Onderhoude

Onderhoude oor aktuele kwessies
Interviews about topical issues

Hallo, donkerte, my ou vriend: ’n onderhoud oor die effek van beurtkrag op die menslike psige

Naomi Meyer, Louis Awerbuck Onderhoude 2022-07-08

"Dit is algemeen bekend dat mense in Suid-Afrika swaarkry op ’n ekonomiese en psigiese vlak, en gebukkend gaan onder erge sosiopolitiese omstandighede. Om dan verder weerhou te word daarvan om byvoorbeeld bloot die ketel te kan aanskakel vir koffie of ’n gunstelingtelevisieprogram te kan kyk vir ontspanning, is ’n verdere konstante herinnering daaraan dat daar oor die algemeen 'iets fout is', en dat 'dinge nie uitwerk nie'."

Skryf Afrikaans van A tot Z, ’n onderhoud met  Sebastian Pistor

Naomi Meyer, Sebastian Pistor Onderhoude 2022-07-07

"Uiteindelik kan almal wat die beste wil kommunikeer aan hul gehoor, hetsy deur die gesproke of die geskrewe woord in Afrikaans, in enige vakgebied by ’n boek soos hierdie baat."

Christa van Staden: Telegram die beste geselstoep vir gebruik deur leerders en studente

Liné Loff, Christina Johanna (Christa) van Staden Onderhoude 2022-07-07

"Signal is die veiligste, maar Telegram bied soveel funksies waarmee die beperkings van WhatsApp oorkom kan word. Hoe meer ek Telegram gebruik het, hoe meer het ek besef hoe bruikbaar dit is."

Hoe groot is die ekonomiese krisis?

Freek Robinson, Lullu Krugel Onderhoude 2022-07-06

Twee jaar van beurtkrag is gelykstaande aan die ekonomiese inkrimping tydens die COVID-19-pandemie, volgens Lullu Krugel, die hoofekonoom vir PricewaterhouseCoopers in Suidelike Afrika. Hoe donker is die groter prentjie?

ANC-ideoloë steur hulle min aan akademici en navorsing

Johan Zaaiman, Melt Myburgh Onderhoude 2022-06-29

Met die grootskaalse plundery van ’n jaar gelede nog vars in die geheue, het Melt Myburgh vir Johan Zaaiman gevra of sulke protesaksies voorkom kan word as die ANC-regering sy vinger sterker op die pols van akademiese navorsingsresultate hou.

Gesprek oor die skrywersresidensie in Paulet Huis, Junie 2022

Naomi Meyer, Theo Kemp, Catrina Wessels Onderhoude 2022-06-29

Theo Kemp: "Somerset-Oos het my vry laat voel. Ek kan vryer asemhaal, vryer dink."

Catrina Wessels: "Die tyd was ryp vir samewerking met dié dat Paulet Huis se restourasie voltooi was, wat pragtige fasiliteite daargestel het om juis letterkunde en die kunste te bevorder."

Water: Wag daar ’n ramp op ons?

Freek Robinson, Abri Vermeulen, Charl van der Walt Onderhoude 2022-06-29

Is die waterkrisis so akuut soos die Eskom-krisis? Ingenieurs Abri Vermeulen en Charl van der Walt skets vir Freek Robinson die breë prentjie oor watersekerheid, vaardigheidstekort, veilige drinkwater, water-en-sanitasie-infrastruktuur, klimaatsverandering en vinnige verstedeliking.

"Ons moet politiek uithaal uit die onderwys."

Freek Robinson, Wilna van Heerden Onderhoude 2022-06-22

Die onderwys moet fokus op die volgende: Wat is die beste vir leerders? Freek Robinson gesels met Wilna van Heerden, skoolhoof van die Hoër Meisieskool Bloemhof, Stellenbosch.

Gesprek: Multimodale reflektiewe leerdersportefeuljes (MRL) en selfgerigte lees

Ronel van Oort, Estelle Kruger Onderhoude 2022-06-22

"Hoe kan ek letterkunde en leesgeletterdheid kreatief onderrig en dit steeds met die KABV se vereistes integreer?" Ronel van Oort van Noordwes-Universiteit beantwoord hierdie en ander vrae waarmee opvoeders worstel aan Estelle Kruger.

"Afrika is nie vir sissies nie": Wat is die verband tussen witwees en manlikheid?

