Resensies
Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
’n Lesersindruk van Spel deur Annerle Barnard
2022-07-05"Alles behoort aan die staat en alle vorme van religie is verbode. Tegnologie word gesien as die oplossing vir alle probleme en selfs die kos is kunsmatig."
Die brug van ongesêde dinge deur Elna van Niekerk, lesersindruk
2022-07-01"Dis die ongesêde dinge, die implikasie, wat sorg vir misterie en ’n betekenis wat jou tussen die oë tref. "
Klein juweel vlieg: ’n resensie van Chisoni deur JG Jesman
2022-06-28"Hierdie boek is ’n klein juweel en vlieg op vele vlakke."
Dood, vrees en hoop: ’n resensie van Tenk deur Pieter Stoffberg
2022-06-28"Die boek was deel van Stoffberg se MA in kreatiewe skryfkuns aan die UV, en is duidelik deeglik nagevors. Stoffberg het groot moeite gedoen om die feite, terme en oorlogsprosedures haarfyn te beskryf. Dié boek is ’n belangrike een."
Boereverneuker of opreg? ’n Resensie van Die siener deur Yolanda Barnard-Lemmer
2022-06-21"Daar is ook ander opspraakwekkende onthullings. So vertel Gerald dat hy een oggend ’n oproep van die voormalige presidentsvrou Elize Botha ontvang het."
Resensie: minjonet en bitterbos deur Thomas Deacon
2022-06-21"Die toonaard van minjonet en bitterbos is nostalgies en berig oor ’n vertroude tipe kennis en ervaring van die streek en sy mense; die oproep van gedeelde en bekende intiemhede en ’n terughunkering na ’n vergange wêreld."
Om beter te kan moor deur Christelle van Rooyen-Wessels, ’n resensie
2022-06-21"Moord het méér as een slagoffer. Misdaad het méér as een kant. Die situasie rondom moord is dikwels meer kompleks as die moord self."
Towards Shakespearean drama: a review of Nuclear: Inside South Africa’s secret deal
2022-06-15"The danger of this story is that the country’s international relations were out of kilter with the views of its people, but – far more importantly – that the Zuma presidency came within a whisker of bankrupting several generations of South African tax payers."
Die slegte nuus van die evangelie deur Johan Retief: Sakkie Spangenberg deel sy indrukke
2022-06-07"Die reis wat hy afgelê het, is ’n reis van ’n al groter wordende ontnugtering en hy vra verskoning dat hy deel gehad het aan die indoktrinasie en misleiding van mense."
Die Anglo-Boereoorlog in kleur deur Tinus le Roux: Foto’s en nuwe waarheid
2022-06-07"In Tinus le Roux se boek het hulle nie net oorleef nie, maar opgestaan. Le Roux se boek opper opnuut daardie vraag oor die foto se waarheid. Deur gesofistikeerde, voortreflik nagevorste kleurtegnologie het Le Roux die ou letterlik en figuurlik verbleikte foto’s ’n polsslag gegee. In sekere opsigte is dit inderdaad nuwe foto’s, nuwe waarheid."
Moer deur Michèle Meyer: ’n lesersindruk
2022-06-01"Elke karakter in hierdie boek vertel ’n stukkie van die ma-wees-verhaal. Katrin word Kylie se spieëlbeeld, se ander moontlikheid. Sal ’n vrou ooit die skoene van moederskap kan volstaan? Hierdie boek sal jou hart uit jou borskas ruk."
Moord op Pofadder deur Charné Kemp: ’n resensie
2022-06-01"Hierdie boek beskik oor al die elemente wat dit vir ’n blitsblaaier laat kwalifiseer. Geld, diamante, Krugerrande, seks, verraad, interessante karakters, verliefde mans en ’n grootskaalse geliegery."
Respectful, because it does not pretend: A review of Halley’s Comet by Hannes Barnard
2022-05-31"The three teenagers must navigate the aftermath of their shared experience and the illegality of interracial friendship, and survive the predator that still lives free among them."
Die Afrikaanse woordelys en spelreëls se eerste honderd jaar deur Christo van Rensburg: ’n lesersindruk
2022-05-31"Christo van Rensburg se Die Afrikaanse woordelys en spelreëls se eerste honderd jaar is werklik ’n boek waarvan mens kan sê dat dit die perspektief verruim."
"’n Nar aan tafel is ’n aanwins": satire en samehang in Johan Myburg se Narreskip
2022-05-30"’n Mens kan Myburg, ná die lees van hierdie bundel, net bedank vir die vleg, vir die vaart."
Oupa Zombie deur Jaco Jacobs: ’n resensie
2022-05-25"Jy mag dalk geflous word om te dink hierdie is ’n lekker verbeeldingryke storie wat te goed klink om waar te wees, maar dit is steeds in die werklikheid geanker."
Monster deur Rudie van Rensburg: ’n resensie
2022-05-23"My gunstelingkarakter was ongetwyfeld die mesmoordenaar. Hy is uiteraard ’n skurk, maar ’n genotvolle een."
’n Klassieke verhaal: Labirint deur Chanette Paul
2022-05-23"Labirint is geskoei op ’n storie in die Griekse mitologie wat vertel van die doolhof wat deur koning Minos onder sy paleis gebou is om sy stiefseun, ’n minotaurus met die kop van ’n bul en die lyf van ’n man, in weg te steek."
As die katjiepiering blom deur Audrey Jantjies: ’n lesersindruk
2022-05-16"Dit is die soort boek dié wat nuwe wêrelde vir die leser ontsluit, en mens laat uitsien na wat nog alles in die verskiet lê vir die Afrikaanse verhaalkuns."
Zeus van Wyngaardt en die godin van die jag deur Julio Agrella: ’n FMR-resensie
2022-05-16"Zeus van Wyngaardt en die godin van die jag is nie ’n swaarwigtige roman nie. Die humor vermaak, en as jy ’n filosofieliefhebber is, sal jy genoeg stof tot nadenke hê. Jy kan ook die verhaal bloot vir die spanningselement geniet."
