’n literêre monument. Dis ’n stem wat steeds hard praat, oor jare heen, selfs oor die dood heen. ’n Dringende stem. ’n Dwingende stem. ’n Stem van en vir vryheid en bevryding."

Madame Livingstone deur Barly Baruti en Christophe Cassiau-Haurie, ’n resensie

André Trantraal Resensies 2022-02-16

"Te’wyl Mercier se relative open-mindedness maak dat hy en sy racist compatriots constantly at odds is met mekaa, issit dieselfde tolerant ytkyk wat maak dat ’n unlikely bromance tussen Madame Livingstone en hom blossom."

Bientang, soveel meer as ’n weggooi-opmerking teen die kakapusa

Denver Breda Resensies 2022-02-14

"Vandag is daar die Shell drilling sagas ensovoorts, en tog was dit ons Khoi-mense wie vir duisende jare na die see gekyk het, en vandag word ons eintlik misgekyk. Kakapusa (amnesia) is iets wat ek altyd in my kuru, my werk, sit."

Om alleen te gaan deur Nicole Jaekel Strauss: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Louise Viljoen Resensies 2022-02-09

"Dit is ... ’n roman wat in alle opsigte ’n waardige opvolger vir Strauss se suksesvolle kortverhaalbundels is en wat by talle lesers byval behoort te vind."

Tao van wakker word – spirituele gids tot innerlike ontwaking deur Abel Pienaar: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2022-02-08

"Ons vrese, ons illusies oor wie ons is, oor wat kan wees of kon gewees het – dit is nie wie ons werklik is nie. Maar daardie besef moet eers tot ons deurdring en dan kan ons bewustelik daarvan wegstap. Met Tao van wakker word verskaf Pienaar vir die leser ’n praktiese model van presies hoe om dit te doen."

Mission of malice: My exodus from KwaSizabantu deur Erika Bornman: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2022-02-03

"Die boek strek egter ook veel verder as die skrywer se persoonlike ervaringe en dokumenteer onder meer haar pogings om die beweerde menseregtevergrype by die sendingstasie aan te spreek. In die proses is daar getuienisse versamel, en voormalige inwoners getuig ook van ander skokkende beweringe, soos maagdelikheidstoetsing waaraan van die Zoeloesprekende jongmense onderwerp was, asook aanrandings."

Luuk Gruwez: Weerbare weemoed, uit Nederlands vertaal deur Hennie van Coller

Wium van Zyl Resensies 2022-02-03

"En wat ek ook al verder mag uitwys, Weerbare weemoed bevat vertalings waaraan ek groot plesier beleef het. Dat die boek ook die oorspronklike Nederlandse tekste bevat, is ook waardevol."

Wat ek van klippe weet. Gedigte deur Jan Wagner (uit Duits vertaal deur Robert Schall): ’n resensie

Bernard Odendaal Resensies 2022-01-27

"Robert Schall dra met hierdie vertaalde keur indrukwekkend by tot die oplewing in Afrikaanse poësievertaling die afgelope dekade of twee – ’n welkome verskynsel waarin sy uitgewer reeds ’n belangrike rol begin speel het."

Buigbreek deur Margaret Cordier: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2022-01-24

"Die oorhoofse tematiek van Buigbreek is dié van die mens as nomaad, ewig op reis deur die hoogtes en die laagtes, die stiltes en die storms van die lewe."

Ina Bonnette, hoop en geloof in ’n beter môre

Anne-Marie Burger Lesersindrukke 2022-01-18

"Haar besluit om nie as die slagoffer van die Modimolle Monster bekend te staan nie, is een van haar merkwaardige wilsbesluite."

A reflection on South Africa’s third Booker Prize winner: The promise by Damon Galgut

Maditte Coornaert Books and writers 2022-01-14

"The book is fabulous: ironic, moving, sacrilegious, shocking, painful, insightful."

Slim kommentaar: The artist vanishes deur Terry Westby-Nunn

Erla Diedericks Resensies 2022-01-10

"Terry Westby-Nunn lewer slim kommentaar op die donker, tweegesigkant van farmaseutiese maatskappye, die kunswêreld en selfs dié van aktiviste."

Huiskos deur Herman Lensing hoort in elke kombuis

Anne-Marie Burger Lesersindrukke 2022-01-10

"Ek het ’n foutlose melktert uit hierdie prentjiemooi boek gemaak. Met die klem op 'foutloos'! Een, twee, drie, en almal kon weglê. Ek kan nie onthou of ek al ooit ’n resep die eerste keer suksesvol gemaak het nie."

Nie alle brûe kan ewe veel gewig hanteer nie: ’n resensie van Roads and bridges deur Glynnis Hayward

Marianne Lomberg Resensies 2022-01-10

"Daar’s ’n ander manier om Roads and bridges te beskou: as ’n simboliese storie wat mense wat nie hier grootgeword het nie, ’n vinnige inleiding kan gee tot baie van die faktore wat Suid-Afrika so ’n wonderlike land maak. Ons moerkoffiedrinkende grompotte kan almal nou en dan baat by ’n storie vol hoop en ’n bietjie kondensmelk in ons bekers."

Top