Resensies
Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Die klein boek van-reeks deur Fanie Viljoen: ’n resensie
2022-10-24"Dit kan beslis aanbeveel word om hierdie tipe boeke te gebruik as ’n ‘skelm werktuig’ om ’n brug te bou vanaf ’n kind wat lees as huiswerk en vervelig sien, na iets waarvan ’n kind sal hou om te doen."
Losweg gebaseer op ware gebeure: ’n resensie van Murasie deur Chanette Paul
2022-10-24"Soos in van Paul se ander werke speel die moontlikheid van die bonatuurlike ’n belangrike rol in Murasie en die suggestie van die geeste van afgestorwenes wat net nie die plaas kon verlaat nie, is sterk motivering in bepaalde karakterhandeling."
Kodachrome deur Tom Dreyer: ’n resensie
2022-10-24"Mymeringe, die vervlietendheid van dinge, die stiltes op foto’s of dit wat transendentaal beweeg: Kodachrome is ’n bundel met ’n ryk stoffering van temas en ’n boeiende spel met al die wyses waarop ons na die wêreld om ons kyk."
Uncaptured deur Mosilo Mothepu: ’n lesersindruk
2022-10-20"Hierdie ongekompliseerde kragtoer gaan jou woedend en simpatiek maak oor die soveel kere wat die staat ander staatsinstellings teen Mothepu gebruik het in stede daarvan om haar te beskerm."
Zeus van Wyngaardt en die skrikgodin deur Julio Agrella: ’n resensie
2022-10-18"Zeus van Wyngaardt en die skrikgodin is ’n bielie van ’n boek wat ’n bielie van ’n leemte in ’n leser se lewe gaan laat as Zeus nie toegelaat word om sy binnewêreld te betree nie."
The Bourne Sacrifice deur Brian Freeman, ’n lesersindruk
2022-10-17"Hierdie kat-en-muis-spel is ’n móét-lees nie vir enige Bourne-aanhanger nie, maar ook vir diegene wat van spioenasie, sluipmoorde en komplotteorieë hou. The Bourne Sacrifice is Bourne op sy beste!"
History of South Africa from 1902 to the present, ’n lesersindruk
2022-10-17"As ’n mens so blaai deur Simpson se boek, dan is die storie van Suid-Afrika tog maar ’n droewige storie. ’n Stryd om grond- en minerale rykdomme wat diep uit die aarde gedelf is, teen die prys van tragiese ontwrigting van geslag op geslag se goedkoop arbeid."
The profiler diaries 2 deur Gérard Labuschagne, ’n resensie
2022-10-14"Dit is juis wat so interessant is. Plat gesigte in plastieksakke, ontbindende lyke, en vreesaanjaende laaste oomblikke word byna saaklik beskryf."
Koos Bekker’s billions deur TJ Strydom, ’n lesersindruk
2022-10-13"Koos Bekker’s billions is ’n broodnodige toevoeging tot literatuur rondom die Suid-Afrikaanse besigheidselite. Ek beveel dit vir enige persoon aan wat wonder hoe ’n mens dit kan regkry om skatryk te word."
A library to flee by Etienne van Heerden: reader impression
2022-10-13"To have taken such inflammable issues, and to have presented them so inoffensively yet so clearly, is a clear pointer to Van Heerden’s remarkable skills as a writer. In Library, he plunges headfirst into fiction with social issues to discuss, and succeeds beyond his hopes, I’m sure. He has amused us, frightened us, titillated us and informed us."
For the connoisseur, a review of Notes on Falling by Bronwyn Law-Viljoen
2022-10-13"The reader is required to assemble and make sense of disparate story fragments and construct meaning in much the same way Thalia tries to make sense of her quest. It’s fascinating, absorbing, challenging and well researched."
Wees bevrees: Genesis deur Chris Carter, ’n lesersindruk
2022-10-13"Genesis het my so vreesbevange gehad, ek wil beslis nie ’n karakter in een van sy boeke wees nie."
Milner – last of the empire-builders by Richard Steyn: a book review
2022-10-12"Neither is Steyn professing to write academically, he writes for readers who read for pleasure but who want to be informed. The fact remains the book is an important text and adds richly to South African historiography for an understanding of an era."
Mara deur Marida Fitzpatrick: ’n boekresensie
2022-10-12"Die verloop van die verhaal word met ’n ferm hand van ’n begaafde skrywer beheer."
Die verkeerde vrou deur Irma Venter: ’n resensie
2022-10-06"Die slottonele en ontknoping het my soos ’n fratsgolf getref. Dit bekruip jou ongemerk, slaan jou voete onder jou uit en spoeg jou, snakkend na jou asem, op die spreekwoordelike strand uit."
Today is tomorrow deur Caroline Kurtz: ’n resensie
2022-10-05"Caroline se verhaal is die verhaal van soeke na die immer ontwykende vrede. Vrede tussen die strydende faksies in Soedan, maar ook die soeke na innerlike vrede in haar eie deurmekaar gemoed."
On scope deur Jack Coughlin en Donald A Davis, ’n lesersindruk
2022-10-04"In On scope, die sewende boek in die reeks, staan Spanje op die rand van ekonomiese ineenstorting. ’n Alliansie van Islamitiese bankiers stel ’n reddingspakket sonder enige voorwaardes voor. Hul onderliggende doel is egter om die eenheid van Europa te verbreek en Madrid op die pad na Islamitiese bewind te plaas."
Moederland deur Madelein Rust: ’n boekresensie
2022-10-03"In 2070 staan Bloemfontein as Xín Xiánggăng bekend. Die Derde Wêreldoorlog en twee burgeroorloë het Suid-Afrika se stede in puin gedompel. Daar is ’n tekort aan kos, water en blyplek. Chinese en Russiese kaders, asook die elite floreer in slimstede terwyl gewone mense op die platteland stoei om aan die lewe te bly."
Deesdae word opkomende skrywers met Brad Thor vergelyk, ’n lesersindruk van Near dark
2022-10-03"Ná 19 boeke in ’n reeks dink ’n mens maklik jy het al alles gelees wat Brad Thor na jou kant toe kan gooi, maar Scot Harvath pronk nie verniet gereeld op #1 op die New York Times se blitsverkoperslys nie."
’n Aanwins vir die siel, ’n lesersindruk in Jerry Mofokeng wa Makhetha se boek I am a man
2022-09-30"Dit voel amper of die leser saam met hom in die stofpaaie van Orlando West na Belle Primêre Skool toe loop. Proe saam met hom sy eerste soen. Vlug saam met hom soos rotte uit huis 8298 nadat die polisie traangas deur die vensters geskiet het."