Christi van der Westhuizen, Theo Sonnekus Onderhoude 2022-06-20

Christi van der Westhuizen en Theo Sonnekus gesels oor hoe witwees en manlikheid histories ineenskakel aan die hand van sy hoofstuk in haar nuwe boek, die Routledge International handbook of critical studies in whiteness.

Reguit met Robinson – Die kontant op die plaas: soveel vrae

Freek Robinson, Adriaan Basson, Dirk Kotzé Onderhoude 2022-06-14

Is Ramaphosa se sprokiesverhaal daarmee heen? Freek Robinson gesels met Adriaan Basson, hoofredakteur van News24, en Dirk Kotzé, ’n politieke kenner.

’n LitNet Akademies (Regte)-artikel oor Die waarde van stil bure? ’n Onderhoud met Zelda Bezuidenhout

Naomi Meyer, Zelda Bezuidenhout Skrywersonderhoude 2022-06-07

"Een aand moes ek na ’n sieldodende gesprek tussen ’n mediese dokter en ’n wetenskaplike luister. Ek het bitter min verstaan en was eintlik net daar om die koffie te bedien. Maar toe die gesprek ’n onverwagse wending na stamselnavorsing neem, het dit my ingetrek."

Reguit met Robinson: Wankel jou munisipaliteit?

Freek Robinson, Leon Claassen Onderhoude 2022-06-07

Leon Claassen van die graderingsagentskap Ratings Afrika vertel aan Freek Robinson hoe hulle te werk gaan om die land se grootste 100 munisipaliteite te gradeer en waarom daar rede tot kommer is.

#CrazySocks4Docs celebrated at the Nelson Mandela University

Yoshna Kooverjee, Izak de Vries Interviews 2022-06-03

"Studying towards a medical degree is extremely demanding and studies show that medical students around the world have high rates of depression and anxiety, even in the preclinical years of training. Awareness and knowledge are the first steps to prevention, and as the saying goes, prevention is better than cure!"

Milk tart, murder and literary excellence at Schreiner Karoo Writers’ Festival

Melt Myburgh Feeste 2022-06-03

The Schreiner Karoo Writers’ Festival will be held in Cradock from 16 to 21 June 2022. Melt Myburgh spoke to organisers Lisa Antrobus-Ker and Melina Smit about the fun and food visitors can look forward to.

Reguit met Robinson: "As ons nie beplan vir Afrikaans nie, dan gaan daar vir ons beplan word." – Wannie Carstens

Freek Robinson, Wannie Carstens Onderhoude 2022-06-02

Freek Robinson gesels met Wannie Carstens oor die stand van Afrikaans, asook persepsies van, houdings teenoor, en waarhede oor Afrikaans. Wannie is ’n buitengewone professor in Afrikaanse taalkunde aan die Noordwes-Universiteit.

KOER lanseer Armand hoog in die app-mosfeer

Melt Myburgh, Armand Aucamp Onderhoude 2022-05-31

"Van die begin af wou ons natuurlik hê dat ons voëltjie die nes moet verlaat en vlieg, maar ons het nie verwag dat hy teen só ’n tempo en met sulke krag die app-mosfeer sou bestyg nie!" – Armand Aucamp oor die sukses van sy maatsoek-toep, KOER.

"O moenie huil nie, o moenie treur nie": Nostalgie in tydskrifadvertensies

Liné Loff, Angelique van Niekerk Onderhoude 2022-05-31

"As iets in die advertensie jou emosioneel tref, terugneem na iets in jou (of die) verlede, het die advertensie dus reeds jou aandag om dan verder met jou te kommunikeer oor hoe ’n bepaalde handelsmerk tot jou voordeel gaan wees."

Roe v Wade: Wat beteken dit vir Suid-Afrikaanse vroue?

Liné Loff, Magda Slabbert Onderhoude 2022-05-26

"Hierdie moontlikheid dat aborsies weer verbied gaan word, het soos ’n veldbrand deur Amerika versprei en vroue in Amerika en elders het in opstand gekom."

Reguit met Robinson: Is transformasie bloot ’n mooi woord vir die US?

Freek Robinson, Nico Koopman Onderhoude 2022-05-25

Ervaar mense van kleur voortdurende rassisme aan die US, of is die onlangse insidente uitsonderlik? Wat doen die universiteit met hulle opdrag om te transformeer? Is transformasie bloot ’n mooi woord vir die US?

Top