Resensies
Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Om te skryf, ’n resensie
2022-11-15"Mense vra dikwels hoe hulle kan begin skryf. Van nou af gaan ek hulle van Om te skryf vertel. Ek gaan hierdie boek eers show aan almal wat wil leer skryf, en hulle dan tell om dit deur te werk. Daarna kan ons verder gesels."
’n Resensie van Dear Comrade President deur André Odendaal
2022-11-15"Hierdie resensent was bevoorreg om een van die dertig regsgeleerdes van 'binne' Suid-Afrika te kon wees wat die byeenkoms met die ANC se regspan tussen 30 Januarie en 4 Februarie 1989 in Harare bygewoon het."
Inkommers deur Hans du Plessis, ’n resensie
2022-11-15"Is ons almal nie maar inkommers nie en is dit nie almal se verantwoordelikheid om die omgewing en die liefde vir die natuur vir ons nageslagte te bewaar nie?"
Stellenbosch Law Faculty 100 years | Stellenbosch Regsfakulteit 100 jaar deur Gerhard Lubbe en Andreas van Wyk: ’n boekresensie
2022-11-15"Soos mens kan dink, skemer iets van die onstuimigheid van die nuwe bedeling, met sy Grondwetlike eise van gelykheid, en die taalstryd aan die universiteit deur, hoewel noodwendig ietwat versluier agter die feit dat die publikasie ’n (ietwat polities korrekte?) beelddraer van die universiteit is."
Lesersindruk: Boipelo se slim ruilhandelprojek sal jou nie onaangeraak laat nie
2022-11-15"Dis meer as ’n baie goeie tienerboek; dit fokus jou aandag weer op die klein juwele in die lewe, wat so maklik deur die oorverdowende geraas van die alledaagse verdwerg word."
Lesersindruk: Swartz kloof sy siel soos die Rooi See in Kies die lewe oop
2022-11-14"Sy Facebook-plasings waarin hy mense by die skryf van die boek betrek, is toegestroom en hy deel ook van hierdie hartverskeurende brokkies in sy boek."
Nuwe geskiedenis van Suid-Afrika deur Herman Giliomee, Bernard Mbenga, en Bill Nasson (redakteurs): ’n LitNet Akademies-resensie-essay
2022-11-10"Wat is nuut aan hierdie nuwe(r) geskiedenis?"
Bamboozled: in search of joy in a world gone mad deur Melinda Ferguson: ’n boekresensie
2022-11-09"Die lewe is beslis nie vir sissies nie, en Melinda Ferguson is beslis geen sissie nie. Sy klim kaalvuis en onbeskaamd in haarself in, en neem die leser op vele insigvolle perspektiewe en roetes van haar deurwinterde en welbeskrewe ervaringe."
Dryf deur Cecilia Steyn: ’n resensie
2022-11-08"Met Dryf vestig Steyn haarself as ’n bedrewe, veelsydige skrywer en verras sy lesers van haar heerlike liefdesverhale met ’n uitdagende en bevredigende speurverhaal. Dryf is ’n verhaal wat die leser mag bybly en laat nadink oor die vervlegtheid tussen mens en natuur en oor hoe lank dit nog moontlik sal wees om onbevange in die see te kan dryf asof jy 'tussen skitterende sterre sweef'."
Niemand doen dit beter nie: ’n lesersindruk van Tier one wild deur Dalton Fury
2022-11-07"Die Amerikaner David Wade Doyle, oftewel Daoud al-Amriki, die mees gesoekte man in die wêreld, is in Jemen besig om Engelstalige Jihadiste op te lei om die VSA te infiltreer."
’n Eerlike en heerlike reis: Hoerkind deur Herman Lategan
2022-11-02"Die lewe se harde hande het Herman toegerus met ervarings en emosies wat in sy talent as skrywer baie sterk na vore kom. Herman het sy liefde vir woorde en taal by die voete van meesters geleer, en dit is vandag die voorreg van elke leser om hierdie kunstenaar se werk te kan beleef op ’n vlak waar min mense presteer."
Kaap deur Hans Pienaar: ’n resensie in 33 verwysings
2022-11-02"Die risiko wat ’n skrywer egter loop met so ’n roman is dat die verhaal so gefragmenteerd raak dat die leser die kluts heeltemal kwyt raak."
Flora deur Engela Ovies: ’n resensie
2022-11-02"Daar’s min wat jou voorberei vir Flora Beukes se odyssey. Sodra jy die boek optel, gryp Siena Beukes se anxiety jou soos sy haarself gereed kry vir nog ’n thriller wat op haar plaashuisie op Vlakpoort gaan afspeel sodra haar man Frans later vannag van’ie buurplaas, Diepleegte, ingeslinger gaan kom en sy frustrasies op haar en die kinders kom uithaal. Skaars twee bladsye in of ’n diep simpatie teenoor haar en’ie kleinspan, Dirk, Truida, Peet en Flora, beweeg jou binneste soos wurmstroop."
’n Wond deur sy pa toegedien: ’n lesersindruk van Seuns sonder pa’s deur Julian Jansen
2022-11-01"As gemeenskap kan ons die wêreld ’n beter plek maak wanneer ons mans vaders vir die vaderlose seuns word."
Indrukwekkend: ’n lesersindruk van Die bewonderaar deur Erla-Mari Diedericks
2022-11-01"Die bewonderaar het my mateloos beïndruk, en bevat beskrywings wat nie aanbeveel sal kan word vir sensitiewe lesers nie. Dis ’n uiters uitdagende boek in alle opsigte, en die deurlopende snaarstywe spanningslyn word puik volgehou."
Ligloop op jou lewenspad deur Cas Vos: ’n lesersindruk
2022-11-01"Dit is geen oppervlakkige reis van ’n gelowige nie, maar dit lei tot ’n diepgaande ontmoeting met God. Selfs diegene wat uiters onseker geword het en in twyfel verval het, kan met vrug die reis saam met Vos meemaak."
Verdeelde stand / Divided stance deur Celesté Fritze: ’n resensie
2022-10-31"Nogtans sal lesers hierdie bundel kan geniet, vanweë die verskeidenheid in die tematiek, die diepgang van nadenke en die vaardigheid waarmee taal hanteer word."
Kaleidoscopic: Shaun de Waal reviews A library to flee by Etienne van Heerden
2022-10-27"I called this novel panoramic, but it is also kaleidoscopic, so pregnant is it with fractured reflections that reconfigure themselves at each quick shake."
Van boekwurm tot skerpskutter, ’n lesersindruk Kate Quinn se The diamond eye
2022-10-26"Ek beveel The diamond eye vir lesers aan wat van historiese romans, komplotteorieë en politieke spanningsverhale hou, asook vir aanhangers van Stephen Hunter, Scott McEwen en Jack Coughlin se skerpskutterreekse."
’n Boek vir weer lees: ’n resensie van The errors of dr Browne deur Mark Winkler
2022-10-25"Die verhaal is terselfdertyd tydsgebonde en tydloos. Die spanning tussen geloof en bygeloof aan die een kant, en wetenskap en logika aan die ander, soos wat dit in Browne se lewe en in die teks uitspeel, word meesterlik uitgebeeld."
